Bokke verloor, maar wys wéér All Blacks hou nie van druk nie

Siya Kolisi het weer as baldraer uitgeblink en ondermeer ook Damian de Allende se drie aangevoer. Hier bars hy deur Ben Smith en Kieran Read se verdediging. (Foto GB Jordaan).

Ai, toetsrugby kan darem maar wreed wees!

Net soos die All Blacks drie weke gelede moontlik verdien het om te wen en teen die einde van oorwinning deur goeie verdediging weerhou is, só het die Springbokke Saterdag op Loftus in die laaste vyf minute 14 punte afgestaan en die wedstryd teen Nieu-Seeland met 30-32 verloor.

Wat die All Blacks en hul afrigtingspersoneel egter nou deeglik sal besef, is dat hulle geglo het hulle is onoorwinlik, dat hul patroon werk, maar dat dit nie vanselfsprekend op wen sal uitloop nie. Hulle het, weer, onder druk swaar getrek.

Wat die Bokke sal glo, is dat hulle  besig is om nog te ontwikkel. Die All Blacks sal wonder hoe ver dít kan vorder.

Dit was toetsrugby op sy beste. Dit was kliphard voor, daar was ʼn paar opflikkeringe waar die twee spanne probeer hardloop het, en daar is goeie drieë ná fasespel en deur die agterspelers gedruk.

Maar eintlik het hierdie toets oor heerskappy voorlangs en veldposisie gegaan, en dáár was die Bokke bobaas.

Malcom Marx, die speler van die wedstryd, was onverbeterlik goed in die algemene spel en met die verkryging van omkeerbesit; Willie le Roux het in die lug sekerlik sy beste wedstryd nóg vir die Bokke in sy 50ste toets gespeel; Faf de Klerk se lugskoppe was in die kol en sy algemene spel goed, was dit nie vir die weggooi van ʼn man-oor drie kort voor die einde met ʼn wilde aangee oor die kantlyn wat die uitslag sou verseël het nie.

Só kan ʼn mens aangaan. Almal het gedoen wat hulle moes.

En wen of te nie, die All Blacks se voorgenome “wraakstryd” ná hul neerlaag drie weke gelede het eintlik geboemerang. Hulle het wel gewen, maar besef nou waarskynlik hulle kan, ondanks die naelskraapse oorwinning, wél geklop word.

Hulle is om besit ore aangesit, is in foute ingedwing en hul  ritme is versteur. Die selfvertroue van die wêreld se rugby-oorheersers is verbreek, en dit was eers hier teen die einde dat hulle die agterstand op die telbord, en ook met die hoeveelheid besit- en gebiedsoorheersing, verbreek het om deur te skuur.

Bostaande is seker geen troos vir Suid-Afrikaanse ondersteuners nie, maar Steve Hansen-hulle sal na die amperse tweede skok ongetwyfeld noukeurig kyk na die tekenbord wanneer hulle weer saamtrek.

Rustyd was die All Blacks, teen die verloop, met 6-elk gelykop met die Bokke, en vyf minute voor die einde was hulle nog met 18-30 agter.

Dit is egter daardie vermoë van die Nieu-Seelanders om iets uit niks te maak nie waarvoor die All Blacks se teenstanders steeds lugtig moet bly.

Puntemakers ‒

Suid-Afrika (6) 30: Drieë: Jesse Kriel, Damien de Allende, Cheslin Kolbe. Doelskoppe: Handré Pollard (3). Strafdoele: Pollard (3).
Nieu-Seeland (6) 32: Drieë: Aaron Smith, Rieko Ioane, Scott Barrett, Ardie Savea. Doelskoppe: Richie Mo’unga (3). Strafdoele: Beauden Barrett (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Swartwolf ·

Dis nie toetsrugby wat so wreed is nie dis hoe kwotas ‘n wedstryd weggooi. Kholisi swak leier onder druk. Gee 2 strafskoppe weg. Laaste 10 min Kolbe 2 keer uit posisie twee AB driee. Op 65 min toe kwota subs opkom is dit cheers met die game. Sien dit tog net vir wat dit is.

Stefan ·

NIKS sal jou seker tevrede stel nie? Die span het 1000 keer verbeter teenoor vorige jare

Wollie ·

Hy is reg.. alles was reg tot hulle opgekom het.. baie later as gewoontlik ook, armer afrigter kon nie dit langer uitstel nie

Swartwolf2 ·

Stem 100% saam Swartwolf , die “impak”Kwota spelers het die deur oopgemaak vir AB toe hulle die veld opdraf , RE Moët Sy kop in skaamte laat sak , Sies !!!

