Bokke, opskietverdediging loop hand aan hand

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Rotsvaste verdediging was nog altyd een van Springbokrugby se hoekstene en dit kan in vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Japan weer die geval wees.

Hoe vreemd dit ook al mag klink, die Bokke vaar eintlik beter sonder die bal.

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, en die verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, werk al twee jaar daaraan om die Bokke se opskietverdediging onpriembaar te maak.

Opskietverdediging is niks nuuts nie; Jake White se Bokke het groot welslae daarmee behaal; van die oorsese spanne pas dit ook suksesvol toe en tensy spanne ʼn teenvoeter daarvoor vind, gaan hulle hul daarteen vasloop.

Shaun Edwards, afrigter van London Wasps, word as die vader van opskietverdediging beskou.

London Wasps was in 2003/’04 en weer in 2006/’07 die Heineken-beker-wenners. Edwards, wat rugbyliga gespeel het waar opskietverdediging dikwels gebruik word, was ook betrokke by Wallis in 2008 se Sesnasiesreeks toe die Rooi Drake net twee drieë in die reeks afgestaan het.

Dit is ʼn paar jaar na die agtergrond geskuif, maar nou het die Bokke dit weer byna vervolmaak.

Dit plaas die teenstanders onder soveel druk dat rugbybase dit oorweeg om ná die WB-toernooi ʼn demper daarop te plaas. Die ruimte van die aanvallende span word glo te vinnig beperk, hulle word agter die voordeellyn gewurg, hul besluitneming word te kwaai ingeperk, hul skoppe word afgestorm en dit kan tot onderskepdrieë lei.

Die All Blacks probeer juis ʼn teenvoeter daarvoor vind deur Richie Mo’unga bó Beauden Barrett, Wêreldrugby se Speler van die Jaar in 2016 en 2017, as losskakel te kies.

Maar hoekom wil jy jou beste speler uit posisie speel?

Toe die Bokke verlede Vrydag in ʼn opwarmwedstryd teen Japan gespeel het en met 41-7 gewen het, het hulle slegs 36% besit gehad.

Toe die Bokke die All Blacks verlede jaar in Wellington met 36-34 geklop het, het hulle ook baie minder besit gehad.

Toe die kragmeting vanjaar met 16 elk gelykop geëindig het, het die Bokke ook minder besit gehad, maar voortgegaan deur die Rugbykampioenskap te wen.

Toe die Bokke in 1995 die WB-toernooi gewen het, het hulle die beste van alle spanne verdedig en slegs 13 drieë in ses wedstryde gedruk.

As jy dus die vrugte van rotsvaste verdediging pluk, hoekom dit nie tot jou voordeel gebruik nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JohanL ·

Opskietverdediging is baie ouer as 2003/4. Ek en my sentermaat het in 1977 op skoolvlak besluit om by opponente uit te kom, voor hulle op spoed is, want hulle was groter as ons. Die eindresultaat was effektief opskietverdediging. Dit was net nie as span so ingeoefen of ingedril nie, maar ‘n besluit wat ons twee as spanmaats geneem het om ook net in sekere wedstryde te gebruik.

Ek glo daar is vele ander spanne wat dit al lankal toegepas het. Vir Wereldbeker rugby om stappe te neem om dit te stop, sal dom wees. Die aanvallende span moet genoeg intelligensie he om weer iets uit te werk wat dit kan teewerk. Al die sogenaamde “negatiewe gevolge” is juis wat opskietverdediging ten doel het. Maar opskietverdediging het sekerlik ook sy swak plekke en/of nadele en dit is vir die ander span om dit uit te vind en uit te buit. Dit sal ‘n kwade dag wees as die “rugbybase’ hul sin kry en dit stop. Sal in elk geval wil sien hoe?

kolla ·

Ek sou eerder bekommerd wees hoekom ons so min balbesit kry, ons voorspelers is dan veronderstel om “world beaters” te wees en behoort te oorheers. En dan skop ons natuurlik ook die bietjie besit wat ons wel kry, weg.

Jiembo ·

Ek stem Kolla. Daardie geskoppery van Faf laas Vrydag teen Japan het my erg geirriteer.
Niks mooi en lekker om na te kyk nie. DIt voel vir my die man staan vir 5 minute met sy voet op die bal voor hy so ver om om te skop en dan is elke skop presies dieselfde . Maar nou ja, Rassie is blykbaar in sy skik daarmee, want volgens hom wou hulle kyk of hulle “sonder die bal kan speel.”

Swanna ·

Sit hierdie springbok span teen daardie Japan se span wat ons daardie dag geklop het dan gaan ons regtig sien of die bokke gaan perform. Sê weer die Japs wat in die wêreld beker gaan speel is nie die klomp wat ons nou gespeel het nie.

Boxer ·

Kolla ons kry so min bal besit want ons het nie ‘n nommer ses flank wat gekies om sy werk te doen (om te fetch) nie maar erder oor sy kwota kapteinskap.

Jiembo ·

Ag nee wat, kom ons raak nou mooi groot en beweeg aan. Die ou kwota-storie raak nou taamlik afgesaag.

