Bokke kies Kolbe op heelagter

Cheslin Kolbe kán drieë druk. Foto: GB Jordaan.

Cheslin Kolbe sal vir die eerste keer die no. 15-trui op die internasionale verhoog dra wanneer die Springbokke hierdie Saterdag teen Ierland in Dublin kragte meet.

Nodeloos om te sê is Jacques Nienaber opgewonde oor die vlugvoetige agterspeler se terugkeer in die Groen-en-Goud.

“Cheslin was vir ʼn ruk op die kantlyn nadat hy sy kakebeen teen Wallis gebreek het, maar hy het vier volle wedstryde vir Toulon in aanloop tot hierdie toets gespeel en ons is  vol vertroue dat hy gereed vir die uitdaging sal wees,” het die Springbok-afrigter gesê.

Damian Willemse sal die toutjies as losskakel trek, terwyl Faf de Klerk en Willie le Roux die agterspelers op die plaasvervangersbank is.

As dit moet, kan Kolbe ook sy kant in die no. 10-trui vir die Springbokke bring.

“Hy het al vantevore met stewige vertonings vir sy Franse klubspanne in dié posisie vorendag gekom en hy kan beslis ook diens as losskakel doen. Faf de Klerk is natuurlik ook ʼn speler wat kan uithelp.”

Jacques Nienaber. Foto: Twitter.

Nienaber verwag ʼn fel stryd teen die Iere – die vorige keer wat die twee spanne in Dublin slaags was, het die Springbokke met 38 – 3 die onderspit gedelf.

“Ierland is die topgekeurde span in die wêreld en hulle het al in die verlede gewys dat hulle in Dublin ʼn krag is waarmee ʼn mens moet rekening hou. Saterdag is ʼn belangrike wedstryd vir al twee spanne omdat ons paaie weer in die groepfase van die Wêreldbeker-toernooi sal kruis.

Springbokke: Cheslin Kolbe (heelagter), Kurt-Lee Arendse (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Jaden Hendrikse (skrumskakel), Jasper Wiese (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Malcolm Mark (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Ox Nché, Vincent Koch, Franco Mostert, Deon Fourie, Kwagga Smith, Faf de Klerk en Willie le Roux.

Uitslae van die afgelope tien wedstryde tussen die Springbokke en Ierland:

13 November 2004: 17 – 12 in Ierland se guns

11 November 2006: 32 – 15 in Ierland se guns

28 November 2009: 15 – 10 in Ierland se guns

6 November 2010: 23 – 21 in Suid-Afrika se guns

10 November 2012: 16 – 12 in Suid-Afrika se guns

8 November 2014: 29 – 15 in Ierland se guns

11 Junie 2016: 26 – 20 in Ierland se guns

18 Junie 2016: 32 – 26 in Suid-Afrika se guns

25 Junie 2016: 19 – 13 in Suid-Afrika se guns

11 November 2017: 38 – 3 in Ierland se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris dupreez ·

Ek sien met Eben Etzebeth in die span het ons net een slot nodig. He he, en twee hakers.

Pieter9 ·

Ek sien die volgende aanhaling na die wedstryd; ” ons het nie ons geleenthede gebruik nie, die Iere is meesters om die speltempo te verhoog en ons kon nie aanpas. Dit is sleg om so ver te verloor maar die positiewe is dat ons baie geleer het wat ons baie sal help in die wereldbeker volgende jaar”.
Sterkte Bokke!

N ·

Kolbe op heelagter maak my opgewonde. Hy kan die hele veld vol speel en is nie beperk op vleuel nie.

N ·

Jesse Kriel, Willie en Faf in een span. Is dit hoe ons die wereldbeker wil probeer wen?

Niklaas ·

Ek dink , en hoop , hy gaan ‘n ster wees op heelagter. Hy sal meer balbesit kry en kan net giftig oo die aanval wees in die agterlyn.

sweepslag ·

O wee. Hier kom moeilikheid vir die bokke.
Weer n’ rekord verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.