Bokke steeds op hul kreeftegang

Soos in die eerste toets teen die Poemas was daar Saterdag weer nie vir André Esterhuyzen deurkomkans nie. (Foto: GB Jordaan)

Dit help nie om doekies om te draai nie, Springbokrugby is steeds in die maalgat van agteruitgang.

Dit het die Argentynse Poemas Saterdagaand in Mendoza weer onderstreep toe hulle die Springbokke in die Rugbykampioenskap met 32-19 geklop het nadat hulle met rustyd met 27-7 voor was.

Dit was so goed soos om die horlosie na 2015 en 2016 terug te draai toe die Poemas hul eerste twee oorwinnings oor die Bokke behaal het.

Dieselfde foute, dieselfde powere verdediging, dieselfde swak besluitneming, wilde aangeë, dieselfde gebrek aan speldissipline, en dieselfde uitslag.

Ai, en om te dink daar word gesê dat ons die All Blacks kan aandurf.

Kom ons kyk na die statistieke: die Bokke het 630 meter met die bal gevorder teenoor 380, hulle het 161 keer die bal gedra teenoor die Poemas se 90, het net 74 keer verdedig teenoor die Poemas se 149, maar hulle het steeds vier drieë teenoor drie afgestaan en wéér verloor.

Waar is die verdedigingspatroon waarvan daar soveel gewag gemaak is?

Waar is die spelskeppende vermoë van ʼn binnesenter? Hoekom word daar nie pale toe geskop nie as daar nie een nie, maar drie lynstane verloor word?

Is die Poemas werklik ʼn krag in wêreldrugby, of is Springbokrugby steeds op sy kreeftegang?

Ja, dis nie die einde van die wêreld nie. Die groter prentjie is aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan. Maar wat van momentum en kontinuïteit?

Nee, dis maar weer terug tekenbord toe, want die gladde piesangskil waaroor daar gewaarsku is, het toe ʼn werklikheid geword.

Puntemakers ‒
Argentinië: (27) 32:
Drieë: Bautista Delguy (2), Nicolás Sánchez, Ramiro Moyano. Doelskoppe: Sánchez (3). Strafdoel: Sánchez. Skepdoel: Sánchez.
Suid-Afrika: (7) 19: Drieë: Siya Kolisi, Lionel Mapoe (2). Doelskoppe: Handré Pollard (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

JC ·

Nie snaaks nie. Daar is goeie spelers in die span, maar die beter spelers word nie gekies nie. Word wakker Rassie.

Yankee ·

Rassie moet gehoor gee!! Of anders word SA rugby deur die ANC verban om ooit weer te speel. Onthou nou, wie is baas, en julle ouens is Klaas.

Seeklong ·

Rassie MAG NIE die beste spelers kies nie, die politiek laat hom dit NIE TOE NIE.

Rupert Ashford ·

Maak vrede daarmee. SA Rugby is getransformeer en sal van nou af rondom nommer 5 op die ranglys rondhang wanneer dit goed gaan. 3de of 4de in vanjaar se Rugbykampioenskap?

Dewet Greyling ·

Dat die deursneë Rugby-ondersteuner vrede gemaak het met ‘n ‘kwota-span’(wat internasionaal wil probeer meeding!?), word duidelik gewys met die voete wat wegbly van die rugby-stadions! Enigste logiese stap wat oorbly, is om hulle nou amptelik die Proteas te noem, want Sprinbokke is hulle(baie ongelukkig), lankal nie meer nie!???

kolle ·

Maar ons jaag ‘n beter coach, wat net 3 toetse vir die hele jaar verloor het, weg soos ‘n hond….

Wesley ·

Uiters swak. Rassie kan nie heeltyd die blaam vat in die perskonferensie na die tyd nie. Tyd dat spelers die verantwoordelikheid vat. Jaag hul vir fiksheid of iets, as hul wil soos skoolseuns speel, dan hanteer hul so. Begin sommer by jou kaptein, dan by no. 10, om by 15 en so by 3 en 4. Swakste vertoning deur daai spelers ooit, en dan gepaard met die hele klomp van hul.

bokkie ·

DIE vleuls was uit possisie en dis waar meeste driee gedruk was. nr10 en 15 moes elke keer help verdedig het so dalk het jy n ander wedstryd gekyk.

