Drie Bokke vervang vir toer na Australasië

Dillyn Leyds – terug in die Bokgroep (Foto GB Jordaan)

Maandag het die Cheetahs hulle toerspan sonder hulle kaptein Francois Venter aangekondig omdat hy by die Springbokke was. Dinsdagoggend is hy teruggestuur na die Cheetahs toe.

Dit is waarskynlik te laat om hom nou nog saam met die Cheetahsgroep vir die eeste twee pro14-wedstryde na Ulster (Vrydagaand) en Munster (aanstaande Saterdag) te stuur, wat vir die span uiteraard ʼn groot verskil sou maak.

Benewens Venter is Curwin Bosch en Jano Vermaak ook terug by hulle onderskeie unies.

Ruan Dreyer sal die naweek vir die Goue Leeus kan speel, maar is steeds in die Bokgroep. Hy het Maandag pa van ʼn seuntjie geword.

Handré Pollard is nou klaar met die rehabilitasie van sy enkel en Ross Cronjé (ook ʼn enkelbesering) is weer perdfris. Hulle is saam met Dillyn Leyds is die Springbokgroep gevoeg vir die twee Rugbykampioenskap-toetse  in Perth en North Harbour (Albany) teen onderskeidelik die Wallabies op 9 September en die All Blacks die volgende Saterdag. 

Die Bokgroep na Australasië –
Voorspelers
Uzair Cassiem, Lodewyk de Jager, Ruan Dreyer, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Siyamthanda Kolisi, Jaco Kriel, Malcolm Marx, Mbongeni Mbonambi, Francois Mostert, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Coenraad Oosthuizen, Mahlatse Ralepelle.
Agterspelers
Andries Coetzee, Ross Cronje, Damian de Allende, Francois Hougaard, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Dillyn Leyds, Rudy Paige, Handre Pollard, Raymond Rhule, Jan Serfontein, Courtnall Skosan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaybee ·

Ons sal nou kan sien waartoe die span in staat is. Kan net nie verstaan waarom daar met de Allende en Paige volhard word nie.

Lukie Carelsen ·

Politiek en kwotas! Skande, skande, skande! Selfs Bolla Conradie was beter as Paige! Maar die meneer sit daar en hy WEET net soos die res van die wereld hy hoort nie daar nie. Het hy geen integriteit om te bedank nie?

Jack Russl ·

Hoe is Pollard in die groep? Wanneer laas het hy ‘n wedstryd gespeel. Hy is glad nie wedstryd fiks nie. Hy gaan soos Conor in die 4de rondte begin stoom verloor en dan gaan hy niks beteken nie

Henk ·

Dreyer is stukkend geskrum deur die NZ spelers in die Super finaal en hy ry saam? Die Ellende is nie Venter se ou sokkies werd nie, maar hy is in die span? Pollard het nog geen rugby in die jaar gespeel nie, en Bosch wat homself bewys het word hier gelos? Page droom daarvan om soos Vermaak te kan speel en tog word hy ingesluit? EN Ruan Combrink is STEEDS nie in die Bokspan nie? Allister Coetzee, jy het gisteraand op TV iets kwytgeraak oor die Aussies wat altyd ‘n bedreiging is, so asof jy klaar besluit het dat julle hulle gaan wen. Ek dink jou “honeymoon” het geeindig toe die eindfluitjie in Salta geblaas het. En dit is nie omdat ons NIE die spelers het nie, dis omdat jy geen idee het van spankeuses nie. Die Bokspan ding lyk so al asof daar ‘n “staatskaping” drama iewers afspeel…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.