Bokke laer op ranglys ondanks Kampioenskap-sege

Die Springbokke speel deesdae van hul beste rugby. (Foto: Twitter via @Springboks)

Ten spyte van die feit dat die Springbokke die nuwe Rugbykampioenskap-titelhouers is, het hulle nou ’n posisie laer op die wêreldranglys.

Die nuwe lys is Maandag bekendgemaak en Rassie Erasmus se span is nou in die vyfde plek.

Die rede hiervoor is Engeland se sege van 33-19 teen Wallis die afgelope naweek. Dié oorwinning het gesorg dat die Engelsmanne 1.07 ranglyspunte kry; genoeg om die Bokke uit die vierde plek te skop.

Nieu-Seeland se rekordnederlaag van 47-26 teen die Wallabies in die finale ronde van die Rugbykampioenskap het hulle so byna as die wêreld se voorste span onttroon, maar omdat Wallis ook verloor het, is die Kiwi’s se no. 1-posisie veilig.

Wallis bly in die tweede plek, maar is net ’n kortkop bo Ierland, wat vir Italië met 29-10 in Dublin geklop het.

Dan het Japan sy indrukwekkende opmars na die Wêreldbeker-toernooi op sy tuisveld voortgesit, toe hy die VSA met 34-20 verslaan het. Japan se spogpoging het gesorg dat dié span nou hoër as Fidji op die ranglys is.

Met sy 77.21 punte is Jamie Joseph se span nou negende op die lys. ’n Posisie wat hulle laas beklee het te danke aan hul skoksege teen die Bokke gedurende die 2015-Wêreldbekertoernooi in Engeland.

Nuutste wêreldranglys:

  1. Nieu-Seeland 89.04
  2. Wallis 88.89
  3. Ierland 88.69
  4. Engeland 87.34
  5. Suid-Afrika 86.83
  6. Australië 84.41
  7. Skotland 80.17
  8. Frankryk 79.42
  9. Japan 77.21
  10. Fidji 76.98

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

kolla ·

Die terugsak op die ranglys sou nie gebeur het as Kaptein Kolisi gespeel het nie want ons sou NZ soos verlede jaar geklop het en nie gelykop gespeel het soos vanjaar nie. Die gelykop teen ‘n swak AB span was weens swak leierskap en gebrek aan Kolisi se vaardighede. Gelukkig sal hy die span nou versterk met sy terugkeer.

Gatiep ·

Kolla,
Jy is geregtig op jou opinie van K. My persoonlike opinie , D is n beter kaptein wat die spel kan lees en nie van agter die voorspelers die spel wil speel nie. Hy is ook gewild en het die respek het van sy medespelers. K weet nie of hy n senter of flank is nie. Onder 20 provinsiale rugby is maar die begin van n provinsiale loopbaan. Baie geluk dat jy dit kon regkry. Ek sien nie dat jy verder gevorder het nie? Oor die stoei wil ek my nie uitlaat nie. Miskien moes jy maar by stoei gebly het.

kolla ·

Korrek Gatiep…Ek het toe maar eerder op stoei gekonsentreer.. Rugby was te sag na my liking, ha ha.

Maria ·

Baie baie geluk bokke het lanklaas so lekker geskree en trots op julle hou aan so goed speel.
Dit gee bietjie lewe vir nuwe SA !

Robert ·

Die ranglys beteken nie veel nie, nie gebaseer op ‘n wye meningspeiling nie maar wel net ‘n paar ringkoppe se mening.

Frans C ·

Nouja die Engelse is ook glad nie skaam om as hulself nie die ding kan doen nie,’n paar buitelanders in te span nie,soos bv Heinz van die Crusaders.Nadat hul in 1995 hul monde erg uitespoel het omdat Jonah Lomu hul erg verinneweer het,span hul nou die Fijiaan van geboorte Joe Cokanasiga in.Dit is ‘n man van 122 kg en 1.93 m met ‘n tyd van 10 meter per sekonde oor 50 meter.

Vraag is daar ‘n James Small of ‘n van der Westhuizen soos in 1995 in die huidige Springbokspan om die man aan bande te lê?

Niklaas ·

Geoordeel aan die puik spel van Bokke en Wallabies moet beide eintlik hoër op die ranglys wees as Wallis , wat maar gemiddeld was teen ‘n afgewaterde Engeland span

Swartwolf ·

75 kg tuindwerg teen 122 kg Jonah klink na ‘n “no contest” maar dalk is FransC se vraag reg – is daar spelers met die vermoe en wil om so ou te stop? Tweedens gaan die kaptein skerp genoeg wees om ‘n strategie met sy spelers te bespreek soos Pienaar in ’95 gedoen het ?

kolla ·

Geen strategie nodig om so ‘n dik ou te duik nie, net die regte tegniek. Om die enkels en van die kant is ‘n 100% suksesresep vir so ‘n groot ou. Die moeilikste ouens om te duik is die kleiner, fris mannetjies want hulle kan laag sak om jou af te stamp.

Karlahari ·

Kolla jy praat nou bolla
Jonah Lomuh het heel moontlik voor jou tyd gespeel.
Hy was alles behalwe dik. Of is dit nou duk?