·

Bokkapater wat nou my mater?
Aanvaar nou maar die arme bokkie moet af! Ons sal nooit weer Springbok rugby sien soos ons hom gesien het in die jare toe die spelers trots was om SPRINGBOK RUGBY te speel! Ons is nêrens in wereld rugby nie en gaan ook nêrens kom nie!
Vervang maar die Bok met n kondoom want dit is waarheen hulle met die bok se naam gaan!

Snowball ·

@Nè, 100%….Springbokke is hulle nie meer nie, getransformeer van wêrekdklas tot onnoemenswaardig…Van ‘Icon’ tot Aikôna!

Ruben ·

Rassie het baie kanse gehad om vir herold vorster m kans te gee wat n ware spel skepper is op binne senter…watse boodsksp stuur hy uit met sy uiters swak senter paar wat hy speel…faf kan dalk een briljante ding doen maar gooi weer n paar driee weg per game..hy is nie die antwoord op skrumskakel..so ook louw en whiteley…swak toets spelers…jyt twee weke om die ding te draai rassie…anders is die stadions nog leer as wat dit was op kingspark as julle terugkom..

jan botha ·

Dis die einde van springbok rugby .Ek onder steen van nou af die alblacks want die span word op meriete gekies .

Veritas ·

Die kans dat die Bokke alvier wedstryde, wat voorlê, gaan verloor, word by die dag beter. SARU gaan nie lank tevrede wees met Rassie se afrigting nie en ek blameer hulle nie. Hulle het agteroor gebuig om hom tegemoet te kom maar die resultate bly dieselfde.

bollie ·

Presies. Hulle het ‘n moewiese fout gemaak met sy aanstelling en hom hopeloos te veel mag gegee. As hy vantevore die Bokke afgerig het en suksesvol was, was dit dalk ‘n ander storie maar hy het hom nog nie eers op toetsvlak bewys nie. Nou gaan dit te moeilik wees om van hom ontslae te raak.

Gertryda ·

Eskom het nie eens nodig om krag af te sit nie
Dis nag in die Bokkamp

Paul ·

Dit was nie Eskom se skuld nie, die manne met die steenkooltrokke het nie opgedaag nie.

Joshua ·

SA Super14 spanne moet in Europa gaan speel want daar is meer as 300 SA spelers vir jare en word meer elke jaar wat ons Bok afrigter en keurders miskyk . Dit beteken dat al ons top spanne en spelers onder een sambreel kompeteer wat die Bokke se afrigter en keurders met meer spankeuses laat. Die All Blacks word nog altyd gevoed deur Samoa, Tonga en Fidji en dit sal nooit ophou nie-ons spanne moet Super14 los en in Europa gaan speel. Dan eers gaan ons amok maak.

Riaan ·

Die useless bokkies het mos verlede naweek mos al die wereld beker gewen soos hulle ondersteuners aan gegaan het.
Klaar die All Blacks ook gewen voor die wedstryde, net soos die flou bulle wat ook klaar die Curry beker gewen het.

Gemaskerde Sopbeen ·

Kom nou, people….moenie so wees nie. Ek sit gereeld ‘n geldjie op die bokke se teenstanders, en ek’s op ‘n “winning streak”………..en nou wil julle hê hulle moet beter speel? Moenie laf wees nie…..In die vorige wêreldbeker was die “odds” op ‘n stadium 300:1. As ek toe R500 op Japan gesit het…….??

Spikkels ·

Ek weet ne ?? Dis beter om op hulle te dobbel as om die lotto te speel haha

pb ·

geen clue wat gistraand verkeerd was nie? niks kon regloop nie! 10 se rugby is af..9 was average. senters kom nie die mas op nie en lostrio kombinasie is verkeerd. Niks fout met Rassie nie. Ons het net nie die spelers nie. Maak vrede daarmee. SA RUGBY het agter geraak itv aanval..verdediging.. patrone en back up planne. Ons het talle besit weg geskop op n aand waar ons dit voor moes gehou het.
Daar is n oplossing!!
1. Skop sanzar en speel noordelike halfrond
2. speel all blacks soos in ou dae 1x in 3jaar
3. maak currybeker jou top reeks
4. gaan soek dieper na spelers…waar is francois venter en bodybuilder senterkie vd Leeus? ons mis vir marcelle op flank en vermeulen op 8. ons vleuels is klein…ons kort ten minste 1 grote in die agter driehoek… ai bokke…my hart breek

