Bokke, opskietverdediging loop hand aan hand

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Rotsvaste verdediging was nog altyd een van Springbokrugby se hoekstene en dit kan in vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Japan weer die geval wees.

Hoe vreemd dit ook al mag klink, die Bokke vaar eintlik beter sonder die bal.

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, en die verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, werk al twee jaar daaraan om die Bokke se opskietverdediging onpriembaar te maak.

Opskietverdediging is niks nuuts nie; Jake White se Bokke het groot welslae daarmee behaal; van die oorsese spanne pas dit ook suksesvol toe en tensy spanne ʼn teenvoeter daarvoor vind, gaan hulle hul daarteen vasloop.

Shaun Edwards, afrigter van London Wasps, word as die vader van opskietverdediging beskou.

London Wasps was in 2003/’04 en weer in 2006/’07 die Heineken-beker-wenners. Edwards, wat rugbyliga gespeel het waar opskietverdediging dikwels gebruik word, was ook betrokke by Wallis in 2008 se Sesnasiesreeks toe die Rooi Drake net twee drieë in die reeks afgestaan het.

Dit is ʼn paar jaar na die agtergrond geskuif, maar nou het die Bokke dit weer byna vervolmaak.

Dit plaas die teenstanders onder soveel druk dat rugbybase dit oorweeg om ná die WB-toernooi ʼn demper daarop te plaas. Die ruimte van die aanvallende span word glo te vinnig beperk, hulle word agter die voordeellyn gewurg, hul besluitneming word te kwaai ingeperk, hul skoppe word afgestorm en dit kan tot onderskepdrieë lei.

Die All Blacks probeer juis ʼn teenvoeter daarvoor vind deur Richie Mo’unga bó Beauden Barrett, Wêreldrugby se Speler van die Jaar in 2016 en 2017, as losskakel te kies.

Maar hoekom wil jy jou beste speler uit posisie speel?

Toe die Bokke verlede Vrydag in ʼn opwarmwedstryd teen Japan gespeel het en met 41-7 gewen het, het hulle slegs 36% besit gehad.

Toe die Bokke die All Blacks verlede jaar in Wellington met 36-34 geklop het, het hulle ook baie minder besit gehad.

Toe die kragmeting vanjaar met 16 elk gelykop geëindig het, het die Bokke ook minder besit gehad, maar voortgegaan deur die Rugbykampioenskap te wen.

Toe die Bokke in 1995 die WB-toernooi gewen het, het hulle die beste van alle spanne verdedig en slegs 13 drieë in ses wedstryde gedruk.

As jy dus die vrugte van rotsvaste verdediging pluk, hoekom dit nie tot jou voordeel gebruik nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanL

Opskietverdediging is baie ouer as 2003/4. Ek en my sentermaat het in 1977 op skoolvlak besluit om by opponente uit te kom, voor hulle op spoed is, want hulle was groter as ons. Die eindresultaat was effektief opskietverdediging. Dit was net nie as span so ingeoefen of ingedril nie, maar ‘n besluit wat ons twee as spanmaats geneem het om ook net in sekere wedstryde te gebruik. Ek glo daar is vele ander spanne wat dit al lankal toegepas het. Vir Wereldbeker rugby om stappe te neem om dit te stop, sal dom wees. Die aanvallende span moet genoeg intelligensie… Lees meer »

kolla

Ek sou eerder bekommerd wees hoekom ons so min balbesit kry, ons voorspelers is dan veronderstel om “world beaters” te wees en behoort te oorheers. En dan skop ons natuurlik ook die bietjie besit wat ons wel kry, weg.

Swanna

Sit hierdie springbok span teen daardie Japan se span wat ons daardie dag geklop het dan gaan ons regtig sien of die bokke gaan perform. Sê weer die Japs wat in die wêreld beker gaan speel is nie die klomp wat ons nou gespeel het nie.

Boxer

Kolla ons kry so min bal besit want ons het nie ‘n nommer ses flank wat gekies om sy werk te doen (om te fetch) nie maar erder oor sy kwota kapteinskap.

Swartwolf

Jiembo of jingo ,’n volstruis druk sy kop in die sand en dink niemand sien hom nie. Dis 100% waar die kaptein is nie eers in die top 3 in sy posisie in die wereld nie asook glad nie ‘n wereld klas kaptein vergelykbaar met vorige wenners Smith of Pienaar nie. Kwota aanstelling deur die minister van sport en ja broer Rassie. Dis common knowledge dat Vermeulen en Pollard baie beter spelers en leiers is.