Bokke nou tweede beste span ter wêreld

Harde werk en vasberadenheid het tot die Bokke se suksesverhaal gelei. Foto: (Takumi Sato/Kyodo News via AP)

Rassie Erasmus is ’n man wat daad by die woord voeg. Die Bok-afrigter het voor gister se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Wallis gesê dat hy wil toesien dat die Springbokke weer die beste span ter wêreld word.

“Ons is nou in ’n fase waar ons weer die no. 1-span ter wêreld wíl wees,” het Erasmus gesê.

Nou ja, daardie einste fase is besig om momentum op te bou en ná die Bokke se halfeindstryd-sege die afgelope naweek is die Suid-Afrikaners tans die tweede beste span op Wêreldrugby se punteleer.

Toegegee, dit was nie die aanskoulikste wedstryd op aarde nie – die Nieu-Seelandse pers het onder meer gesê dat selfs die 50 km-stapitem by die Olimpiese Spele vir interessanter kykstof sou gesorg het – maar die Wallis-wedstryd het gesorg dat die Springbokke ranglys-bokspronge bo-oor die All Blacks en die Rooi Drake gemaak het.

Die Springbokke se 90.71 ranglyspunte beteken dat slegs Engeland (92.29 punte) beter op die ranglys vertoon. Daarteenoor het die All Blacks (89.92 punte) en Wallis (87.21 punte) ʼn bietjie uit die spreekwoordelike bus geval.

Cheslin Kolbe.. (AP Photo/Mark Baker)

Intussen is die kanse goed dat die vlugvoetige Cheslin Kolbe sy plek op vleuel in Saterdag se eindstryd kan inneem.

Dié blitsige buksie het gister saam met die Bokke in Jokohama opgewarm en dit het gelyk asof hy sonder enige ongemak litte losgemaak het.

Kolbe het ’n enkelbesering in die Suid-Afrikaners se groepwedstryd teen Kanada opgedoen en hy moes noodgedwonge gister sy halfeindstryd misgeloop het.

Die Bokke se mediese span sal sy vordering monitor, maar die kanse is goed dat hy teen Engeland sal diens doen.

  • Wêreldrugby se punteleer (soos op 28 Oktober):
  1. Engeland
  2. Suid-Afrika
  3. Nieu-Seeland
  4. Wallis
  5. Ierland
  6. Australië
  7. Frankryk
  8. Japan
  9. Skotland
  10. Argentinië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Rooikaart ·

Die All Blacks het die Bokke gewen by hierdie jaar se wereldbeker, so die puntestelsel is maar eintlik n klug.

koos ·

So Rooikaart, met jou redenasie behoort Japan bo Ierland te wees, want Japan het hulle gewen?

Siener ·

Rooikaart ek stem saam met jou. Party bok ondersteuners sukkel maar met tonnelvisie.

Sê net ·

Ai ou tog Rooikaart, is jy een van daai wat glo alles is ‘n klug? In Suid-Afrika is alles seker ‘n klug, maar indien die ‘eerste wêreld’ reëls formuleer is dit ook ‘n klug. Wees maar bietjie bly? Hoekom nie?

Antoon ·

Ag Rooi Kaart, gee maar jou self n Rooi Kaart. AB is nie in die Finaal nie maar die Bokke is.

JohanL ·

Die mense wat die puntestelsel nie verstaan nie het tonnelvisie. Selfs na SA ‘n jaar of wat gelede die AB’s geklop het (in NZ), het die AB’s steeds nr 1 gebly op die ranglys. Was die puntestelsel toe ook ‘n klug?

Wat wel interessant is, is :
1. die puntestelsel (wat ‘n sg klug is) het met die naweek van die semi-finale presies ooreengestem met die 4 spanne wat sake in semi-finale uitgespook het.
2. die puntestelsel (wat ‘n sg klug is) stem tans presies ooreen met die twee spanne wat in finaal speel en steeds spanne 3 en 4 korrek reflekteer.

So miskien, net miskien, beteken die puntestelsel darem iets.

Werner ·

Dink net hoe goed sou die Bokke kon wees sonder die regering se passasiers!

@Werner ·

Die regering se passasiers het nogal hul deel gedoen. Dankbaar vir hulle – sal maar vreemd wees as Suid-AFRIKA se span lelieblank is.

Johan Grobler ·

Hi Koos, Rooikaart is reg. Japan het Ierland een keer gewen. Die All Blacks wen die Bokke (byna) aanmekaar.. . meer as 80% oor laaste paar jaar

Judge Dredd ·

…….so eintlik wat jy se is dat misdaad nie so groot prioriteit as sport is…..

Genieve ·

Dit sal n bonus wees as Kolbe ook net die helfte of voluit kan speel.

Koos ·

stem Werner – Bokke een moeilike game gehad die WB en hulle hom verloor – dit skryf boekdele – Wallis kon Franse net net wen met 14 man….

Rooi Jan ·

Dalk net dalk het Rassie uitgewerk die pad finaal toe is makliker verby Wallis / Frankryk na die 2de plek in die groep as verby Engeland (byna virseker). En kyk nou net so die bokke het n kans weliswaar n skraler kans want die kakies lyk omgesukkel om vir die 3de keer ja mense die derde keer die Wêreldbeker te wen.

