Bokke steeds die topwêreldspan

Damian de Allende. Foto: Adrian Dennis/AFP.

Ondanks vyf nederlae in hul 13 wedstryde in 2021, is die Springbokke volgens Wêreldrugby se ranglys steeds die voorste span op die internasionale verhoog.

Die Suid-Afrikaners het vanjaar met die Britse en Ierse Leeus afgereken, terwyl hulle ook met ’n heldhaftige vertoning teen die All Blacks in hul laaste Rugbykampioenskap-wedstryd vorendag gekom het.

Siya Kolisi en Kie kon egter nie hul jaar op ’n wennoot afsluit nie toe hulle Saterdag teen Engeland op Twickenham verloor het.

Hoewel daar ’n somber atmosfeer in die Bokke se kleedkamer ná die Rose-wedstryd geheers het, meen Damian de Allende dat die span steeds op baie dinge trots kan wees.

“As span moes ons ’n hele paar uitdagings oorkom, maar ons kan met ons koppe omhoog terugkyk op die jaar en trots wees op die herinneringe,” het De Allende gesê.

Die Munster-senter het ’n barshou op Twickenham gespeel en hy was goed op die aanval én op verdediging.

“Ons is op die regte pad. Ons besluitneming word al hoe beter en hopelik kan ons volgende jaar hierop voortbou. Die wyse waarop ons in moeilike tye saamgestaan het, wys dat ons ook vir mekaar speel.”

Die Springbokke het agt van hul 13 wedstryde in 2021 gewen. Hulle het terselfdertyd 334 punte aangeteken en 224 afgestaan.

Hulle speel in Julie 2022 drie toetse teen Wallis in Suid-Afrika.

Punteleer:

  1. Suid-Afrika 90,61 punte
  2. Nieu-Seeland 88,75 punte
  3. Engeland 87,83 punte
  4. Ierland 86,30 punte
  5. Frankryk 85,53 punte
  6. Australië 83,92 punte
  7. Skotland 83,05 punte
  8. Wallis 81,56 punte
  9. Argentinië 80,81 punte
  10. Japan 78,26 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SjN ·

So Kolosi hulle is trots om 61,5% te kry , dit is darem dubbel die slaagstandaard van 30% wat tans deur die kaders gestel word.

Politikus ·

Darem beter as die All Blacks wat 33% wenrekord op hul Europese toer kan wys?!

Politikus ·

Sou jou antwoord dieselfde gewees het as iemand anders die Springbokkaptein was?

johan ·

Jy is heeltemal reg. Daai punte stelsel is ‘n klug. Ware ranglys meer soos: Frankryk, Ierland, Engeland, Bokke, All Blacks, Wallis, Australie, Skotland, Argentinie en Italia

Francios ·

Die top 8 spanne is verseker meer kompeterend hierdie jaar.
Die plek op die ranglys bly egter steeds niksseggend wanneer die wêreldbeker gespeel word

JohanR ·

Daar is nie meer swak rugby spanne in die wereld. Die dag as jy 70-12 oor ‘n span kon loop is verby. Ons vergeet dat Saterdag se wedstryd het met een punt verskil, en kon een of ander kant toe gegaan het. Dit het toe in die Engelse guns geswaai met EEN PUNT!.Asseblief tog net nie weer Herschel Jantjies in 2022. Hy is iets maar ‘n skrumskakel is hy nie!

Dup ·

Die Engelse,Skotte,Walliese en Ierse spanne speel baie slimmer as SA spanne.Ons agterlyn is Saterdag stukkend gehardloop en van die oormag in die skrums het nie veel gekom nie.SA was gelukkig om net met ñ punt te verloor;dit kon veel erger gewees het.

Niklaas ·

Herschel en ou Willie. Twee manne wat ek nie sal mis as hul uittree uit rugby nie. Beide was baie goeie spelers op ‘n tyd , maar toe verlep hulle. Pollard is nie nie ver agter hulle nie.

Josua ·

Ek twyfel baie sterk of ons besluitneming so goed is alles behalwe, ons het die wedstryd teen onsself verloor agv swag besluite. Pollard het goed geskop maar waarom wil jy pale toe gaan as jy op die voorvoet voorlangs is soms moet jy ook die kantlyn opsoek want in alby gevalle is dit altyd n 50/ 50 besluit en hierdie keer waar ons die kantlyn moes gaan opsoek het was die besluit 3 punte wat ons beslis die wedstryd gekos het, ja Engeland het die verdedeging gebreek en mooi driee gedruk maar ons was beslis die beste voor en agter en moes die wedstryd so gelees het. Ons sou ver gewen het sou ons eerder die lynstaan en rolmaal beweging oorweeg het en eerder vir driee gegaan het, as jy op die agtervoet is verstaan ek dit, ons het wel voute gemaak op verdedigging en ons kon baie vinnig terug geslaan het met rolmaal beweging dan was Engeland gesink, vekeerde besluite het hulle voor gehou nie ons wat swak was nie gaan kyk maar weer die wedstryd dit sal my stelling net bevestig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.