Bokke sal hul staal moet wys sonder Swys

Swys de Bruin. Foto: ANA.

Skaars ’n maand voordat die Springbokke hul eerste Wêreldbeker-wedstryd op 21 September teen die All Blacks in Yokohama speel, het hul aanvals-afrigter, Swys de Bruin, bedank.

De Bruin het die versoek weens “persoonlike en mediese redes” ingedien en het terselfdertyd die span sterkte toegewens met sy voorbereidingswerk vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi.

Die 59-jarige afrigter van die Lions se Superrugbyspan het gedurende die Johannesburgers se oorsese toer óók vroeg weens ’n spanningsverwante kwaal huiswaarts gekeer.

Hoewel sy bedanking die Springbokke se voorbereidingsperdekar ietwat omgooi, het Rassie Erasmus (hoofbreier) De Bruin vir sy bydrae geloof.

“Swys het ’n reusebydrae in sy tyd saam met die span gemaak en ek wil hom namens die span en bestuur bedank. Hy het ’n vars en unieke uitkyk op die spel en dit sal baie moeilik wees om hom te vervang,” het Erasmus gesê.

Hy het terselfdertyd ook die Lions bedank vir hul bereidwilligheid om De Bruin vir Bok-verpligtinge beskikbaar te stel, terwyl hy ook vir SA Rugby dankie gesê het vir hul ondersteuning met De Bruin se aanstelling as aanval-spesialis.

De Bruin was sedert die All Blacks-toets in Wellington nie meer by die span betrokke nie en volgens Erasmus sal hy ’n paar afrigters as geskikte plaasvervanger oorweeg.

Hy het bygevoeg dat hoewel De Bruin se bedanking onverwags is, dit nie die span se voorbereiding sal kortwiek nie.

  • Die Springbokspan vir die naweek se Argentynse toets op Loftus Versfeld word later vandag aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Vraagteken ·

Ek is jammer, maar sy persoonlikheid hoort nie in hierdie game nie. Hoe kan jy ‘n span los net voor ‘n wêreldbeker en verder, hulle ritme omgooi? Hy het dieselfde gedoen met die Leeus… As ek ‘n hoof van ‘n unie was dan sou ek nie na hom gekyk het as ‘n oplossing nie.

Louis ·

Nog altyd gesê Swys is “overrated” Kon lank genoeg met Ackers se kalwers ploeg om nog `n mate van sukses te kon hê, maar toe Ackers se invloed verdwyn het is die resultate saam weg. Swys het verseker nie `n afrigters agyergrond om mee te brag nie. Sy enigste “claim to fame” is 2 Vodacomcup finals in `99 en`00. Ook maar gesukkel by die Sharks se Akademie .

Gerrit ·

Ek dink Swys het werklik n stres en senuwee probleem. Dit moet baie erg wees vir n persoon wat in sy loopbaan aan sulke stres blootgestel word en dan nie die vermoë het om dit te kan hanteer nie. Dink hy gaan binnekort uit alle afrigting tree en eerder familie tyd sy prioriteit maak. Voorspoed met jou toekoms Swys!

Piet Papier ·

Ja Weer Gatiep van waar die gehasie smaak my Ou Kolla gee jou glad sooibrand en nagmerries ma anyway ek like die eindproduk

Avokado ·

Sterkte ou grote! Rugby is gewis armer sonder jou. Rus behoorlik en word gou gesond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.