What a joke! ·

Puppet Rassie is dan die een wat die spelers kies en plaas en jy se daar is niks fout met hom nie????askuus???Maar dis reg boys hou so aan met jul kwotas en nie meriete gekiesde spelers nie….mooi man mooi…

@pb ·

Nog n ding is dit nie juis die puppet Raassie die afrigter se werk om die spelers op hoogte te hou en af te rig met nuwe spelpatrone nie en die beste speler vir die posisies te kies nie?????
Waarvan praat jy pb? Rassie word dan GROOOOOT geld betaal ….goeie genade

Philip ·

Daarom ondersteun ek die All Blacks al sedert 2009 en hulle bly my span. Selfs die AB afrigter het al gesê hy is bly hy is nie die bokke se afrigter nie want hy wil sy eie keuses maak van spelers en nie voorgeskryf word oor hoeveel van die en hoeveel van daai nie. RIP Bokke!

Bul ·

Ongelukkig is Springbok rugby vir ewig geknou deur kwotas en politiek Daar is nie ‘n kultuur wat hoe prestasie aanmoedig nie. Hemel weet dan is daar nog die arrogansie om te dink hulle kan die All Blacks, wat ‘n trots, wen kultuur en massiewe span etiek het , “aanvat”…… hulle sal nog wakker word in die middel van ‘n nagmerrie toets wanneer die All Black 60 punte op die spulletjie sit….

LHS ·

Veritas jy verstaan duidelik nie die opset dat Rassie juis deur SARU ingebring is om die BEE beginsels te bespoedig en te voltooi nie, absoluut niks met wen te doen nie. Die man is stil stil ingebring sonder dat daardie pos ooit geadverteer is as direkteur van rugby en daarna kies hy homself as afrigter, wie sit langs hom as sogenaamde verdedigingsafrigter, n persoon uit die O.P. wat gehelp het om Kings rugby finaall te verwoes. Ons gaan in hierdie reeks as ons ontsettend gelukkig is presies twee wedstryde wen. Tweet dit ook sommer vir Trump.

Bul ·

Rassie het nou ‘n “Stick” vir sy eie agterwereld gepluk. Agterlyn uiters vrot op verdediging.

Henk ·

Kom ons begin by die begin , ons het nie n agterlyn afrigter nie. Twee, waarom kies Erasmus spelers soos Malherbe , Flou Louw, en GEEN “back up” losskakel nie? Daar is geen baljagters onder die losvoorspelers nie. Erasmus se strooi storie oor n groter prentjie naamlik die wereldbeker is pateties. Hoeveel toetse is daar oor voor die wereldbeker? Die laaste vyf in die laaste twee maande het duidelik gewys daar is geen kompas in die afrigting korps nie.

Afrikaan ·

Ek was ‘n groot ondersteuner maar gisteraand se vertoning het my genees van SA rugby (sal dit nie Springbok rugby noem nie). Die span is duidelik swak afgerig en Erasmus is toe nie die strateeg en spelskepperwat ons voor gehoop het nie. Maar as jy vir Stick as agterspeler afrigter het en vleulels bly kies wat hoploos is op verdediging …. Dan sit ons nog met ‘n groep spelers (almal van hulle!) wat oorbetaal word en geen respek vir die trui het nie. Natuurlik speel die ANC en kaders ‘n kardinale rol om ons spelers (en ondersteuners) se moraal af te breek, maar hel man, mens het mos nog darem jou trots!!

Arie ·

Ja wat nie nodig om langer geld te mors op supersport nie, die anc het rugby gebreek met hulle rassisme

Herman Goosen ·

Lekker!!! Polities korrektheid kan nie meeding in wereld kompetisie nie. Transformasie in SA sport wys duidelik sy “ware kleure”. As jy die beste in die wereld wil wees, moet jy die beste bestuur, beste afrigting en beste spelers kombineer.
Help nie jy het die beste spelers of beste afrigter wat politiese spelpatrone moet volg nie. Ek kan nie ophou om my verbasing te toon dat Rassie die pos aanvaar het ten spite van die feit dat hy al voorheen met die walglike SA sport kommitees te doene gehad het nie. Hy was waarskynlik ‘n gooeie klompie geld aangebied. Ek hoop so vir sy part want Springbok afrigting is ‘n loopbaan doodloopstraat.

