Bokke vs. Argentinië: Dankie, Nkosi!

Springbokke teen Argentinië (17 Augustus 2019) (Foto: GB Jordaan)

Daar was Saterdagmiddag op Loftus Versfeld twee Duitse uitruilstudente. En ná die eerste 40 minute se spel tussen die Springbokke en Argentinië was hulle nie baie beïndruk met rugby se vermaaklikheidswaarde nie.

Buiten die paar Afrikaanse tussenwerpsels wat hulle onder die knie probeer kry het, was “S’bu Nkosi” die naam wat hulle die graagste wou sê. Want in ’n toets propvol eksperimente, was dié Haai-vleuel en die Bokke se verdediging die beste antwoorde op die vrae.

Die Bokke het weliswaar vir Argentinië 24 – 18 in Pretoria geklop, maar dit was glad nie so oortuigend soos verlede week se klinkende oorwinning in Salta nie. Trouens, die rugby was met tye ietwat aan die vervelige kant, terwyl die Argentyne deurgaans binne trefafstand van die Suid-Afrikaners was.

Die rustydtelling was 10 – 8 in hulle guns, terwyl almal gedink het hulle het die wendrie laat in die tweede helfte gedruk. Gelukkig vir die Bokke het skeidsregter Luke Pearce en die televisie-skeidsregter beslis dat daar obstruksie in die opbou tot die drie was.

Goeiste, selfs die woer-woer-Sprinbokpoging teen die einde om die bal oor die kantlyn te jaag was minder indrukwekkend: ’n verdoelde drie en die Suid-Amerikaners sou dié kragmeting met een punt gewen het.

Maar tussendeur die geploeter was Nkosi die ligpunt.

Springbokke teen Argentinië (17 Augustus 2019) (Foto: GB Jordaan)

Hy het die Bokke se enigste twee drieë gedruk en veral sy tweede poging het vir ’n bobaas-fotogeleentheid gesorg toe hy soos ’n wafferse akrobaat bo-oor die Argentynse verdediging geduik het.

Elton Jantjies – wat self ’n goeie wedstryd gehad het – het die res van die Bokke se punte aangeteken.

Waar Nkosi ’n goeie (en groter) plaasvervanger vir Cheslin Kolbe by die Wêreldbeker kan wees, só behoort Jantjies met selfvertroue die nommertientrui te kan dra die dag as Handré Pollard nie beskikbaar is nie.

Dan verdien die Bokke se verdediging ’n pluimpie – hulle moes baie meer duikslae as die Argentyne uitvoer. Toegegee, dit het dalk gesorg dat dit nie die wêreld se mees aanskoulike wedstryd was nie, maar die Suid-Afrikaners is steeds onoorwonne in Wêreldbeker-jaar. En dít is bitterbelangrik in die opbou tot só ’n groot toernooi.

Buitendien, Nkosi was daar vir die vermaaklikheidsfaktor.

Danke schön, Bokke!

  • Puntemakers:

Suid-Afrika: Drieë: S’bu Nkosi (2). Doelskop: Elton Jantjies. Strafskoppe: Jantjies (4).

Argentinië: Drieë: Guido Petti en Pablo Matera. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla en Benjamin Urdapilleta. Strafskoppe: Bonilla en Urdapilleta.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Afrikaan ·

‘n Wen is seker ‘n wen, maar ek het gehoop SA rugby het meer diepte as wat ons vandag gesien het. En Rassie het maar bedruk gelyk.

CHAPPIES ·

Oe-ih-ÊOooh… hier kom moeilikheid asi bokke so wil speel verseker!

Kyk Weer ·

S’bu, S’bu is Bo!!!

Die res was s’boring.
Raak net moeg vir kommentators wat elke keer wat Kolisi aan daai bal raak, word dit ‘n “Kyk Weer” oomblik om hom op te praat. Al lei sy ‘raak aan die bal’ tot absoluut niks of nog erger, ‘n aanslaan. Genugtig tog, wie dink hulle val vir dié pot snert?

Snotklap ·

Dis waar. Almal gaan uit hulle pad om hom te prys. As ek nie so baie vertroue in die media gehad het nie sou ek se hulle het n agenda. O wag, natuurlik het hulle n linkse agenda.

Frans C ·

Dit word nou alhoemeer duidelik dat daar ‘n ‘A’ en ‘B’ -span in Rassie se oefengroep is.
Die gesukkel het voorlangs begin en deurgesyfer na die agterlyn.

Waar ek gehoop het dat die swaarder Springbokpak die oorhand sou kry was dit nir dir geval nie en het die Argentyne voorlangs veral in die skrum hul man gestaan.Daar was mi min Bokke wat hand opgesteek het en gesê het ,kies my vir Japan.

Swartwolf ·

Stem saam, swak wedstryd maar wat ‘n fantastiese vleuel is Nkosi. Hy wil speel. En sy verdediging is fantasties. Hy kan driee druk wat tuindwerg nie kan nie. Die res was maar flou. Kolisi het vir eerste 5 min gespeel en na daai uitgee vir die vlagman was hy ‘n passasier en soos gewoonlik op 52 min bankie toe. Maar ‘n wen is ‘n wen. Bokke kon die een maklik verloor het ook.