Joe ·

Hulle hou nie van druk nie…. Waar dink jy sal ‘n span meer druk kan ervaar as gister, en wen???!!!

Wesley ·

Dit was sover ons beste vertoning in jare. Alhoewel die telbord anders vertel. Eks nie eers kwaad nie. Ons is versekerlik na twee sulke vertonings eintlik tweede die wereld. In 6 jaar was die ABs nie so hard gedruk 2 wedstryde in n ry nie. As ons so speel kan ons versekerlik ons koppe omhoog hou. Toets rugby is maar wreed

Jacques ·

Met die spel wat hulle nou sè , is daar vir die eerste keer in jare hoop om dalk weer die beker huis toe te bring volgende jaar , ja paar besluite het nie die gewenste uitwerking gehad nie maar hulle sal wel werk aan die pla

Veritas ·

Waarvoor al die plaasvervangers Rassie? Al wat jy daarmee reggekry het, was om die Bokke se ritme te versteur. Ek hoop jy is mans genoeg om te erken dat jy die oorsaak was van hierdie gemors. Die Bokke was in beheer totdat jy met die sinnelose vervangings, alles ongedaan gemaak het.

Wessie ·

Jy is 100% reg met jou waarneming.
Rassie is te blameer hiervoor!!!

Koos1 ·

Stem 100% saam. Die wedstryd is in die laaste 10 verloor deur SA. Die plaasvervangers (let wel, ek gebruik nie die term “inpak spelers” nie) was nie op standaard nie.

Swartwolf ·

Die subs was gedoen for kwota redes. SARU dwing Rassie om gemiddeld 45% kwotas op die veld te he. Hy was agter op 65 m oor omdat die begin 15 minder kwotas ingehad het. Glo my allies gaan oor kwotas.

SjN ·

En die speler van die wetstryd word vervang om aan beeee te voldoen, kry vir julle

Johann ·

Wat n KLUG! Wie se vir Rassie voor in sy gehoor stuk oor wie op die veld MOET? SHAME ON YOU RASSIE!!!!!!!! Patetiese besluite!!!!!!!

Sparks ·

Mooi Bokke ons trots op jul .Jul kan wereld beker wen kies net die regte spelers.

Sparks ·

Mooi Bokke jul kan Wereld beker wen. Kies net die regte spelers.

Swartwolf ·

@Stefan: gaan nie oor my tevredenheid nie Stefaans gaan oor dit sien vir wat dit is. Tevrede met ‘n span wat ‘n wedstryd so vinnig wegsmyt ? dan verwag ons nie eintlik veel van hulle nie. Dis nie ‘n skole span nie dis die nasionale span – professionele atlete wat miljoene betaal word om te presteer.

wolla ·

Hierdie twee wedstryde teen die All Blacks het weer baie moed gegee. Ons kan nog verbeter.

Rynoster ·

Ek stem 100% saam Swartwolf. As ek so lees dan lyk dit vir my ons het baie tevrede geraak om internasionale games net net te verloor. Ek sal dit NOOIT aanvaar nie.

wolla ·

Afrigters se obsessie met plaasvervangers kos spanne seges.

Alwyn ·

Rassie het wel ongelukkig sy ingespeelde spelers vervang met die wat nie die ritme en tempo van die spel kon voortsit nie. In sport is verloor n verloor en slegs vir die wenners was dit n goeie wedstryd.

Wesley ·

Mense mense. So negatief.? N klug versekerlik nie. Daar is vir eens meer antwoorde pleks van kop verloor met geen rigting voorentoe. Ja eind van die jaar toer wag nog en sal baie meer ook daar wys. Rassie het gese ons bou uit die gemors uit en dit nou gewys. Hy sal hieruit moet leer en kom ons sien maar hoe hy reageer. As dit nog n Toetie is dan sal dit wys eind van die jaar. Skrumskakel is n bekommernis. Ons kan nie Faf in die grond inspeel nie. 400 minute voluit sonder rus. Mense wat dit verwag ken nie rugby nie. Papier is nie die antwoord nie. Dit nie sy skuld nie want dit n span poging maar sy instelling op verdediging wys daar leemte. Kolbe was uitstekend, die 100plus Naholo het geen impak gehad nie en was gekelder deur n man helfte sy grootte. Sommer ook afgehaal vroeg 2de helfte. Kolisi was daar en toe nie. Kriel was weer krap skuins en wanneer hy reguit maak wys hy wat hy kan doen, alhoewel net een keer heel wedstryd. Flo het maar weer niks impak gemaak nie en Marx moes weer instaan. Vermeulen sal terug verwelkom word met ope arms. Dit was lekker rugby want die keer was niks op n skinkbord gegee soos laas nie. Ons het elke punt op daai telbord gemaak gebeur, meer as wat ek kan se van die laaste JARE teen die ABs. Positief sal ons bly met harde woorde waar dit hoort.

