Bokke lê in die vierde loopgraaf

SA Rugby logo cropDie 54 afgevaardigdes wat die noodsaaklike tweedaagse beraad oor die pad vorentoe vir Suid- Afrikaanse rugby in Kaapstad bywoon, was Woensdag tot in hul skoene geskok oor die syfers wat die Bok-afrigter, Allister Coetzee, genoem het oor die vertonings van die Springbokspan sedert 1996.

Soos Coetzee tereg opgemerk het, leef ons in ʼn gekkeparadys. Daar word jarelank daaroor in die media geskryf en gepraat,  maar gaan lees maar die jaarverslae van SA rugby, alles gaan klopdisselboom.

Coetzee se voorlegging  het die oud-Bokke, afrigters, skeidsregters en administrateurs hopelik laat wakker skrik, want as daar nie nou drasties opgetree gaan word nie, sal die gaping tussen die All Blacks en die Bokke nog wyer rek en die erosie op alle vlakke voortduur.

Wat verdere olie op die vuur is, is dat die Bokke ook swakker as  Australië vaar – ʼn rugbyland wat net 41 049 senior geregistreerde spelers en 770 klubs het, wat sukkel om vyf Superrugbyspanne aan die gang te hou en wat met Australiese voetbal en rugbyliga moet meeding. En natuurlik sokker.

Suid-Afrika, met sy  121 663  geregistreerde senior spelers en 1 526 klubs, vaar ook swakker as die Aussies. Eina!

Die Wallabies, wat vanjaar in Junie met 3-0 deur Engeland in Australië geklop is en as een van die swakste Wallaby-spanne beskryf is (voordat hulle teen die Bokke en Poemas gespeel het) het bo die Bokke op die Rugbykampioenskap se puntelys geëindig. Die Wallabies is ook derde op Wêreldrugby se ranglys en die Bokke vierde.

Sedert 1996 het drie Australiese spanne (die Brumbies in  2001 en 2003, die Reds in  2011 en die Waratahs in 2013) vier keer die onderskeie Superrugbyreekse gewen. Die Bulls is die enigste SA span wat die reeks kon wen, in  2007, 2009 en in 2010.

Die Bokke het 28 Drienasiestoeste (uit 72) gewen en die Wallabies 29. Die Bokke het 12 toetse in die Rugbykampioenkap (uit 27) gewen, die Wallabies 13 – dus 40 teenoor 42.

Ai mense, almal het geweet dat die All Blacks die toon aangee, maar die Wallabies?

Ek hoop werklik dat die beraad baie wyer sal strek en dat die aanbevelings dringend oorweeg en so gou as moontlik ingestel moet word.

Rugby is jarelank al by ʼn kruispad … syfers lieg mos nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Arie ·

Julle kan praat solank julle wil maar solank daar rassisme (kwotas) in ond rugby bestaan sal dit nooit rekom nie, luister vir die NZ en los die kwotas

callie ·

Al vir jare is daar kwotas. Hoe slim is hulle as hulle dit nie verstaan.

Frans C ·

In NZ kom die ALL Blacks eerste en provinsiale spanne tweede.Hier is dit Provinsiale spanne eerste en Springbokrugby tweede. ‘n Span soos die Auckland Blues is reeds besig om hul groep vir Super 18 2017 te finaliseer en dit lyk of die Hi-landers ook al hul huis in orde het.

Weet enigiemand in Suid Afrika hoe die Super 18 spanne van Suid Afrika vir 2018 lyk?
Dit is geen wonder ons sukkel nie en gly al verder die ranglys af. Trouens tensy dinge vinnig regkom is daar groot gevaar dat vir die eerste keer in die geskiedenis Suid Afrika al sy
eeinde van die jaar wedstryde gan verloor.

En dan moet ons nie vinger wys na die Admistrateurs alleen nie maar ook die provinsiale balk uit ons oë uithaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.