Swartwolf ·

Jiembo of jingo ,’n volstruis druk sy kop in die sand en dink niemand sien hom nie. Dis 100% waar die kaptein is nie eers in die top 3 in sy posisie in die wereld nie asook glad nie ‘n wereld klas kaptein vergelykbaar met vorige wenners Smith of Pienaar nie. Kwota aanstelling deur die minister van sport en ja broer Rassie. Dis common knowledge dat Vermeulen en Pollard baie beter spelers en leiers is.

Kallie ·

Rugby is ‘n spel waar die bal die praatwerk doen. Die 50/22 reël sal spanne met balbesit en goeie aanvallers wel bevoordeel.

kolla ·

Hoekom moet hy onder die 3 bestes ter wereld wees, hy hoef net die beste in SA te wees, wat hy is. Baie Bokke is nie onder die top 3 in hul posisies ter wereld nie, moet hulle nou uitgelaat word? Bokke het die hele 4 Nasie reeks sonder Kolisi gespeel en minder balbesit gekry as hul teenstanders. Wat nou daarvan, useless Kwakkies?

Joke! ·

Hoekom moet hy onder die drie bestes van die wereld wees vra jy Kolla? Genade Kolla hoe dink jy? Wel eerder hoekom nie ?
Suid Afrika gaan oor n paar dae teen die wereld se bestes speel en 5de saamry wiel kolisi tel sekerlik nie eens naby aan die top tien beste spelers vir sy posisie nie meer nader aan die laagste swakste spanne se nr ses spelers soos Rusland,Uruguay, Japan ens! Wanneer die werfbokke teen die All blacks speel reken jy Kolisis is goed genoeg in jou oe waar hy nie eens in die wereld se top 3 gekies is deur jou nie so hoe werk jy uit hy is goed genoeg teen die All Blacks????
Maar soos dit mos nou maar wyd aanvaar word in Suid Afrika word spelers en baie werkers op grond van kleur gekies en nie meriete en kyk hoe werk dit uit vir Suid Afrika! Als een groot gemors waar ondankbare/onbevoegde werkers jou met n diens groet op dieselfde vlak as kwota kolosi se spel….power! Jy weet kolla daar is n gesegde wat my baie aan jou laat dink en ek wil vir jou graag laat weet wat die wereld se persepsie van jou is elke keer jy iets so dom se soos jy nou so pas gedoen het…Wel hier is dit…
“Better to Remain Silent and Be Thought a Fool than to Speak and Remove All Doubt”……

Willie ·

Boxer ek stem 100% saam met jou! Hul kaptein het skaars herstel na ñ besering toe is hy reeds gekies as kaptein ongeag of hy fiks is!
Verseker nie die beste nr6 nie, maar ons weet mos hoekom! Hoekom sal ek dan so span ondersteun?

Poot ·

Kolla. Gaan kyk die 95 WB as jy wil sien wat is werkverrigting en kapteinskap van Pienaar regdeur die reeks. Dan kom praat jy weer. Kolisi is n kalfie teen sy voorgangers.

Poot ·

Kolla. Gaan kyk die 95 WB dan sal jy werk verrigting en kapteinskap van Pienaar op nr 6 sien. Dan kom praat jy weer. In die finals het ons kaptein 100min deur gespeel in ekstra tyd. Kolisi is n kalfie teen sy voorgangers.

kolla ·

Pienaar was oukei maar geen spesiale speler nie. Nie eers een van die beter flanke wat vir die Bokke gespeel het nie. Sy regstreekse teenstander van die AB’s was ‘n beter speler en die AB’s kaptein (Sean Firzpatrick) was ook ‘n baie beter kaptein en ‘n wereldlegende.

Swartwolf ·

Dis die hele punt Poot. Kyk na ander spanne se kapteine, Hooper, Wyn-Jones, Read, Best, ens. Hulle is almal nie net leiers nie maar hulle vorm ook hul posisies om hul leierskap so hulle lei van voor af. Kwota maak geluide op tv en sing liedjies in die tonnel. Speel meeste wedstryde 50 min. Hoe vergelyk dit met ander wereld klas spelers en kapteine? Maak ‘n mens skaam in ‘n manier om te dink ‘n onwaardige leier trek daai trui aan.

Swartwolf ·

Die 4 nasie reeks is dalk in die toekoms sover ek weet het die bokke die “Rugby Championship” gewen sonder kwota onder die leierskap van Duane, definetief een van die top 3 in sy posisie in die wereld. Die hele rugby wereld respekteer hom agv sy leierskap en klipharde spel. Kwota is nie eers die beste in die SA nie maar hy is kaptein. Swak refleksie op SA rugby.

kolla ·

Hoeveel jaar was Vermeulen kaptein van die Stormers en hoeveel bekers is onder hom gewen (vra sommer dieselfde vragie van Pollard ook)? Dis debateerbaar of Vermeulen onder die top 3 in die wereld is maar Pollard is definitief nie. Kwakkies is nie eers die 50 ste beste flank in die wereld nie, pateties. Selfs ‘n half-fiks Kolisi is by verre die beste oopkantflank in SA.

