Bokke, Kiwi’s wil WB-statistiek verbeter

(Argieffoto).

Saamgestel deur Elaine Krige

Die Springbokke en die All Blacks sal albei vanjaar poog om die eerste span te word om die Wêreldbeker vier keer omhoog te hou.

Die All Blacks-breier Ian Forster glo sy span kan hierdie jaar weer die Wêreldbeker wen, ten spyte van hul nederlaag teen die Springbokke die afgelope naweek. “Die groep wat Frankryk toe gaan is goed voorbereid en het al baie teenstanders die stryd aangesê en oplossings gevind,” het Vorster Woensdag gesê.

Indien Nieu-Seeland die Rugbywêreldbekertoernooi wen, sal dit maar die tweede wêreldbeker wees wat hulle weg van die huis af wen. Die eerste was die 2015-Wêreldbeker in Engeland teen Australië.

“Die druk is enorm, maar dit is presies waar ons wil wees,” het Forster gesê. Nieu‑Seeland speel in die openingswedstryd op 9 September teen Frankryk.

Maroela Media het Dinsdag berig die Springbokke is die gunsteling om vanjaar se Wêreldbekerrugbytoernooi te wen. Veral die diepte in die Bokspan laat rugbyondersteuners glo die Bokke sal vanjaar vir ʼn tweede keer in ʼn ry die beker huis toe bring, die enigste span naas die All Blacks wat dit kon regkry (in 2011 en 2015). Siya Kolisi kan ook die eerste Bok-kaptein wees wat die beker meer as een keer omhoog hou.

“My en Rassie [Erasmus] sê hoofdoelwit sedert ons die afrigting van die Springbokke in 2018 oorgeneem het, was om diepte in die span in te bou met die oog op die 2023-Wêreldbeker,” het Jacques Nienaber verlede week gesê.

“Jy wen nie die Wêreldbeker met ʼn goeie span nie, jy wen dit met uitsonderlike spelers.”

Die Bokke is tans die enigste rugbyspan wat nog elke liewe Wêreldbeker-finaal kon wen waarin hulle gespeel het. Die eerste Rugbywêreldbeker wat die Bokke gewen het, was in 1995 teen Nieu-Seeland op Ellispark, Johannesburg, toe in 2007 teen die Rose in Frankryk en weer in 2019 teen Engeland in Japan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.