H ·

Dit was die regte wedstryd vir die bokke hulle moet weet dit gaan hard wees. Hulle moet nie kans kry om groot kop te kry nie. Net dan het ons n kans om wb te een. SA rugby spelers kry gou groot kop.

testing ·

Gelant, Reinach en Thomas du Toit kan maar regtig oor die hoof gesien word. Jammer Coetzee het seergekry, hy het gewys hy kan meer bied as kwakkies as backup losvoorspeler. Ek dink die aanhangers van Steyn moet ook maar besef die ou is te dik en te stadig vir toetsrugby. So terloops – Kwakkies kabouter moet liewers glad nie skop nie, rugby is nie ‘n komedie kanaal nie. LOL

Joke! ·

Kolisi,Galant,du doit en Elton maak dat ek dit die blues wil noem! Sorry but you are the weakest links!

Appeljan ·

Stem saam met die artikel, Nkosi baie beter proponent op vleuel as kolbe, groter, vinniger, sterker en baie beter op verdediging. Hy kan ‘n bok grote word. Die midgetry werk nie op topvlak nie. Speel Kolbe op skrumskakel, hy, Faf en Jantjies maak drie great scrummies vir die WC.

OomWP ·

En net nou die dag wou almal vir Nkosi afslag omdat hy nie kon tackle teen beter spanne nie en ook gekritiseer was oor sy spoed. Hy’t goed gespeel teen ‘n tweederangse span, moet nou nie heeltemal op hol gaan nie.

OomWP ·

Enige rugbykenner sal saamstem dat Kolisi ‘n goeie wedstryd gehad het. Jy kan nie kommentators verkwalik as hulle opgewonde oor sy spel raak nie want daai gehalte is gemis sover in vanjaar se toetse.

Appeljan ·

Dit nie gemis toe Kwagga opgekom het nie. Ook nie die kapteinskap gemis nie Schalk was great.

Chris du preez ·

Ek verstaan hoe kan die skrywer Elton Jantjies wil vergelyk met goeie loskakels nie. Enige toets wat Jantjies gespeel het kon die bokke nie oortuigend wen nie

Nico ·

Die enigste ANC spelers in Rasdien se groep wat verdien om WB keuses te wees is Nkosi en Kolbe.

Nico ·

Bogenoemde is in agterlyn. Daar is darm ‘n skaflike voorrry ook.

OomWP ·

My begin 15 teen AB’s in die wereldbeker: Le Roux (kan jy glo ons het nie beter beskikbaar nie), Kolbe, Nkosi, Kriel, De Allende, Pollard, Herschelle Jantjies, Vermeulen, Kolisi (K), du Toit, Etsebeth, Mostert, Nyakane, Mbonambi, Beast.

@wp ·

Ja oom, dit is ‘n billike span as ons teen Namibië speel en die goeie ouens ‘n ruskans wil gee.

Nico K ·

Ek stem baie saam met Oom WP se span, maar sal darem nie vir Marx uitlaat nie. En sal ook baie graag vir Kwagga wil sien. Kolisi se werkverigting nie na wense. Kwagga pas vir my in die kombinasie saam met Vermeulen en du Toit. En Marx sal dan die krag in die skrums verbeter om op te maak vir Kwagga se gebrek aan gewig.

OomWP ·

Op vorm sover is dit die beste begin voorry as ‘n eenheid. Marx op die bank. Kwakkies sal glad nie my span haal nie, Louw op die bank (en Coetzee as twee losvoorspelers onder die plaasvervangers gekies word). Ons moet nie die gehalte en impak van ons plaasvervangers minag nie. Spelers soos Marx en Kitshoff kan ‘n geweldige verskil van die bank af maak (dalk meer as wat hulle sou begin). Die blote feit dat hulle van die bank af speel beteken nie hulle is swakker spelers nie.

Judge Dredd ·

Dis baie duidelik dat Jantjies nie Pollard kan vervang.

OomWP ·

Dis kommerwekkend dat Jantjies ons “backup” losskakel is. As Pollard seer kry gaan dit ‘n geweldige terugslag wees.

OomWP ·

Daar bestaan slegs een effense bekommernis by my rakende die span wat ek gekies het en dis die voorry. Maar as eenheid het hulle my geweldig beindruk toe hulle gespeel het (alhoewel dit teen Argentinie was). Verder het ek geen twyfel dat dit tans die beste span is wat ons kan kies (en behoort) te kies nie.

JohanL ·

Het ons regtig ‘n uitstaande toets verwag? Ek het al voor die toets gewonder oor die waarde van hierdie toets.

Spelers wat weet hulle is in WB-span (oa bv E Jantjies en F Steyn ) beskerm hulself teen beserings. En ek verstaan dit en het begrip daarvoor. Die ander spelers speel tipies individualisties om Rassie te beindruk.

Dink nie ons moet enige iets in die toets probeer lees nie.

En moet tog nie weer vergelyking tref met All Blacks nie – hulle het gespeel vir ‘n Bledisloe beker wat groot is vir hulle.

SjN ·

Wil die skrumskakels nie ophou om te skop nie, hul is so voorspelbaar die ander span kan dit n muil ver vooruit sien en besit daarvan neem. Met die spelpatroon tans gaan hul nie ver kom nie, laat die spelers die wedstryd van die all blacks oor en oor kyk om te sien wat vaardighede beteken, jammer maar dis n feit.

Johan Pretorius ·

Kolla is baie skaars. Jy hoor niks van hom sedert sy wonderlikke WP verloor het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.