Bokke weer terug in Pretoria

Matt Proudfoot. Foto: Leon Lestrade. Afrcan News Agency/ANA.

Die Bokke is weer terug in Pretoria! En volgens hulpafrigter Mat Proudfoot voel die span baie tuis in die land se hoofstad.

Rassie Erasmus se troepe is besig met hul finale voorbereidingswerk vir Saterdag se vriendskaplike toets teen Argentinië op Loftus Versfeld.

Proudfoot is veral opgewonde dat die span hul vaardighede voor die Pretoriase toeskouers kan uitstal.

“Die Loftus-wedstryd is net so belangrik soos wat ons eerste Rugbykampioenskap-wedstryd teen Australië was,” het hy gesê.

“Ons was drie weke in Pretoria met die opbou tot die Castle Lager- rugbykampioenskap en dit was amper soos ons hoofkwartier vir die veldtog. Juis om dié rede is die ouens baie opgewonde om terug in Pretoria te wees en hulle sien uit om op Loftus te speel.”

Hoewel die Rugbykampioenskap-titel reeds in die sakkie is, voel Proudfoot dat die Bokke se werk nog lánk nie klaar is nie.

“Om die kampioenskap te wen was nooit ’n doel nie, dit was eerder die eindresultaat van die doeltreffende uitvoering van ons beplanning.

Om eerlik te wees, ek het nog skaars aan die titel gedink, dinge het nooit oor die Rugbykampioenskap gegaan nie, maar eerder om dinge reg te doen in die aanloop tot die Wêreldbeker-rugbytoernooi.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kolla ·

Hoop daar gaan meer as 200 toeskouers wees want die nulle het mos al die toeskouers met hul swak vertonings weggejaag.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.