Frans C ·

@Kolla om die enkels en van die kant sê jy-sorry broer dan is hy verby jou en bly jy agter moontlik sonder ‘n paar tande en gras in jou mond.

Swartwolf ·

Stem saam FransC kyk na videos van Lomo wat net uit die duikslag swenk en met sy spoed die laagvat elimineer. Daai laag en van die kant af met groot vinnige vleuels werk nie. Dis hoekom fit leierskap van Pienaar geneem het om sy spelers te betrek on ‘n strategie te kry om ‘n moeilike situaaie te hanteer. Vraag is of die gewone kaptein die strategiese denkwyse het om die plan te maak……..

kolla ·

Julle het duidelik nie rugby van enige gehalte gespeel nie. Ha, ha. Hierdie ouens is dik en lomp, maklike teikens. Vat hom laag ouboet en hy kan niks maak nie.

Swartwolf ·

So kolla wat jy se is die spelers wat nie vir Lomo kon stop nie is nie top spelers nie. Dit sluit spelers soos Campese, Carling, Greenwood, Ntamack ens in. Top internasionale spelers van die 90’s ? En dat jy beter sou doen ? Dan tweedens dat Lomo lomp en vet is ? Dink nie iemand sal jou aanmerkings ooit weer ernstig vat nie. Dink dis duidelik daar is langdurige effekte van harsingskudding teenwoordig of die drinkgoed is besig om sy tol te eis.

Kallie ·

Met al die politieke inmenging moet SA uit internasionale sport geskop word. Presies wat die IRK met Zimbabwe gedoen het.

Swartwolf ·

Die wereldbeker wenners van ’95 moes so “dik ou”, Lomo, stop on die beker te kom wen. Snaaks hoe baie duikslae wat deur fantastiese spelers met great tegniek uitgevoer is kon hom nie stop nie in die wedstryde met die oploop na die final. Dit het ‘n strategie uitgedink deur die beste bok kaptein ooit, Francous Pienaar, waar James Small aan Lomo se trui of arm probeer hang het terwyl die kruisverdediging, Ruben, Joost en Mark vir Lomo kon plattrek. So dalk is die laerskool tegniek soos hierbo beskryf nie voldoende om ‘n dik ou wat 50 m in 5 sek hardloop te stuur nie. Klink vir my bietjie “dik in die kop”. Die strategie deur Pienaar het toe gewerk. Soos meeste weet.

Valerie ·

Ek’s bevrees die SAners gaan nie hoër as dit op die lysie klim nie. Het hulle top bereik weens anders spanne se gebrek aan belangstelling in ‘n “kampioenskap reeks” wat nie in ‘n WB jaar eers gespeel moet word nie. Go, All Blacks; go,

George in Bloem ·

Janee wat,klink my ons nanne moet net aanhoudend die bal vir ons kwota flank en kaptein bly gee sodra hy nou terug is natuurlik,en dan wen hy sommer vir ons die wereldbeker op sy eie. Dan het ons glad nie meer die spoed van Kwagga en die leierskap van Vermeulen nodig nie. Kolisi sal sommer alles doen.

George in Bloem ·

En so terloops,al het Lomu nooit ‘n drie teen die Bokke gedruk nie,is derduisende gewone ondersteuners soos ek,en ook rugbykenners wereldwyd, steeds van mening dat hy een van die heel beste vleuels,indien nie die heel beste,van alle tye is. Gaan kyk gerus na die ou wedstryde se videos op youtube en kyk na die man se rekord. Hy was ‘n fantastiese speler en die Bokke se plan om hom uit te sonder vir ” ‘n bietjie spesiale aandag” in ’95 het groot dividende betaal anders kon dinge heeltemal anders vir ons uitgedraai het.

kolla ·

Lomu was ‘n gevaarlike vleuel maar soos jy tereg opmerk, kon hy geen driee teen SA druk nie. En hy het teen van die kleinste vleuels soos Paulse gespeel. Paulse het hom gevat, dis alles tegniek, posisionering en timing.

Nico K ·

Ek wil net vir Robert sê dat die ranglys nie gebasseer is op peilings of ringkoppe se menings nie, maar op wiskundige statistieke.

Buffel ·

@kolla – geen meriete in wat jy se van Paulse nie. Lomu het in ses toetse teen Paulse gespeel. Paulse en die res van die span het presies dieselfde strategie as Pienaar hul in ’95 gevolg. Hy het NIE EEN direkte duikslag om Lomu uitgevoer nie. Hy het Lomu binnekant toe gekeer waar die kruisverdediging hom platgetrek het. Dit help as die persoon wat aanmerkings maak iets weet van die onderwerp van bespreking.

Ken takkle ·

Kolla jys reg groot ouens soos Lumo het net een tegniek brute krag. Breek sy tegniek en walla die ys smelt ek het egter jammer vir die Underwood broers gevoel shame!

kolla ·

Kyk, enige ou wat bietjie rugby gespeel het (selfs vir Bapsfontein se vyfde span) sal weet dat dit prakties onmoontlik is om elke keer jou direkte teenstander so “aan te keer” dat jou maatjies eerder die duikwerk namens jou doen. Belaglik en lagwekkend om die minste te sê. LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.