Boland ·

Ek was n groot sportliefhebber maar kyk geen rugby of krieket meer nie.Ek stem wel dat springbok van trui af moet kom.My vraag is waar is al die getransformeerde ondersteuners.

sopbeen ·

Ai
Pumas het gewys wat goeie agterlyn bewegings kan doen.
Weereens breek agterlyn in die voorspelers in- hoe voorspelbaar v Bokke rugby.
Waar is ons agterlyn – en is daar rerig n agterlyn coach daar wat weet wat hy doen?
lang ball passes – rerig – soveel aanslane agv die tipe v pass en dan moet jou vleuel in elkegeval die bal staande ontvang, en raak asseblief onstlae v voor en los voorspelers in die agterlyn – julle breek momentum.
dan leer om te duik – miskien moet julle stoei klasse gaan neem in die voor seisoen want julle kan nie duik nie – klein geheimpie leer die “magic” van “center of gravity” vat lag en die o-ponent gaan val.
dan n taktiese skoppie kan n goeie ding wees op die regte plek en tyd maar nie in die lug op sodat daar n skoon vang gemaak kan word nie
my laaste comment is die voorspelers het hardgewerk maar die agterlyn verbrou dit met hulle tipe spel en ook dan die inmenging vd voorspelers in die agter lyn – leer om nie te bondel en speel wyd.

Jean, Australia ·

Ja ou bollie ,rollie wesley henry en lerato….mooi man wat jul getransformeerde en gemanipuleerde spannetjie vermag ne,vanaf jul kwota regulasies ingestel is het Suid Afrika se rugby heetemal agteruit beweeg,kwaliteit spelers en afrigters het die land verlaat en nou sit jul met wat jul opgedis het….een groot lagwekkende bespotting!,,,….Goeie werk in die agterlyn met jou non existent afrigting ou Stick, ,mooi man mooi dis duidelik te siene wat iemand van jou kaliber vir die agterlyn beteken……….,.,,,,.Die All blacks wat wel op meriete gekies is en afgerig word gaan jul nog beter wys hoe rugby gespeel word en jul nog seerder maak as die ou poematjies…as ek jul is begin erg te worry…Die All blacks kom!!!

Buffel ·

Ja Toetie het ‘n groot rol gespeel om Bok rugby verder in die modder te rol. Waar is ou skool afrigters, mense soos Jake White, Nick Mallet etc. O ja hulle is te wit, sal nie die ANC se kwota sisteem ondersteun nie en ook nie soos Rassie na SA Rugby se pype dans nie. Bok rugby is verlore. Laat die legendes eerder legendes bly. Toe die bokke respek afgedwing het. Skraap die “Springbok”, trui en embleem, noem hul iets anders, kry ‘n bond trui. Enige iets behalwe die Groen en Goud. Vandag is hulle net “target practice” vir beter spanne.

Callie ·

In vorige kommentaar gese ek sal verskoning vra oor kwotas as die sa span tweede eindig in die kompetisie. Die blinde sambok klap aanmekaar. Hoe het Rassie se integriteit nie gedaal nie. Hy gee verdekering daar is geen kwotas. Ou Rassie, daar is ook geen oorwinnings. Die wat alles vir geld doen, dit gaan jou inhaal

Buffel ·

100% waar Callie goed gese. Rassie lieg oop en bloot. Altwee sy vleuels en sy kaptein is kwota spelers. Vanaf die Engelse toets het die agterlyn gewys hulle verdediging patroon val heeltemal uitmekaar uit veral tussen buite sender en vleuels wanneer die vleuels inkom om te probeer onderskep onder druk. En maak die kaptein regtig ‘n impak- as speler of kaptein ??

Gerhard Bezuidenhout ·

En Ruan Combrinck word steeds nie oorweeg nie.

Johann ·

Gerhard Ruan is beter as Dyanti – Bollie, jy praat bollie!!

