Bokke moes ook in die week gespeel het

Dis maar weer dieselfde ou storie.

Wanneer jy op toer gaan, is dit ononderhandelbaar om jou eerste wedstryd te wen, want dis waar die grondslag gelê word, waar spangees gekweek word en waarna spankeuses en taktiek vir die res van die toer nie meer bevraagteken sal word nie.

Maar wanneer jy 34 spelers vir ʼn maand lange toer kies wat uit net vier toetse bestaan, gaan daar ʼn hele paar gefrustreerde spelers terugkeer wat spesialiste geword het om duiksakke in oefeninge vas te hou, want hulle het nie kans gekry om te speel nie. Dis juis dán wanneer daar gebrom word, wanneer daar agteraf vrae gevra word waarom X en Y speel, maar nie Z nie.

Dis hoekom dit vreemd is dat daar nie ʼn bykomende wedstryd vir die nie-toetsspelers gereël is nie… soos die All Blacks se nie-toetsspan wat Dinsdagaand in Lyon teen ʼn Franse vyftiental gespeel en met 23-18 gewen het.

Daar was ses nuwelinge in die All Blacksspan wat dalk nooit die kans gaan kry om toetsrugby te speel nie. Maar deur hulle kans te gee om hul land te verteenwoordig, gee dit hulle waardigheid; laat dit hulle belangrik voel. Dit maak hulle almal ten volle deel van die toer, en dit hou die toetsspelers op hul tone.

Die oud-Bokkaptein Jean de Villiers sê verlede Donderdag se oefening voor die toets teen die Iere was een van die bestes wat hy al beleef het. Die Springbokke was vol energie en dit het naatloos verloop – maar dit was natuurlik sonder teenstand. Toe die Bokke Saterdag in Dublin teen die Iere uitgedraf het, was daar net Plan A, net soos in ʼn oefening. Toe die Bokke onder druk geplaas is, kon hulle nie aanpas nie.

Dis soos ʼn krieketspeler in die nette, soos ʼn bokser in die skermkryt en ʼn gholfspeler op die oefenbof. Jy móét speel.

Nou is die Bokke onder baie meer druk,  Hulle moet die toer probeer red deur veranderings aan te bring, soos Handré Pollard en Duane Vermeulen, maar hulle moet terselfdertyd ook kontinuïteit behou.

Die planne om die ander spelers kans teen Italië te gee, moet nou op die rak geplaas word, want die beste span moet vir die oorblywende toetse gekies word.

Die duiksakdraers sal maar tot die volgende toer moet wag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Callie ·

Soos die SA sokkerspan, so gaan SA rugby ook tot niet. Wat het kwotas gedoen. Saterdag het ek dit geniet om te kyk hoe hulle verneder word. Ergste is ek weet van baie wat al hul gevoel en respek vir bokke verloor het. Mense dis nie kleur nie asb. Dis kwotas wat ons negatief maak. Habana, Breytie, Beast op sy tyd, JP Pieterson, dit was manne waaroor niemand gekla het nie. Magtig Chillyboy, Bongi Mbonambi, Cassiem, Skosan, noem op, hulle hoort nie daar nie. Spanne word gemeet aan hul wen persentasies. Dit maak alles duidelik

kat ·

Laat ons asseblief nie die bod vir 2023 kry nie!!!
Ek hou duimvas dat Ierland dit sal kry!!!!!

Anne-Marie ·

Kat, ons moet dit kry, dis die enigste manier wat die Bokke kan kwalifiseer vir die die wereld-beker, want hulle gaan nie die uitspeel wedstryde maak nie….!!!!!

Andre ·

Hoop nie ons kry die WB2023 bod nie. As dit ongelukkig gebeur moet mens wegbly van die stadions en SA wedstryde op TV. Die oorsee se mense verdien nie ‘n gevaarlike land soos SA nie. Om bier pryse wat goekoper is te gebruik as SA voordeel is belaglik en is desperaatheid van die kriminele wat die geld jaag! Net die geen koste van vliegkaartjies is’n groot besparing vir oorsee se mense as dit in Ierland is. Hulle het dit ook Saterdag bewys = hulle verdien dit. Ons hou duim vas vir hulle.

Rynoster ·

34 Spelers vir 4 wedstryde ??? Kan enige iemand dit asb aan my verduidelik?
Dis Blerrie Belaglik, nes die Springbokke se speel vernuf !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.