Springbokke moet Italië vermorsel

italie-logo-cropDie gewese Springbokafrigter Kitch Christie het aan die begin van sy termyn as Bokafrigter gesê hy wil die vegtersinstink van die Bokke verbeter.

Wat hy bedoel het, was dat die Bokke, net soos die All Blacks, genadeloos moet wees deur die uitklophou te plant wanneer hulle die voortou geneem het of teen swakker spanne speel. Hulle moes teenoor alle teenstanders agting toon, maar moes nooit die ander wang draai wanneer hulle die oorhand gekry het nie.

Dis hoekom Saterdag se toetswedstryd teen Italië nuwe betekenis vir die Springbokke gekry het.

Die ondersteuners val nie meer vir flou verskonings soos dat die Bokke vir 40 minute goed gespeel het nie; of dat hulle steeds hul aura behou het; of dat hulle hul man staan in die vaste fasette. Wat dan van die nederlae teen Japan, Argentinië, Ierland, Australië, Nieu-Seeland, Engeland en ʼn gesukkel teen ʼn onervare Barbarianspan?

Italië is ongetwyfeld die Bokke se swakste teenstand in jare. Hulle kon nog nooit die Bokke In 12 toetse, All Blacks (13 toetse), Wallabies (16 toetse), en Engeland (22 toetse) klop nie.

Hulle het al teen Portugal, Pole, Duitsland, Spanje, Zimbabwe, die Cook-eilande, Marokko, Namibië, Samoa, Tonga en die Tsjeggiese Republiek verloor en hulle kon Frankryk nog net in 3 van hul 38 toetse klop.

Hulle is 13de op Wêreldrugby se ranglys en sal sukkel om Fidji, Japan en Georgië in te haal.

Die All Blacks, ná hul onlangse nederlaag teen Ierland in Chicago, het die ontleedmes diep ingelê. Daar is nie doekies omgedraai nie. Die spelers moes na hulself in die spieël kyk en hulle moes verantwoordelikheid vir hul foute aanvaar. Die afrigters, Steve Hansen, Wayne Smith en Ian Foster het pa gestaan waar hulle gefouteer het.

ʼn Oorwinning oor Italië is vir die Springbokke onderhandelbaar, en nie net met 30 of 40 punte of deur ses drieë ná rolmaalbewegings te druk nie.

Wat baie belangrik is, is dat die Bokke ook aanstaande Saterdag se toets teen Wallis moet wen. Dit sal die vertroue ʼn bietjie herstel en die bloeding tydelik stop, maar dit sal nog nie die erosie van Suid-Afrikaanse rugby keer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

job jobson ·

Die AC spookspan is i moet WEN anders is hulle nie een POO werd nie.

Louis ·

Italy,hier is julle beste kans ooit om die suid-afrikaanse span te wen.Asb, gebruik dit, soos Japan!

callie ·

SARU, neem kennis. Dit gaan so sleg met SA rugby dat mense nie eers meer kommentaar lewer. So 2 jaar terug het ek n artikel gelees dat rugby in SA gaan uitsterf. Het dit nie geglo nie, tot die seisoen. Dit is baie kommerwekkend.

Daan ·

En so het Japan ook al die Bokke geklop! Sal maar moet sien…

Rugga007 ·

Die idee om die Italië wedstryd te gebruik om weer wen momentum te kry is so belaglik, wen teen Italië is nie eers naastenby onderhandelbaar nie, wen ons met slegs so 15 tot 25 punte dan kan ons dit as n verloor hanteer, ons behoort nie met minder as 50 punte te wen om dit aanvaarbaar te maak nie.

Dewet ·

Ek is klaar met die Bokke, kan nie wag vir die All Blacks game nie. Sal weer hulle ondersteun as hulle die beste kies en die regte afrigter kry. Nou is dit net n gemors.

Rugga007 ·

Hierdie wedstryd was veronderstel om not n oefenlopie met die jong spelers te week, nou is dit skielik not wedstryd om oorlewing, bid jou dit aan, teen Italië.

Anoniem ·

Ai toggie dink Alister Coetzee rerig dat hierdie span wat hy gekies het Suid Afrika se “beste” spelers is. ‘n Mens kan maar net hoop dat hy betyds gaan wakker skrik en ophou droom want hy droom seker dit is sy beste span. Brian Habana, Damian de Allende ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.