Bokke skuif op na derde plek op wêreldranglys

Van sewende na derde plek op Wêreldrugby se ranglys!

Dit is wat die Springbokke se oorwinnings teen Engeland die afgelope twee Saterdae (in die stadium nog nie-amptelik) tot gevolg gehad het.

Saterdag, nadat Ierland teen die Wallabies gewen het, moes die Bokke met Engeland afreken om by Skotland, Wallis, Engeland en Australië verby te skuif boontoe.

Selfs al klop Wallis Saterdagaand die Poemas in Argentinië en Skotland vir die VSA, sal dit nie hulle huidige posisie verskans nie omdat die oorwinnings teen spanne sal wees wat heelwat onder hulle op die puntelys is.

Die amptelike punte en plekke op die ranglys volgens die ietwat ingewikkelde formule sal Maandag eers bekend wees, maar die Bokke is nou derde ná Ierland, wat hulle tweede plek behou het deur die Wallabies Saterdagoggend SA tyd te klop, en Nieu-Seeland wat los voor in die eerste plek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

rollie ·

AC het verlede jaar sy eerste drie toetse gewen….ons hou asem op. Die groot toets is wanneer ons begin weg speel, dis wanneer die gemiddeldes van die bestes geskei word. Tyd sal leer.

Frans C ·

Die Engelse het weereens soos ‘n veldbrand begin en was gou voor,maar het voorlangs uit stoom en planne geraak.So wat nou van die Bokke? Hulle het presies gedoen wat Skotland,Ierland en Frankryk en toe die Barbarians voor hul gedoen het,nl Engeland pak gegee.

Wat moet ‘n mens nou wys word? Voorlangs met Vermuelen terug lyk dinge stukke beter.Die problem is,daar is nie nog ‘n vermuelen op die horizon nie.Die man wat die rol vir die Bokke kon vervul het speel vir Ierland.

Faf de Klerk speel soos hy vir die Lions gespeel het,terwyl Le Roux tekens van die ou Le Roux toon.Pollard vertoon agter ‘n wenpak ook stukke .Die vraag is wat gaan gebeur as hul teen ‘n pak speel,wat nie soos die Engelse verwelk nie?

Agterlangs niks om oor opgewonde te raak nie.Senters kom nie die mas op nie en kop omlaag gaan geen resultate op lewer nie.Niks meer as ‘n belowende begin nie.

Johan ·

Kom ons wag en kyk eers totdat die Junie toetse klaar is. Volgende naweek wen ander spanne dalk en ons lê dan weer 5de of iets! Dont jump the gun!

Niklaas ·

Dis nou gaaf om te skuif na nr 3. Maar laat ons maar wag tot na na die All blacks en Wallabies teen Bokke kragte gemeet het. Ons het in elk geval netnet gewen in die eerste toets al het die vleuels passela drieë gedruk en vrot verdedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.