Bokke skuif Wallis uit vierde plek op ranglys

Die Springbokspan buig Vrydag na ‘n wedstryd teen Japan by die Kumagaya-stadion. Suid-Afrika is nou vierde op die ranglys. (Foto: Shuji Kajiyama/AP)

Die een week op en die volgende week af.

Dít is die klimtolspeletjie wat Wêreldrugby met sy ranglys speel.

Die All Blacks was voor die naweek se laaste reeks Wêreldbeker-opwarmwedstryde nog eerste op die ranglys. Nadat die Kiwi’s Tonga Saterdagoggend in Hamilton met 92-7 oorrompel het, sou ʼn mens verwag het dat hulle in die boonste plek sou bly.

Maar nee, Ierland, wat Wallis in Dublin met 17-10 geklop het, het bó die All Blacks ingeskuif.

Die ranglys is Maandag die laaste keer voor die WB-toernooi aangepas en sal vir die volgende twee weke so bly.

Daar was darem ook goeie nuus vir die Bokke, wat Japan met 41-7 in Koemagajoe geklop het.

Die Bokke het bó Wallis tot die vierde plek opgeskuif, met Ierland, Nieu-Seeland en Engeland bó die Bokke.

Die Bokke, wat saam met die All Blacks (tweede), Italië (14de), Kanada (22ste) en Namibië (23ste) in Groep B van die WB meeding, het hul basis na Kagoesjima in die suidweste van Japan verskuif waar hulle die volgende paar dae gaan vertoef en oefen.

Ranglys (met vorige posisie tussen hakies): 1. Ierland (2), 2. Nieu-Seeland (1), 3. Engeland (3), 4. Suid-Afrika (5), 5. Wallis (4), 6 Australië (6), 7. Skotland (7), 8. Frankryk (8), 9. Fidji (9), 10. Japan (10), 11. Argentinië (11), 12. Georgië (12), 13. VSA (14), 14. Italië (13).*

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Swanna ·

Rang lys beteken niks as jy nie die wêreld beker in palm nie kan jy netsowel op die laaste of laagste van die lys wees punt.

Nico K ·

Baie mense het kritiek op die ranglys, en natuurlik is hy nie 100% reg nie, want nie alle spanne speel ewe veel teen alle ander spanne nie, maar die beginsels werk wiskundig. Die feit dat spanne se posisies so baie beweeg, is bloot omdat hulle baie naby aanmekaar is, en een wedstryd kan ‘n groot skommeling veroorsaak. Natuurlik kry Ierland meer punte vir sy wen teen Wallis (redelik hoog op die ranglys), as wat NZ kan kry omdat hy vir Tonga, (baie laag op die ranglys) gewen het, en daarom het hy verby geskuif.

JohanL ·

Stem saam met alles. En as ek mag byvoeg, die ranglys waar die top 4 of 5 spanne so naby aanmekaar is, bevestig dan juis die algemene ondersteuner se gevoel dat die gaping tussen die All Blacks en die ander spanne in die onlangse verlede gekrimp het en nie meer so groot is nie (alhoewel die AB’s steeds as die topspan gereken word).

Stephen ·

Ek lees elders dat daar al weer gekrap word met verdere transformasie vereistes in SA Rugby. Blykbaar nog te veel blankes.
Nee wat. Siek vir die Politiek. My steun aan die All Blacks vir die beker.

Conrad ·

Mens kan nie veel lees in IRB ranglys. Argentinie sal 9 uit 10 keer vir Japan en Fiji wen.
Hulle sal Skotland en Frankryk ook 7 uit 10 keer wen.

Ware Buffel ·

Stephen, die Kiwis het ook kwotas. Net n speler met Maori-bloed mag die haka lei. Spelers wat uit die Suidsee gekoop word, vat n ander kiwi se werk.

Pietsnot ·

Die AllBlacks het ook kwotas. Net n speler met Maori-bloed (behalwe die kaptein) mag die haka lei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.