Bokke skaaf min, Wallabies verras

Dillyn Leyds – begin in die toetsspan (Foto GB Jordaan)

Een ding is seker, daar is nie paniek in die Springbokkamp nadat hulle met 57-0 deur die All Blacks verneder is nie.

En as hulle so goed speel soos wat die Bok-afrigter, Allister Coetzee, sê hulle oefen, behoort daar geen probleme te wees om Saterdag in Bloemfontein die Wallabies se tjank af te trap in dié toets in die Rugbykampioenskap nie.

Soos algemeen voorspel is, is daar net vier veranderinge aan die groep van 23 wat onder die All Blacks deurgeloop het.

Dillyn Leyds kry sy eerste kans in die opdrafspan in Raymond Rhule se plek, Ross Cronjé keer ná sy maagaandoening terug in Francois Hougaard se plek,  Francois Louw vervang Jean Luc du Preez as flank en op die bank skuif Chiliboy Ralepelle, wat laas in Junie 2013 in ʼn toets gespeel het, op in die plek van Bongi Mbonambi.

“Francois het vandeesweek gewys dat hy baie goed op dreef is en hy bring baie ervaring na die span toe,” het Coetzee gesê oor Louw, wat vir Bath in Engeland speel en reeds in 52 toetse uitgedraf het.

Volgens Coetzee sal Du Preez van die bank af ʼn groot impak kan maak.

Coetzee het gesê dis die regte tyd om Leyds kans te gee, want hy het in die Curriebekerreeks uitgeblink.

En dan ʼn opmerking wat die hare laat rys: “Raymond (Rhule) bly deel van ons planne en sluit hom weer aanstaande week voor die toets teen die All Blacks bly ons aan.”

Volgens Coetzee het al drie skrumskakels, Cronje, Rudy Paige en die nuweling, Louis Schreuder, baie skerp in oefeninge vertoon.

Maar onthou, geen druk … geen foute nie.

Coetzee het bygevoeg dat daar verwag kan word dat die Bokke baie op hul vertoning teen die All Blacks sal verbeter.

“Ons oefeninge het goed verloop en die spelers wil die kans aangryp om op hul vorige vertoning te verbeter.”

Springbokspan (toetse en punte tussen hakies):
15. Andries Coetzee (7 toetse, 0 punte)
14. Dillyn Leyds (3, 0)
13. Jesse Kriel (23, 30)
12. Jan Serfontein (33, 20)
11. Courtnall Skosan (7, 5)
10. Elton Jantjies (18, 179)
9. Ross Cronje (4, 5)
8. Uzair Cassiem (5, 5)
7. Francois Louw (52, 40)
5. Franco Mostert (13, 0)
4. Eben Etzebeth (kaptein, 61, 15)
3. Ruan Dreyer (2, 0)
2. Malcolm Marx (9, 10)
1. Beast Mtawarira (94, 10).

Bank:
16. Chiliboy Ralepelle (22, 5)
17. Steven Kitshoff (17, 0)
18. Trevor Nyakane (32, 5)
19. Pieter-Steph du Toit (27, 20)
20. Jean-Luc du Preez (8, 5)
21. Rudy Paige (10, 5)
22. Handré Pollard (21, 88)
23. Damian de Allende (25, 15).

♦  Die Wallaby-keurders het die gewese ligarugby-speler, Marika Koroibote (vleuel), die jong slot Izack Rodda (2,02 m en 118 kg) en die onbeproefde flank Jack Dempsey gekies.

Koroibote, wat vir Fidji se rugbyligaspan gespeel het, se beste tyd oor die 100 meter is 10,75 sek, maar hy is bietjie aan die kleinerige kant. Hy het verlede jaar sy buiging vir die Wallabies gemaak

Nog ʼn groentjie, Lukhai Tui, is op die bank ingesluit, wat eers later beklink sal word.

Wallabies –
15. Israel Folau, 14. Marika Koroibete, 13. Tevita Kuridrani, 12. Kurtley Beale, 11. Reece Hodge, 10. Bernard Foley, 9. Will Genia, 8. Sean McMahon, 7. Michael Hooper (kaptein), 6. Jack Dempsey, 5. Adam Coleman, 4. Izack Rodda, 3. Sekope Kepu, 2. Tatafu Polota-Nau, 1. Scott Sio. Bank (uit): Stephen Moore, Tom Robertson, Allan Alaalatoa, Rob Simmons, Ned Hanigan, Lukhan Tui, Nick Phipps, Samu Kerevi, Henry Speight.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Callie ·

Dit sal nooit ophou nie. Du Preez moet plek maak vir Louw. Cassiem gaan net aanhou speel. Magtig du Preez of Siya op agtsteman. Louw moet daar wees. Dan gaan Louw afgehaal word vir du Preez anders is kwotas nie reg. Dit is pateties maar waar. Britse leeus wil hul toer verkort. Kwotas is in beheer van rugby, nammer

Proefvlug ·

Goeie woordkeuse AC … “die Bokke baie op hul vertoning teen die All Blacks sal verbeter” … hulle kan nie slegter vaar nie of hoe?

Wat Rhule aanbetref, wees tog eerlik met die speler – hy het nie die mas opgekom nie, verdediging is ‘n swak aspek in sy mondering – Superugby ingesluit – Hopelik kom die woorde volgende week van AC “Lleyds het ‘n goeie vertoning gelewer en verdien ‘n kans teen AB’s”…

Anders gaan die manne in swart net weereens baie spel in sy ( Rhule se ) rigting stuur, want effektiewelik is daar ‘n verdediger kort aan daai (Rhule se) kant van die veld… hy le nog op die grond nadat hy druk opgesit het by die afskop en maklik geklop is… lol…

Ironies genoeg wil jy nie afskop in ‘n wedstryd nie, want voor die afskop is daar punte teen jou aangeteken… logieka of hoe…

Ben Spreeth ·

Die verhouding wit/spelers van kleur 9/6, elke keer soos Coetzee vir jare by WP?Stormers gekies het en soos nog by WP/ Stormers gedoen word.

Callie ·

Hoekom die stormers nooit Superreeks kon wen nie en bokke al hoe verder agteruit gaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.