Bokke ‘vaar goed’ teen fisieke Tonga

André Esterhuizen het ’n sterk vertoning gelewer. (Foto: Christophe Simon/AFP)

Die wedstryd teen Tonga het die Springbokke fisiek getoets, maar Jacques Nienaber is trots op die manier waarop die span Sondag hul mededingers van die doellyn af gehou het.

Die Bokke het sewe drieë gedruk teen oor Tonga se drie om ʼn finale telling van 49 – 18 in die Bokke se guns aan te teken.

“Wat verdediging betref, is ek baie trots,” het die Bok-breier na afloop van die wedstryd gesê. “Die belangrikste vir ons was om die wedstryd te wen, en dan die bonuspunte te kry. Ons kon dit reeds vroeg in die tweede helfte regkry, toe jaag ons punte soveel ons kon.”

Hy sê die Springbokke het goed gedoen wat verdediging betref, teen ʼn span wat al beter word namate die Wêreldbekertoernooi vorder. “Ek dink die ouens het fisiek baie goed gevaar.”

Ook vir Siya Kolisi, wat sy 50ste wedstryd as Bok-kaptein Sondag gespeel het, was die fisieke aspek van die wedstryd al waaraan hy gedink het.

Handrè Pollard teken punte aan teen Tonga. (Springboks/Facebook)

“Hulle was taai. Ons het geweet hulle gaan hard op ons afkom en hulle het nooit opgehou nie. Ek wil ons manne gelukwens dat hulle so goed by die plan kon hou. Ons het die bonuspunt gekry en soveel moontlik punte bymekaargemaak,” het Kolisi gesê.

Oor Makazole Mapimpi se wangbesering het Nienaber gesê die vleuel sal Maandag vir skanderings gaan om die erns van die besering te bepaal.

Die Bokke sal eers na afloop van die wedstryd tussen Ierland en Skotland Saterdag weet of hulle deurdring na die kwarteindstryd. Die Springbokke is tans eerste in groep B, met 15 punte.

“Soos dinge nou staan, sal Suid-Afrika, Ierland of Skotland uitval. Maar al drie staan nog ʼn kans,” het Nienaber gesê. Sou Suid-Afrika na die volgende ronde deurdring, sal hulle die naweek van die 14de en 15de Oktober weer speel.

“Hierdie is nie onbekende waters vir ons nie. In 2019 was dit ʼn soortgelyke situasie, toe ons ʼn twee weke blaaskans tussen wedstryde gehad het. Ons sal die spelers twee of drie dae weg van die veld af gee, sodat hulle sielkundig ook kan rus. Dan sal ons begin werk aan die dinge waarop ons kan verbeter om te verseker ons bly in die kompetisie tot die einde toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Peter ·

Pollard het goed pale toe geskop en het nie baie geroes gelyk nie – en ek is bly vir hom want daar was groot druk op hom. MAAR. Hy is nie in dieselfde klas as Libbok met die spel lees, visie, skeppings vermoe, aangee en baie akkurate lynskoppe nie. Met Pollard, is ons agterlyn impotent. Hylle sal hom op binnesenter moet speel (en moet skip pass). Jammer vir ons huidige nommer 12’s.

kragaap ·

Snert. Pollard se posisionele skopwerk, verdediging, kalmte en natuurlik betroubaarheid as hy vir punte geskop het was merkwaardig. Hy gooi nie die bal die heeltyd rond nie maar wag vir die regte oomblik en geleentheid. Hy is een van die bestes in die wêreld. Die tipe speler wat gedy onder druk. Moodie en Esterhuizen was briljant, op aanval en verdediging. Veral Moodie se verdediging was uitstekend.

Peter ·

Pollard wag vir oomblikke wat nooit kom nie, soos hy gister gewys het. Libbok maak oomblikke en dit is die verskil wat jy nodig het. Hy kan verdeding ontsluit waar Pollard eerder doelloos sal skop of die bal teen ‘n stut se skouer gooi. Pollard hardloop in mure vas. Libbok maak gate vir die ouens langs hom.

kragaap ·

Libbok is ‘n risiko hy is nie “consistent” nie, met aanval verdediging of skopwerk. Ervaring, kalmte en weet wanneer om wat te doen is 2 de natuur by Pollard.

Mnr De Beer ·

Ek wil amper se dat Pollard (met sy moewiese afwesigheid) het vir Manie (wat al maande speel) gaan wys hoe om rugby te speel in die wedstryd teen Tonga. Ek mag oordryf met kompliment om te se Manie is club of n klein dorp rugby op sy beste.

piet ·

Pollard se natuur is om besit weg te skop en stampkarrugby te speel.

Mnr De Beer ·

Jy kan vir Manie op die strand sit en vra skop die bal in die see en hy sal dit mis ook nog.

piet ·

Ek sal hom na RWB op heelagter probeer en Willemse op senter. Manie is in ‘n ander klas soos jy se en te goed om uitgelaat te word

kragaap ·

Goed met wat of moet dit nog uitgedink word ? Verdediging, posisionele skopwerk en skop vir punte was uiters swak die hele toernooi. Al noemenswaardige ding was die kruis skop in die Skotland wedstryd.

Andrew ·

As Libbok dan so goed die spel lees en skeppings vermoe het hoekom kla almal oor Bokke se swak afronding. Die volgende wedstryde gaan Libbok deur die groot senters getyster word so sal sien hoe sy 75% “tackle success” teen die bestes vaar. Die ander sou sien wat teen Ierland gebeur het .

B-Man ·

In hierdie drie dae, hou net vir RG weg van die vuur af, asseblief!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.