Bokke moenie soos `n langspeelplaat vashaak

Springboks logoNadat die Lions in Saterdag se Superrugby-eindstryd teen die Hurricanes vasgeval het, het daar die afgelope twee dae stemme uit die Kaap opgegaan dat die Springbokafrigter, Allister Coetee, nie die Lions se speelpatroon moet navolg nie.

Nee, menere, die Lions het nie verloor oor “hul speelpatroon” nie, hulle is geklop omdat die Hurricanes beter by die nat en winderige toestande aangepas het, omdat hulle die Lions onder groot  druk met hul opskietverdediging geplaas het en takties baie beter geskop het.

Het die Hurricanes “hul speelpatroon” gevolg? Nee, hulle het volens Plan B gespeel deur beter aan te pas, net soos die All Blacks dit in belangrike wedstryde doen.

My groot vraag is, as die Lions nie regdeur die seisoen `n aanvallende benadering gevolg het nie, sou hulle in die eindstryd gespeel het? Nee.

Dis hoekom hulle (en die Hurricanes, Chiefs, Highlanders en Crusaders) daarby uitgekom het. Kom ons wees eerlik, het die Sharks, Brumbies en Stormers dit verdien om in ‘n halfeind- of eindstryd te speel? Nee.

As die Bokke ook nie oorskakel na `n hoër rat nie, as hulle nie in `n vinnige tempo speel nie, kan hulle maar daarvan vergeet om die All Blacks gereeld te troef.

Wat sou gebeur het as die Bokke nie in die tweede helfte van die tweede toets in die onlangse reeks teen die Iere “die Lions se speelpatroon” nagevolg het nie?

Heyneke Meyer het in sy termyn van vier jaar die All Blacks net een keer in agt toetse geklop, toe daar min op Ellispark op die spel was. Ja, die Bokke het baie na aan `n oorwining in die halfeindstryd van 2015 se Wêreldbeker-eindstryd gekom en net met 18-20 verloor, maar dit was steeds nie goed genoeg nie.

Die Bokke se vertoningslys in 2013 was een van hul beste, hulle het net twee uit 12 toetse verloor, albei kere teen die All Blacks (38-27 en 29-15).

Verlede jaar het die Bokke die heel eerste keer teen Argentinië en Japan verloor. Australië het die Bokke geklop en die All Blacks het hulle twee keer verslaan.

Watter baat sal ons dus daarby vind om by `n soortgelyke speelpatroon vas te haak … vas te haak … vas te haak?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

RC ·

Ek is van die Kaap en ek stem saam met jou. Die Lions se afrigting is uit die boonste rakke. Hulle is nog jonk en het nog baie tyd om ‘n finaal te wen en hulle sal ook. Ek persoonlik dink hulle sou baie beter gevaar het as hulle op hulle op hulle tuis veld kon speel.

Ja-Nee ·

Die Lions het goeie rugby gespeel, maar onthou al die spanne het nie in die toernooi teenmekaar gespeel nie. So hou op om die Lions so op te hemel. Toe hulle teen ‘n sterk span speel verloor hulle sonder om ‘n drie te druk, dit se mos al klaar baie. My voorspelling is ons gaan altwee toetse teen die Pumas wen en al 4 teen die Wallabies en All Blacks verloor.
Ons gaan nou verder verloor as Juan de Jongh speel.

Piet ·

Jy is vreeslik negatief ja-nee. Die Leeus het al die spanne in SA oortuigend geklop, en hulle het teen al die moeilikste NZ spanne gespeel. Soos die skrywer uitwys was die Canes net beter op ‘n nat veld. Behalwe vir politieke inmenging is daar baie om na uit te sien vir SA rugby.

Callie ·

Was die veld die vorige game ook nat toe die Canes 50 aangeteken het. Die Leeus kon nie die druk hanteer nie, so eenvoudig soos dit. Asb mense ons rugby is in die moelikheid en niemand wil dit besef nie. Top spelers gaan speel oorsee a.g.v kwotas en die standard daal konsekwent van jaar tot jaar.
Ek stry nie, die Leeus is die span wat hul nie aan kwotas steur nie maar dit gaan nog n seisoen of twee vat om regtig bo uit te kom.
Jake White het die wereld beker gewen in n tyd toe die Bulls en Stormers beide baie sterk was. Onthou die Bulls het in 4 jaar die titel 3 keer gewen en een finaal was teen die Stormers.
Van daardie tydperk af het spelers die land uit gestroom en al hoe meer kwotas is toegepas. Die einde van oorwinnings oor All Blacks, Wallabies en Engeland is n gegewe

CdV ·

Ek bly in die Kaap. Ons is almal baie beindruk en opgewonde oor Leeus se spel. Ek wil net vir die skrywer se ek weet van niemand in die Kaap wat se Bokke moet nie Leeus se patroon volg nie. Nie in ‘n koerant, nuus of by my rugby klub se Kapenaars dit nie. Kan hy ASB die “stemme uit die Kaap” waarna by verwys by name noem i.p.v. vae wilde stellings maak?

Milan Bye ·

Ons glo die meerderheid Suid-Afrikaners, insluitende Kapenaars, hou van die Lions se lekker (en goeie) rugby wat nou ook deur die Goue Leeus voortgesit sal word, en ook dat hulle die Lions in die eindstryd ondersteun het.
Daar word egter bedenkinge deur uitgespreek of die speelplan van Johan Ackermann-hulle skielik op die Springbokspan toegepas kan word. Suid-Afrika se vaardigheidsvlakke is nie op peil nie en dit blyk duideliik uit ons vele (informele) gesprekke waar voorbehoude deur afrigters en administrateurs op verskeie vlakke geopper word of die speelplan op nasionale vlak sal slaag.

Josua Keys ·

Mense wat julle nie raaksien nie is dat die Lions eenvoudig Hoerskool rugby speel, daar is geen vantastiese spelpatroon nie dit is hoe rugby in die eerste plek gespeel moet word en klaar, sodra die manne na die grooter bonde beweeg word die hoerskool rugby uit hulle geleer en dit is waar Suid Afrika hul vout maak, ek het skole rugby gesien en as ek die manne net net n bietjie meer lyf en groote sou kon kies om teen enige Super span te speel sou hulle baie goed gedoen het. Daar is teveel ouer inmenging en geld betrokke by skole rugby en daarom word goeie spelers soms mis gekyk deur keurders en keurders word ook te maklik beinvloed deur die bogenoemde. Gaan terug skole rugby patroon toe en Suid Afrika word weer n groot naam in Wereld rugby en om hemelsnaam los die ou manne waar hulle is en kies die jong spelers op vorm vir die toets reekse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.