Bokke teen Iere: dit gaan om meer as wen

Saterdag se toets tussen die Springbokke en Ierland in die Aviva-stadion in Dublin gaan om veel meer as net om te wen.

Daar is die algemene bitterheid dwarsdeur Ierse rugby omdat Suid-Afrika na Wêreldrugby se keuringsproses aangewys is as die aanbevole land om die 2023 Wêreldbekertoernooi aan te bied.

Daar is ook die wankelrige bene waarop Allister Coetzee staan ten opsigte van sy pos as hoofafrigter. Vyf wenne uit nege wedstryde vanjaar, vier uit 12 verlede jaar. Net 42,8%.

Voeg daarby die geloof by die spanlede dat hulle na vanjaar se aansienlik beter maar steeds middelmatige vertoningslys Suid-Afrikaanse rugby omgekeer het. Hulle wil dit bewys.

Dit behoort ʼn taai stryd te wees. Die Iere, sonder ʼn paar voorste spelers, was in 2016 ongelukkig om die reeks 1-2 in Suid-Afrika te verloor. Hulle het nietemin hulle eerste toets nóg teen die Springbokke in Suid-Afrika gewen.

Saterdag, presies ʼn jaar en ses dae gelede, het hulle ook die heel eerste keer in kragmetings tussen die twee spanne met die All Blacks in Chicago afgereken.

Die Iere is meer ervare as die Bokke, het ʼn beter gebalanseerde span met die voorspelers wat hulle man teen die bestes kan staan en ʼn agterlyn wat gevaarlik is met die bal in die hand.

Hulle het een van die wêreld se beste skrumskakels in Conor Murray, met sy taktiese skopwerk en goeie afwisseling seker sy sterkte punte; in Jonny Sexton ʼn man wat deur baie as die nommer een ter wêreld beskou word; Ierland het vier uit die laaste ses tuistoetse teen die Springbokke gewen en ses van die 11 sedert die begin van hierdie eeu.

Hulle afrigter Joe Schmidt het die spelers aan sy kant want hulle wen; die Bokke glo hulle kan wen maar hulle en Coetzee weet die druk is op hulle omdat daar steeds bedenkinge oor die span se vermoëns bestaan. En druk is ʼn moeilike ding …

Voorlangs sal die Bokke hulle man staan en moontlik selfs effens beter as die Iere vaar; agter die skrum is dit ʼn ander storie.

Kyk maar Saterdag hoe Murray van agter die losskrums die bal op ʼn tiekie neersit om die agterste driehoek van Suid-Afrika te beproef; en hoe hulle groot senters wat albei meer as 100 kg weeg, die ervare Robbie Henshaw en die nuweling Bundee Aki wat van die Chiefs in Nieu-Seeland afkomstig is, keer op keer gaan probeer om die middelveld van Suid-Afrika te deurpriem waar Jan Serfontein se verdediging gemis sal word.

Of hulle dit gaan regkry, sal gesien moet word. Dit gaan egter keer soos min kos en Sexton, wat van vlak speel hou, sal boonop Elton Jantjies op die verdediging laat bontstaan.

Dit kan ʼn riller wees, met die Iere die gunstelinge.

♦  Alles hierbo is egter bespiegeling. Die realiteit is more en dit begin om 19:30 SA tyd.

Ierland
15 Rob Kearney, 14 Andrew Conway, 13 Robbie Henshaw, 12 Bundee Aki, 11 Jacob Stockdale, 10 Johnny Sexton, 9 Conor Murray, 8 CJ Stander, 7 Sean O’Brien, 6 Peter O’Mahony, 5 Devin Toner, 4 Iain Henderson, 3 Tadhg Furlong, 2 Rory Best (kaptein), 1 Cian Healy. Bank: 16 Rob Herring, 17 Dave Kilcoyne, 18 John Ryan, 19 James Ryan, 20 Rhys Ruddock, 21 Kieran Marmion, 22 Joey Carbery, 23 Darren Sweetnam.

Suid-Afrika: 15 Andries Coetzee, 14 Dillyn Leyds, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Francois Louw, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi, 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth (kaptein), 3 Coenie Oosthuizen, 2 Malcolm Marx, 1 Beast Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Wilco Louw, 19 Franco Mostert, 20 Uzair Cassiem, 21 Rudy Paige, 22 Handré Pollard, 23 Francois Venter.

Skeidsregter: Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland)
Assistent-skeidsregters: Wayne Barnes (Engeland), Ian Davies (Wallis)
Televisieskeidsregter: David Grashoff (Engeland)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

willie ·

Ek stem vir elke speler wat daar is op meriete! Wat die wedstryd aanbetref mag die beste span wen!

Veritas ·

Ek sal nie sovêr gaan om te sê dat ek wens die Springbokke verloor nie maar ek hoop wel dat die Iere wen.

Johanna Botha ·

Baie skerp Veritas ek dink baie voel soos jy gegewe die hele situasie in SA …veral misdaad en dan wil ons n wereld beker hier hou. Al wat die sokker ons in 2010 mee gelaat het is tolhekke .. waar is die beloofde groot beleggings van oorsee …gone ja gone like a scone!

Kat ·

Ek hoop IERLAND wen die bod.Dit hoort nie hier nie.Ek hoop ook die onbevoegde Coetzee kom vandag agter wat se reuse flater hy begaan het on Allelende en Paige in die span te sit.Dit gaan ons duur te staan kom en hy.gaan homself weereens daaruit probeer praat.Die weer of iets dergeliks die skuld gee.

Barnard ·

Ja dit gaan oor meer as wen.Dit gaan oor wie die swakste afrigter het.Daardie deel sal ons wen.

Frederik ·

Indien ons die bod wen gaan ek voor die stadia betoog met plakkate van ons vermoorde boere

Veritas ·

Frederik, ek dink jy het iets beet. Ons kan die situasie goed uitbuit deur demonstrasies te hou by alle wedstryde. Iets soortgelyks aan wat die Britte met ons gemaak het tydens die betogertoere. Ons kan byvoorbeeld plakkate, met wit kruise, op alle moontlike plekke aanbring en plakkers op ons voertuie. So’n goedgeorganiseerde veldtog, kan dalk net die wêreld se oë oopmaak. Ek sien Peter Hain se oë het darem uiteidelik oopgegaan, al sal hy nooit erken dat die Boere reg was nie.

Martie. ·

Veritas, ek hoop die moorde is daardie tyd tot n einde en dat jy nie meer nodig sal he om te betoog nie!…As dit nie is nie, hoop ek dat ek nie meer op hierdie aarde sal wees nie!!!

HENNIE NEUHOFF ·

Ek is werklik verheug om te sien daar is meer mense wat soos ek voel! Ek pleit al geruime tyd dat ons die 70-80 se oorsese maniere uithaal om die wêreld se oë op ons te kry. Ek het al sover gegaan en op web-bladsye te vra dat die WB asb nie aan SA toegeken word nie. Vir hulle gesê as hulle dit aan SA toeken moet hulle terselfdertyd vir mense wat hierheen kom sê om net eenrigting kaartjies te koop, hul kans om lewendig hier uit te kom is gering.

Gerbrandt ·

Alister bewys hy hoort nie daar nie.bewys my verkeerd.ek kry die bokke jammer en die ondersteuners.

Chrisjan ·

En daar doen die Iere wat ek graag wou gehad het: gee die Steenbokkies ‘n loesing soos min om met 38-3 te wen.Dankie Ierland!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.