Danie ·

Noem dit Rassie se breindood oomblik. Toe hy wedstrydwenners vervang met kwota spelers. En so sal dit aanhou. Internasionale wedstryde word net gewen met jou beste spelers op die veld. Tensy dit arrogansie was om te dink jy het gewen voor die eindfluitjie blaas.

LHS ·

Uiteindelik kom ons by die kern van die verloor. Hoekom spelers vervang as jy besig is om te wen, veral teen groot spanne of het Erasmus gedink hulle het klaar gewen op daardie stadium. Tweede rede hoekom die bokke relatief goed gespeel het, die meeste spelers kan op meriete in die beginspan wees. Nie te veel kwotas gewees nie. Kolbe is te klein en te lig, fantastiese speler, groot hart maar te lig. Kolise het weer gewys hy is nie n kaptein nie, anders spelers doen die dink en praatwerk op die veld, dan soek ons steeds n fetcher, huidiglik is dit basies net Marx wat daardie rol ook moet vertolk. Francois Louw hoort nie in die span nie, doen absoluut niks. Dan sal Erasmus indringend na sommige plaasvervangers moet kyk, daar is baie ander en beter spelers wat nie daar is.

pb ·

knap gedaan Bokke. 10 Min se foute het jul gekelder. Te veel subs opgestuur teen die einde…Willie en Fav kon maar enduit gespeel het…diè Bokke gee my moed

Van ·

Jy slaan die spyker ops sy kop. Dit en ‘n oormoedigheid wat hulle laat dink het hul het gewen voor die eindfluitie geblaas het. Mens hou daai All Blacks onderdruk, indien nie is dit wat gebeur. Nietemin het ek baie hoop vir SA rugby selfs die gekleurde/swart spelers kom nou sterk deur!

Blackies ·

Sorry, waar was ons heelagter die laaste 6 minute, klink vir my soos n Willim storie. nie ‘n verloor omdat ons swak is nie. Is daar dan net een heelagter in SA wat Willie kan vervang vir ???????. Was dit nie ook ons vorige verloor se probleem toe die heelagter verander is nie, va maar net.

wolla ·

Ons is aan die slaap gevang met die laaste strafskop, jy moet hul losskakel krediet gee vir uitstekende visie. Maar jy’s reg, manne uit posisie. Rassie bring ‘n losskakel op as heelagter en speel ‘n heelagter op vleuel… verder vervang hy gevestigde spelers vyf minute voor die einde, vir wat? Rassie het ‘n groot aandeel in die verloor.

wolla ·

Dit kan gebeur as jy spelers uit posisie kies. Rassie se skuld.

Pottie ·

Kritiek is al wat mens laat groei. Die feit dat daar reserwes is beteken nie hul MOET gebruik word nie. Hoe haal mens vir faf, marx en flo af in n game teen die all blacks?

wolla ·

Marx en Faf is 5 minute voor die einde vervang. Rassie het duidelik gedink die wedstryd is reeds gewen. Hy moet blaam dra vir die swak oordeel.

Waarheid ·

Jip toe die subs opkom toe is dit verby.
Wat n disaster Rassie.Sal jy so n besluit in n wereldbeker eindstryd maak – want dan hoef ons nie eers deel te neem nie.

Ruiter in Swart ·

Baie trots op my AB Span! Welgedaan! Die AB’s is ‘n gerespekteerde & waardige span wat ‘n ewe gerespekteerde & waardige LAND verteenwoordig!! Mag die AB’s net van krag tot krag gaan!!