Conrad ·

Esegiël 34:4
Julle het nie die swak skape en bokke gehelp om weer sterk te word nie, julle het nie die siek skape en bokke gedokter nie, julle het nie die skape en bokke wat seergekry het, se seerplekke toegedraai nie, julle het nie die skape en bokke wat verdwaal het, teruggebring nie, julle het nie die skape en bokke wat weggeraak het, gesoek nie. Nee, julle het hard en wreed oor hulle regeer.

Buffel ·

Conrad ons sal veral die siek bokke baie gou wil gesond kry….. En die verdwaaldes soos Kholisi en Pollard weer op die reg te pad wil kry….. die All Black wag……soos ‘n brullende Leeu loop hy rond en wag om bokke te verskeur….

Conrad ·

Buffel, een van die faktore wat ‘n groot rol in onderprestasie speel is wanneer ‘n opponent onderskat word. Die Argentyne is ‘n goeie span. Onderskat en oorskat loop hand aan hand. Gister is dit bevestig.

Ruben ·

Ek weet nie wat kla almal so nie…ons is nog steeds die beste in Afrika

Swartwolf ·

1996 was SA sokker beste in Afrika, 16 de in die wereld. Vandag 18 de in Afrika en 81 ste op die wereld ranglys. 100 % transformation suksesvol bereik. Dis die toekoms vir ons rugby ook.

Snowball ·

Hemele weet Ruben, dis dalk ook in die weegskaal, Namibië is ook in Afrika…

Ampie ·

Ek is laas jaar ‘n besluit geneem om nooit weer enige kwota span te ondersteun nie. Dis bevrydend en lekker om vir die opposisie te skree. Dit sluit rugby, krieket en enige ander kwota sport in. Koebaai SA sport.

Snowball ·

Nee wat, dié een gaan sit soos iets in ‘n wolkombers..

RATEL ·

Springbok kyk nou Links….Nie meer Regs. Glad nie n groot Rassie fan, maar dat hy sy salaris met sekere kondisies ontvang is verseker. Transformasie getalle is geen geheim. Kom gladnie op vir Rassie, maar verbeel ek my of is meneere Stick en Proudfout wat deel van Toetie se flop was weer ani stuur van ons spelers??? Indien wel het Rassie en Toetie mos maar net geswop. Bokke is Swak afgerig punt. Kombinasies en spankeuses baie swak. Ons wil vir Flou en WilNie le Roux WB toe neem, maar in realiteit daag hul net op een uit elke 10 wedstryde. Whiteley boks bo sy gewig. Am en makazola kort nog baie werk. Hartseer om te sien hoe goedkoop die springbok wat links kyk trui geraak het. Stadions leeg, curriebeker afgewaterde spanne, Krokke nr 7 in wereld. Alles wat HULLE aan vat verander in ……..

bollie ·

Ratel – So met dieselfde afrigtingspan (eintlik nog swakker want Rassie kon ‘n paar van sy eie manne inbring) en dieselfde kondisies rondom transformasie het Alistair Coetzee slegs 3 toetse die hele jaar verloor maar is weggejaag. So wie’s die beter afrigter nou?

Rooikop ·

Patetiese rugby ………………. All Blacks gaan ons verwoes …………….100 – 10

Ruan ·

Ek voel n faktor wat ook bydrae lewer tot die patetiese spel van ons rugby is die feit dat ongeag hoe die spelers se vertoning op die veld is, kry hulle nogsteeds hulle betaling. Sodra hulle salarisse gaan begin gepaard gaan aan wen en vertonginsprestasie glo ek sal n mens n bietjie n verskil sien, maar SA rugby is soos die Titanic wat alreeds die ysberg getref het en verby red is.

Erick ·

Selfs die beste afrigter in die wereld sal hierdie patetiese kwota span kan afrig nie. Ek stel glad nie meer in hulle belang nie.

Stier ·

bollie is jy nie dalk Toetie of dalk familie van hom nie? Dis al rede hoekom iemand so baie bollie praat en dit probeer verkoop om die swakste afrigter in die geskiedenis van Bok rugby aan te praat. Hy was pateties. Selfs die Prooovince wil hom nie terughe nie. Dalk moet hy Snorre gaan join in Zim dis nou ‘n coaching dream team…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.