Bokke se toetsvelde vir aanstaande jaar bevestig

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Maandag die Springbokke se toetsvelde vir aanstaande jaar bevestig.

Omrede die verkorte Rugbykampioenskap (RK) en afgestelde Junie-toere vanweë die Wêreldbeker-toernooi (WB) in Japan, speel die Bokke net twee keer tuis.

Hulle meet op 20 Julie op Ellispark teen Australië in die RK kragte, en speel op 17 Augustus op Loftus Versfeld, Pretoria, teen Argentinië in ’n toets wat nie deel van die kampioenskap uitmaak nie.

Die Bokke se WB-groep sal ná die Loftus-toets aangekondig word.

Die RK-toets teen Nieu-Seeland is vir 27 Julie in Wellington bepaal, en die Poemas word op 10 Augustus in Argentinië aangedurf. Die veld moet nog bevestig word.

In die groepfase sien die Bokke se WB-program só daar uit:

Saterdag 21 September – Nieu-Seeland in Jokohama
Saterdag 28 September – Namibië in Toyota
Vrydag 4 Oktober – Italië in Shizuoka
Dinsdag 8 Oktober – Kanada in Kobe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anton X ·

Ek se ons wen 2 uit die 4. Namibie is ‘n gegewe. Italie en Kanada behoort ook te wees, maar Kanada doen partykeer die onmoontlike. En moenie vergeet die bokke het al teen Japan verloor. EN, moet net nie vir Italie afskryf nie. Ek sal se, verloor, wen, wen, verloor.
Dis my voorspelling.

Johan ·

Hoekom word stede se name soos Toyota en Yokohama se “y” met ‘n J vervang en Shizuoka word Sjisoeoka gespel? Het die name probeer in tik op google maps.

Veritas ·

Ja Johan ek verstaan dit ook nie. Van wanneer af is die verandering in spelling, van eiename, ‘n spelreël. George bly George en Koos bly Koos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.