Bossie ·

Liewe genade tog!!!! Hierdie uitstekende span het 80 minute harde rugby gespeel. Dié beste wedstryd wat in jare gespeel is. Ek is 100% seker die Wêreldbeker wink. Rassie het die Bokspan uit die modder gelig. Hy is hoegenaamd nie foutloos nie en het uitstekend gevorder tot nou toe. Gee hom die eer daarvoor. Jul spul “uitstekende kenners” maak mens regtig siek. Waarom is ons land daarmee heen? A.g.v. onsself! Hoor net hoe klink julle. Ek skaam my dood. Rassie, dankie aan jou en die Bokke! Uitstekende wedstryd teenoor wat ons aan gewoond was die afgelope paar jaar. Dankie vir jul harde werk. Die meeste Suid-Afrikaners waardeer dit. Wou rugby vaarwel toeroep tot so maand gelede. Ek is kinderlik opgewonde vir wat jul nog gaan oplewer. Ek het gister op ‘n kol sommer hartseer geraak. Die feit dat jul so met jul hele hart gespeel het is so prysenswaardig. Te oordeel aan die uiters moeilike omstandighede in ons land het jul uitstekend gevaar. Al die ondersteuners wat skouer aan skouer ondersteun het was so indrukwekkend. Geen haat, geen baklei. En dan besef mens ons het ‘n pragtige land, ons kan enige iets bereik indien ons net wil. “Saamstaan” het so ‘n goue woord geword. Dankie Bokke vir jul saamstaan gister. Julle was “great” en dit was werklik ‘n baie goeie wedstryd wat so lekker was om te kyk. Julle is oppad, byt vas!

Anti Jantjies ·

Ai reserwes, reserwes en dan JANTJIES.
Goeie game totdat hy opgekom het?
Hy het nie ń clue nie, Bafana Bafana het ń doel skopper nodig.
Goeie game Bokke. Julle ysters

wolla ·

Vreemde seisoen, daar heers ‘n mate van optimisme alhoewel ons slegs 5 uit 10 wedstryde gewen het. Teen hierdie tyd sou ander afrigters al afgeslag gewees het. Kom ons veronderstel nou ons verloor meer wedstryde op toer as wat ons wen, dan is onder 50% vir die jaar. Interessante situasie.

Bossie ·

Niemand het gesê daar mag nie kritiek gelewer word teen die Bokke se spel nie. Niemand het gesê hul mag nie wen nie. Niemand smeer enige iets toe nie. Natuurlik wil hul altyd wen en hul weet waar hul foute gemaak het. Ons is ook geregtig om hul daarop te wys, jy is heeltemal reg Swartwolf. Hul streef egter ook na verbetering en sukses. Ek dink nie hul jubel vanoggend oor hul foute nie. Laat opvoeding tog ook net so bietjie deurskemer wanneer kritiek gelewer word. Kritiek is altyd goed indien dit opbouend is en met respek gelewer word. Die ongemanierde, swartgallige manier is wat mens siek maak. Dis hierdie tipe “fatherwood statements” wat ‘n uiters goeie span se moed breek. Ja, hul het foute gemaak maar ja, hul was ook uitstekend vir 80 minute lank en daarom is daar opbou saam met die kritiek! Respek is so groot woord vir sommige mense. Ai,…

Frans C ·

Hierdie wedstryd was die omgekeerde van die vorige een.Toe het die All Blacks alles oorheers en het die Bokke met ‘scraps’ met twee punte gewen.
Saterdag het die Bokke alles oorheers en het die All Blacks met ‘scraps’ gewen.Kyk na die statistieke.
“ON ATTACK
METRES CARRIED
South Africa – 384
New Zealand – 219
CARRIES
South Africa – 115
New Zealand – 68
DEFENDERS BEATEN
South Africa – 25
New Zealand – 14
CLEAN BREAKS
South Africa – 7
New Zealand – 4
PASSES
South Africa – 133
New Zealand – 73
OFFLOADS
South Africa – 7
New Zealand – 2
POSSESSION
South Africa – 58.6%
New Zealand – 41.4%
ON DEFENCE
TACKLES
South Africa – 70
New Zealand – 115
MISSED TACKLES
South Africa – 14
New Zealand – 25
BREAKDOWN
RUCKS WON
South Africa – 84
New Zealand – 49
FINAL SCORE?
South Africa – 30
New Zealand – 32
Dit is duidelik dat verandering terwille van verandering nie werk nie.Hierdie sg impakspelers het onstaan uit die besluit om beseerde spelers te vervang,wat deur ‘n geneeheer as ongeskik verklaar is om verder te speel.
Die Springbokke van ouds het onder die mees haglike omstandighede in NZ gespeel en hul geklop.Vandag is alles van velde tot toerusting soveel beter,Hoekom verander as dit nie nodig is nie? Is dit nou weer ‘n geval van ‘tussen lepel en mond val pap op die grond.’

Ria ·

Na gister het ek gesien die AB is nie unbeatable nie. Ons is trots op julle bokke, al het julle verloor.