Theo vd Merwe ·

Al wat nou tel is Saterdag.Die BOKKE is in die finaal.Engeland kan ook verloor.Dis ‘n 50/50 wedstryd.Al wat nou tel is die 80 minute Saterdag op die veld , die span wat die hongerste is gaan wen.BOKKE BO

Francois Joubert ·

Ek het al gewonder of ek ‘n nuutskepping gemis het. Kan MM ons asb. reghelp. NW24 is te hardkoppig om op ander lesers se kommentaar te reageer. Ek het Jokahama ge’google’ en op russiese en Nderlandse webtuistes afgekom, maar helaar, geen stad in Japan nie.

Eddie ·

Die Bokke gaan al die Galbrekers en Negatiewe Frikkies en Annies verkeerd bewys. Maar al wen Bokke Saterdag sal al die Galbrekers en Negatiewes steeds aangaan met hulle negatiwiteit want dis die soort mense wat hulle is , staan in die oggend op skop hulle eie gatte om vir iets kwaad te raak, skop die hond en die kat. gooi sout in die kinders se koffie en dan gaan werk hulle. Go Bokke !!!!

Dolf ·

Eddie, nie almal stem vir die ANC nie. Daar is ‘n lewe weg van rugby.

Rooi Jan ·

En nou is hulle toeskouers by hulle eie toernooi. Die All Blacks speel Vrydag in die “plaat finaal” teen Wallis. SA so vrot as wat hulle is/was volgens die klomp klaerige Jannies/Sannies, wel hulle speel Saterdag teen die kakies in die finaal vir die koppie.

Japan aanhanger ·

Rugby is nou so half treurig vanaf Japan uit is. Ek stem…Japan het my opgewonde gemaak. Hulle spel en menswees het my laat kyk. Nou word daar geskop en geskop en die pas is maar stadig. En tog hoop ek die bokke doen dit.

Johan ·

Nee, Saterdag. As jy Sondag die TV aanskakel gaan jy net replays kry.

Pim ·

Al die mense wat so galbraak oor die Springbokke en hulle spelers! Suid-Afrika speel in die finaal. Die All Blacks was nie goed genoeg om in die finaal te speel nie. Dis net hoe dit is. Wen of verloor, ons span is in die finaal. Hulle verdien om tweede op die lys te wees. Afrikaanse mense verstom my elke dag net meer en meer. Niks is ook ooit goed nie.

Marita ·

Jis mense klou jul so verbete vas aan negatiwiteit kom ons wees net bly die Bokke is in die eindstryd en ons het iets posetiefs om na uit te sien!! Laat vlg week vir homself sorg… die week koop ek met liefde in op BOKKOORS vir my land Suid Afrika!

Elza ·

Hoekom so negatief.. Julle klomp negatiewe drups haal nie eers n bus nie….wat nog n rugby span.

Phil ·

Ek stem saam met jou Elza. W is so negatief en dan nog te papbroek om sy naam te skryf. Die All Blacks is suur want vir die eerste keer in n baie lang tyd het die skeidsregter regverdig geblaas in n wedstryd waar die All Blacks speel. Nou sukkel hulle om dit te verwerk. As Nigel Owens die wedstryd tussen die Bokke en All Blacks geblaas het, sou ons hulle daar al laat les opsê het. Daar is nou n behuisings tekort in NZ want duisende All Black ondersteuners het teruggekom aarde toe…. BOKKE BO!

Regs! ·

Wanneer gaan julle liberale joiners nou eendag wakker skrik en ophou om die politieke bokke te ondersteun? Wanneer die kwota 60- 40 is of 70- 30 of selfs 90- 10? Of gaan julle ophou wanneer die springbok embleem heeltemal van die trui af verdwyn? Of wanneer die stem nie meer gesing word nie maar net die inheemse afgodslied? Dit is julle ondersteuning wat maak dat hulle aanhou met die politieke inmenging en ras-gedrewe sisteem!

Mitsi ·

Jinne ja nee kyk al die negatiwiteit. Enigiets kan gebeur, hierdie week vier ek groot fees omdat ons in die finale is! YAY! Ons bly in Nieu-Seeland en dit MOEILIK tussen die SA’ners wat die Springbokke so afbreek, maar vandag het ek my Springbok trui aan en dra hom met trots en die Kiwis by my werk staan nou soos een man agter die Bokke! Go Bokke!!

Bre Mercer ·

Karlahari, dis hierdie slim Afrikaanssprekendes van ons. Alles moet deesdae verafrikaans word en daarom die mis spellings van lande se name. Tot vandag toe kan ek nie verstaan waarom hulle dit doen nie. Hoekom nie die land skryf soos dit bekend staan in daardie land nie. Daar is soveel voorbeelde: Qatar is Katar (genade!!!!!) New Zealand is (nee grote grond, ek kan nie eens dink nie. Iets soos Nee Seeland of wat de hel ook al.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.