Bokke presies 2 jaar lank wêreldkampioen

Siya Kolisi en Rassie Erasmus. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Vandag, presies twee jaar gelede, het die Springbokke vir die derde keer in die geskiedenis die Webb Ellis-trofee omhoog gehou toe hulle Engeland met 32–12 in Japan geklop het.

Sedertdien het die wêreldwye Covid-19-pandemie die internasionale sportkalender deurmekaargekrap, maar die Suid-Afrikaners het intussen die reeks teen die Britse en Ierse Leeus gewen, terwyl hulle ook maklik met Georgië en Argentinië klaargespeel het.

Siya Kolisi se span het egter drie agtereenvolgende wedstryde in vanjaar se Rugbykampioenskap (teen Australië en Nieu-Seeland) verloor.

Hulle het egter met een van hul heldhaftigste vertonings vorendag gekom toe hulle die All Blacks met 31–29 in Queensland geklop het.

Maar ná die All Blacks se afgelope sege van 54–16 teen Wallis in Cardiff is die Nieu-Seelanders nou volgens die Internasionale Rugbyraad (IRR) se jongste ranglys weer die voorste rugbyspan ter wêreld.

Die Springbokke speel Saterdag om 19:30 teen die einste Rooi Drake.

  • IRR-ranglys (soos op 1 November 2021):
  1. Nieu-Seeland 91,36 punte
  2. Suid-Afrika 91,13 punte
  3. Australië 87,51 punte
  4. Engeland 85,44 punte
  5. Ierland 84,85 punte
  6. Frankryk 83,87 punte
  7. Skotland 82,02 punte
  8. Argentinië 80,69 punte
  9. Wallis 80,20 punte
  10. Japan 78,61 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AW ·

Dit is maar nou net realityd, Rugby spanne ry Wip Plank, en tereg so !

piet ·

Tyd vlieg, kan amper nie glo dat dit alweer 2 jaar terug is nie. Laat mens wonder oor die tipe lewe wat ons lei. ‘n Gejaag na wind, vir wat? Oukei, jy maak dalk geld maar as jy jou oe uitvee is jy stokoud en het die lewe basies by jou verbygegaan. Ek sou baie beter ingepas het by die leefstyl van 100+ jaar terug.

MakersMark ·

Hi piet great comment dink baie mense voel so. Uiteindelik word als wat mens hier bymekaarmaak vir ander gegee en mens spandeer al jou tyd op dit. Dan depart jy soos jy hier ingekom het…..kaal.

Harley Davidson ·

Tweede keer dat ek met jou saamstem ,ek glo ook sal beter gelewe het 100 jaar terug .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.