Buffel ·

SA is die enigste toetsnasie waar die afrigter ‘n kleur doelwit het om te bereik deur sy meesters gestel, in die geval die ANC. Dis ‘n kwota sisteem so glad nie relevant om van AUS of NZ se gekleurde spelers te praat nie. Hulle is daar op verdienste. Die bokke begin met 4 spelers van kleur gister, ver laer as die doelwit. Met 15 min se speel oor MOET Erasmus al die spelers van kleur op die veld he om sy meesters se doelwit te bereik en nie noodwendig die beste span nie. Dit is waar die kwotas gister liederlik gefaal het. Die AB’s het die onervare spelers van kleur stukkend gespeel en lag lag 2 driee gedruk. Dis nie regverdig op die subs nie asook die spelers in die beginspan wat ‘n grondslag vir ‘n oorwinning gele het. Help nie om die feite nou deur rassistiese praatjies te probeer verdoesel nie. Daar is’n reuse verskil tussen ‘n kwota sisteem en spelers van kleur.

wolla ·

Wie’t die laaste strafskop afgestaan, was dit PSDT? Die AB’s het van daai strafskop die bal op ons hoekvlag uitgeskop en gaan druk. Ek dink nie jy kan die spelers van kleur vir dié flater blameer nie.

Lekker lag ·

Wolla dis die konsep van kwotas onder bespreking nie die spelers as individue nie.

wolla ·

Die feit bly staan dat die wit speler teen die einde drooggemaak het wat tot die drie gelei het, nou wil jy die kwotas/stelsel blameer vir die uitslag na die wit ou se flater (en die wit afrigter se onbesonne besluite). As die wit speler nie die fout gemaak het nie het ons gewen, jou “kwotas” en al.

Rynoster ·

Kholisi het 2 strafskoppe afgestaan in die laaste 10 min Wolla, hy was swak onder druk. Die feit bly staan dat die kwota spelers wat opgekom het nie die druk en verdediging kon hanteer nie. Die 1ste van die 2 drieë het het hulle net vir papier weggestoot en n drie gedruk, dit sou nie met Faf gebeur het nie. Enige persoon wat dink dat ons nogesteeds sou verloor het as Faf en Marx op die vel gebly het, moet sy kop laat lees.

Jan ·

Die bokke het regtig goed gespeel. Die beste in ‘n paar jaar.
Daar word verwys dat die “subs” die oorsaak van die veloor is. Het die All Blacks nie ook “subs” opgestuur nie? Die All Black subs het die All Blacks se spelpatroon verander en so die Bokke se spelpatroon onvergewerp.
Die Bokke het wel verloor MAAR het stukke beter gespeel in vergeleke met verlede jaar

wolla ·

Ek dink amper ons het nog beter verlede jaar op Nuweland gespeel toe ons met een punt verloor het (ook van ‘n drie in die doodsnikke).

Bokke Bo! ·

Daar was niks fout met die Bokke nie. Hulle het uitstekend gespeel vir 70 minute. Rassie het met ‘n redelike voorsprong die ANC minister van sport probeer beindruk deur ‘n klomp kwotaspelers in die laaste 10 minute op die veld te stuur. Dit was waarvoor die All Blacks gewag het. Die Bokke het nie verloor nie, Rassie het.

Hans ·

As die REF sy fluitjie geblaas het eers dan is die wedstryd volbring!

Buffel ·

Mnr die afrigter hierdie soort besluite om jou ysters in die laaste 10 min te vervang en hulle was nie beseer nie,gaan jou nog lelik kom kuier, dit help nie om ander te please nie, wen eers dan please jy. Hoe dink jy hoe moet die spelers voel wat hulle lywe op die spel geplaas het die score is 30//18 in bokke se guns jy haal hom af en 8 min daarna verloor hy die toets! Mnr die afrigter moet nie op twee stoele probeer sit nie! Jy gaan n toets dop!

Oom Kalahari ·

@Swartwolf, weereens staan ek net jou stellings. Soos ek met my vorige AB wedstryd genoem het dat ek ‘n groot ondersteuner van hul is en weereens het hul bewys wat hul na vore jan bring met ‘n froot agterstand. ‘n span wat as 15man altyd alles gee. Die Springbokke moet ek regtig erkenning gee het hart gespeel die eerste 70min tot die Min van sport haar verlangde kwotas verlang en net daar word die Gemsbokke in tien min kaf gedraf net twee driee. Feite bly feite en dit raak ander spelers van formaat wat regtig hard gewerk het. Die spel word gewen as die eind fluitjie blaas en hoop die Minister is datem tevrede oir haar tien munute van Gemsbokke.

Swartwolf ·

Stem Oom Kalas dis soos met baie dinge in SA. Die mense in beheer sal eerder die hele plek sien inmekaarval as om die reg te ding te doen. Kyk na BBBEE, kader ontplooing, en nou die BBBEE van rugby – kwota doelwitte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.