Swartwolf ·

Help nie jy verwys na die WP of stormers nie maak nie saak wie daar kaptein is nie niks sal gewen word nie daar is geen wenkultuur daar nie dis ‘n spul verloorders. Wys my ‘n bok kaptein wat van wp afkom wat al iets in wereld rugby kon regkry behalwe Krige wat met ‘n rekord telling teen engelse verloor het en sy eie speler katswink geslaan het. Ha ha ha. Skandes.

Kallie ·

Watter ander top 8 rugbyland sal kolisie kies? Nie een nie. Selfs Japan sal hom nie kies nie.

Avokado ·

Tackle. Tackle. Tackle. Die bal sal los kom en dan ATTACK!ATTACK!ATTACK!

Swartwolf ·

Help nie Vermeulen word as kaptein gemeet aan sy WP rekord nie. Maak nie saak wie daar kaptein is nie hul sal bly verloor. Dis hoekom Vermeulen nou by die bulle is. Pienaar was deur die RWC maatskappy aangewys as KAPTEIN van hul “dream team of the RWC ’95” so enige iemand wat se Pienaar was nie die beste flank of leier in die toernooi nie weet niks van rugby nie. Pienaar is Saracens toe waar hy hulle help vestig het as ‘n wereld klas klub hulle is tot vandag toe een van die top drie klubs in Europa. Pienaar dien tot vandag op die direksie van Saracens. Pienaar het nooit snert OP TV gepraat of liedjies in die tonnel gesing nie nie. Kwota steek baie sleg af teen die duusman.

Swartwolf ·

Stem saam probleem is net as iemand wat nie veel van die spel of geskiedenis van die spel weet begin aanmerkings maak soos ” Pienaar was ok” wonder ‘n mens of die nar ouer as 10 is. En dan met daai gebrekkige kennis probeer om ‘n totaal onderpresteerder op te praat as die beste ding since wyn in foil sakke verkoop word is irriterend.

Poot ·

@kolla
Ou kolletjies…. as ons Pienaar in sy “prime” kon gaan haal en vandag teen die “waterdrear” sit te speel, het “waterdrear” nie eers 10min van die game gehaal nie. Om nieb eers te praat van Ruben Kruger of Mark Andrews in die trio nie. Neewat….. arme Kolisi.

Swartwolf ·

Poot jy is reg albei Pienaar en Kruger sou hom verpletter het. En albei het in die finaal die hele wedstryd plus ekstra tyd alles gegee en Pienaar het hom uitstekend van sy rol as leier gekwyt tot die einde. Hy het nie op 50 min bankie toe gegaan nie. Nee kyk dit gaan altyd beter as daar ‘n duusman in beheer is.

Ongelooflik ·

Kolla en Swartwolf

Julle albei is ongelooflik – die berig gaan oor opskietverdediging en julle ALTWEE draai ALWEER by julle vendetta oor Kolisi. Wens regtig dit kry nou einde.

Swartwolf ·

Gelukkig mag enige iemand comment oor enige iets solank Maroela dit vind in lyn met hul reels. Ou ongelooflik jy is welkom om te gesels oor opskietverdediging ek is seker jy is ‘n kenner. Dit sal, wel, ongelooflik wees. Ek sien ‘n hele paar ander minder ongelooflike makkers neem deel aan die boring onderwerp van kwota kaptein kolisi. Dis ongelooflik dat hul deelneem om die onderwerp te bespreek op ‘n opskietverdediging onderwerp blad!!!

Werner ·

Ek breek n lansie vir WP. Morne du Plessis het 13 van sy 15 toetse as Bokkaptein gewen.

Swartwolf ·

Stem saam, was kaptein lank voor die professionele era maar groot speler en leier, ook groot rol gespeel as bestuurder van 95 se wereld beker wenners.

Poot ·

@ongelooflik
Ek dink nie jy volg die ongelooflike idiotiese kommentare van ‘n sekere nar op al die rugby berigte nie. Maak nie saak wat die onderwerp is nie…. mens moet altyd hoor hoe fantasties kolisi is. Geen vendetta nie…. net gesonde verstand en rugby kennis. Dis al.

Frans C ·

Alles bly altyd dieselfde en tog nie. In my skooldae is die opskietverdediging beskou as die banggat verdediging.Jy is bang die ou klop jou dalk en dan gaan haal jy hom maar voor hy dit kan doen.

Mis regtig die dae toe agterlyne op die aanval diep gelê het en die bal op volspoed uitgegee is en die agterlyn beweeg het soos ‘n sweep wat slaan.Vandag val skrums aanhoudend want flanke hang soos vinke aan ‘n nes met koppe omhoog eerder as om hul
volle gewig agter die stutte in te gooi en die skrum te stabiliseer.

Dit is nou eenmaal so dat as jy jou kop oplig druk jy die groot are agter in jou nek toe en verhinder die bloed toevloei na jou brein en dit is dan mi ook die rede dat sommige ouens soos afkophoenders speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.