Bokke wéér aan die slaap in openingsalvo

Die Springbokke het met 25 – 17 teen die Wallabies in Adelaide verloor. Foto: Twitter.

Lukhanyo Am is deesdae ongetwyfeld een van die Springbokke se heel beste spelers en daar is seker baie ondersteuners wat waarskynlik sal sê dat hy dié beste is.

Die buitesenter het met sy spel teen die All Blacks op Ellispark beïndruk, terwyl hy ook na die gevaarlikste Springbok teen die Wallabies in Adelaide gelyk het.

Ondanks sy vuurwarm spelpeil het die Suid-Afrikaners nou twee agtereenvolgende Rugbykampioenskap-wedstryde verloor.

Ja, ’n mens kan redeneer dat Paul Williams se fluitjie die Bokke van momentum in die afgelope naweek se nederlaag teen die Wallabies beroof het. Maar goeiste, soms moet jy eers die balk in jou eie oog uitsorteer voordat jy ’n bohaai opskop oor die splinter (maak nie saak hoe groot dit is nie) in die skeidsregter of opposisie se oog .

Die Suid-Afrikaners het vlugvose spel opgedis en vir die tweede wedstryd op ’n streep moes hulle probeer om ’n agterstand van tien of meer punte uit te wis.

“Dit was ’n baie frustrerende wedstryd vir die span. Ons kon doodeenvoudig net nie aan die gang kom nie,” het Am gesê.

“Een van die dinge waaraan ons baie hard in aanloop tot die volgende toets sal werk, is die wyse waarop ons ’n wedstryd begin.”

Jacques Nienaber het ná Saterdag se kragmeting gekla oor die Springbokke se onvermoë om geleenthede in punte om te skep.

“Ons was omtrent 13 keer in Australië se kwartgebied en ons kon net nie punte aanteken nie,” het die nasionale rugbyafrigter gesê.

Swak hanteerwerk, verbroude stelskoppe en rolmaalbewegings wat glad nie aan die gang wou kom nie, is sommige van die redes vir bogenoemde stand van sake.

Volgens Am het die Suid-Afrikaners al in die verlede gewys dat hulle die telbord aan die gang kan hou.

“Daar is dae wanneer dinge net nie volgens plan verloop nie. Saterdag was beslis só ’n dag vir ons. Terselfdertyd het die Wallabies se verdediging ons onder druk geplaas.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

piet ·

Ag wat, ons verloor mos maar altyd in Australie niks nuuts nie. So nou het ons 6 wedstryde vanjaar gespeel en 3 gewen. 5 van die wedstryde was in SA so die steiltes le nog voor. Bokke het nog net 2 redelike goeie vertoning gelewer vanjaar, die 3de toets teen Wallis en die 1 ste teen NS. In al die wedstryde was die afronding vrot. Kan beter gaan as ons beter afrond want ek dink ons skep genoeg geleenthede om punte aan te teken. En vat maar jou skoppe pale toe as jy kans kry. Van die spelers op die bank moet eerder die toets begin want ons raak te ver agter en moet dan opvangrugby speel.

N ·

Die bokke is tans die enigste land wat met n kwota stelsel in werking moet speel. Dit gee ons n duidelike agterstand. As alle spelers, van alle rasse op meriete gekies word sal ons onoorwonne wees. En as dit dan maar moet, maak vir Am kaptein.

Koos 100 ·

Ek stem nie saam nie. Elke slag as hulle verloor of sleg verloor is dit die oorsaak. En dan wen hulle met dieselde span en dan is alles mos nou puik?

Chris dupreez ·

Elke een van daai spelers kan maar vir die Springbokke speel, die doel van impak spelers is presies wat die naam sê, maar ek stem saam dat as die agtetstand te groot is gaan daar geen impak wees nie. Hoekom word daar nie pale toe geskop , vat die punte wat jy kan kry en hou die voorsprong klein, wie se idee is dit, wie neem die besluit op die veld. Weereens swak besluite wat die toets gekos het.

SjN ·

Die negatiewe gesiggie/afduim by al die kommentaar is seker Nienaber sin.

Treurwilger ·

Skeidsregters wat kans sien vir die fluitjie waar die Springbokke betrokke is, loop gevaar om ‘n bedreigde spesie te raak.

SjN ·

Sorg dan dat die bal by Am uitkom, te veel doellose skoppe en voorspelers in die agterlyn is tans die probleem.

Jakes ·

Nienaber kannie tred hou met die spel wat deurentyd verander nie. Die Bokke speel stereotipe rugby en is te voorspelbaar. Die agterlyn behalwe vir Amm is verbeeldingloos en sodra ons opponente die spel vinniger maak dan het ons nie n teenvoeter nie. Die agterspelers verdedig pateties en eerskomende naweek gaan weer n treurmare wees.

Witbaard ·

Hou op om die balle weg te skop waarvoor die voorspelers so hard werk, of is die agterspelers bang om geduik te word.

Kobus ·

Springbokke is in die eerste minuut onderwerp aan aggressiewe voorspelerspel wat gelei het tot bomskok. Maak Amm binnesenter. Vervang Faf met Hendriks, sê liewer niks oor die haker wat nie kan reguit ingooi nie. Arme Pollard was die kluts kwyt.

Manie ·

Korrek, selfs ons volle 2 bank voorry is maar effens met Mbonambi wat nie daar is nie. Kitshoff is ook ‘n skaduwee van laasjaar, ons kan net aanvallend skrum op ons eie bal en sit nie meer druk op die opposisie se skrums nie. Die hele lostrio van Kolisie, Vermeulen en du Toit is van stryk af. Voeg daarby De Allende se swak spel op binnesenter en die stryd is meer as halfpad verloor.

N ·

Swak bestuur, swak leierskap op die veld en swak span oor die algemeen. Jong spelers op vorm sit en wag vir hul kanse maar word nie gekies nie omdat ‘ervare’ spelers in die span is. As ons op ervaring steun kan hulle maar vir Matfield en Habana ook terug bring

vuurvliegie ·

10 uit 10.
Die hele probleem met SA Rugby in twee sinne saamgevat.

Koos 100 ·

Rassie se vernuf en kundigheid word op die veld benodig. Jacques het nooit self op die vlak gespeel nie, en daai ondervinding is brood nodig.
Australie het die Bokke gedwing om stadiger te speel (wettig of onwettig kan gedebateer word), en Pollard se skop skoen lê nog op die vliegtuig.
O ja. In toetsrugby skop jy pale toe as jy die kans het, dis punte op die bord. En as jy bal in hand het kan jy ‘n drie druk!
Die ref het sy aandeel gehad, maar hy kan nie punte terug vat wat verdien en toegeken word nie.

Snuffelgids ·

Baie dinge wat fout gegaan het, maar die afwesigheid van breinselle is wat vir my uitstaan. Aus skop kort af, kompeteer vir die bal en druk n drie. Ons skop diep af… en by ons doellyn afskop, skop ons kort en Aus is in ons 22m en ons weer onderdruk. Dink net bietjie, dis nie so moeilik nie

007 ·

Ons kort ‘n Kaptein wat kan lei. Nie een wat heeltyd vir die ander vra wat moet ek nou doen nie? Sy spel is darem nie te vrot as jy na die res kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.