Bokke se beseerdes nog onseker

Bryan Habana

Bryan Habana

Daar is nog geen uitsluitsel oor die twee SA spelers waaroor kommer bestaan vir Saterdag se toets teen die All Blacks nie.

Die yster-agsteman Duane Vermeulen, só word geglo, kan dalk Saterdag fiks wees om teen die All Blacks te speel, en die vleuel Bryan Habana se simptome van harsingskudding sal onderworpe wees aan die gewone protokol wat ná kopbeserings gevolg word.

“Duane het sleg geval en sy ribbes beseer,” het die Bokke se spandokter, Craig Roberts, Dinsdag gesê, maar bygevoeg dat Vermeulen deur die week goed bestuur sal word.

“Hy kon Saterdag weens die ongemak nie aanhou speel nie en is daarom vervang. Hy regeer goed op behandeling.”

Oor Habana sê Roberts dat hy deur die wedstryddokter fiks verklaar is toe hy die veld ná 27 minute ná ʼn stamp teen die kop verlaat het. “Hy het egter met rustyd tekens van harsingskudding getoon, en ons het toe besluit om hom permanent met JP Pietersen te vervang.

“Bryan sal die gewone stapsgewyse protokol moet ondergaan voordat ons hom vir die toets kan oorweeg.”

Die Springbokspan vir die toets sal Woensdag bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.