Bokke wys die All Blacks se swakplekke uit

Twee van die Bokke se grootste uitblinkers Saterdag, Pieter-Steph du Toit en Franco Mostert, laat die All Blacks se verdediging bontstaan. (Foto: GB Jordaan)

Die Springbokke gaan die All Blacks nog baie slapelose nagte besorg voor aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan.

Ja, die kritiek sal nou op die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, neerreën nadat die All Blacks die Springbokke Saterdag op Loftus Versfeld met 32-30 geklop het.

Ja, Erasmus het dalk fouteer toe hy te veel plaasvervangers in die laaste kwartier opgestuur het toe die Bokke ʼn stewige voorsprong gehad het. En miskien het van die plaasvervangers dalk nie die nodige impak gemaak nie.

Willie le Roux was Saterdag, soos hier, rotsvas onder die All Blacks se lugskoppe. (Foto: GB Jordaan)

Maar het die All Blacks nie maar dieselfde gedoen nie?  Was dit nie deel van albei spanne se wedstrydplanne nie? Het voorslag-spelers soos Faf de Klerk, Malcolm Marx en Eben Etzebeth nie begin krampe kry toe hul stoom opgeraak het nie? En Willie le Roux kon nie sy harsingskuddingtoets slaag nie.

In Wellington (mét plaasvervangers) het die Springbokke se verdediging gehou. Saterdag op Loftus het die wal in die 78ste minuut gebars. Só maklik kon ʼn All Blacks-speler, soos Damian McKenzie in Wellington, die bal in daardie paar minute aangeslaan het om aan die Bokke ʼn oorwinning te besorg.

Kom ons neem die Rugbykampioenskap in oënskou en kyk watter span het vanjaar die meeste vordering getoon.

Die All Blacks troon (op papier) steeds bo die ander spanne uit.

Ná die reeksoorwinning van 3-0 oor Frankryk het hulle vanjaar in nege toetse 352 punte aangeteken en net 170 afgestaan. Hulle is eerste op die wêreldranglys, die soveelste keer die Rugbykampioenskap-kampioen, maar steeds is die louere tussen hulle en die Bokke gedeel: 32-34 in Wellington en 32-30 op Loftus.

Steven Kitshoff maak gereed om tussen Shannon Frizzel en Kierand Read deur te dryf met Pieter-Steph du Toit, soos feitlik elke keer, en Handre Pollard byderhand om hulp te verleen. (Foto: GB Jordaan)

Die Bokke is slegs vyfde op die wêreldranglys, hulle het vanjaar ʼn wenpersentasie van net 50% in tien toetse, het 255 punte aangeteken en 252 afgestaan en is deur Wallis, Engeland, Australië, Argentinië en Nieu-Seeland geklop.

Vanwaar dan die lofsange?

Dis omdat hulle gewys hoe om die All Blacks te klop, hoe om Ben Smith, Waisake Naholo, Beauden Barrett en Aaron Smith aan bande te lê, onder druk te plaas en hulle in foute in te dwing. Ook omdat hulle gewys het hoe die All Blacks sukkel wanneer die agterste driehoek moet omdraai, en hoe om hul voorspelers vas te vat en terug te duik.

Dink net daaraan, as Duane Vermeulen, Warren Whiteley en Lood de Jager ook nog beskikbaar is,  watter rimpelings sal dit nie in All Black-geledere maak nie?

Die Bokke is saam met die All Blacks (en Italië, Namibië en ʼn vyfde span wat nog bepaal moet word) in Groep B vir volgende jaar se WB-toernooi geloot.

Die Bokke en All Blacks se kragmeting in die groepronde sal bepalend wees, want die wenner sal ʼn amperse vrypas na die halfeindronde hê. Hy speel teen die naaswenner van Groep A (Ierland, Skotland, Japan, Rusland en Samoa).

Ja, die All Blacks trek steeds die toutjies en ja, die Bokke het nog niks gewen nie, maar hulle het die krake in die All Blacks se mondering uitgewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Niklaas ·

Die wedstryd het weereens getoon dat ons het nie juis diepte in reserwe talent het nie. As Allblacks n man vervang is hy gewoonlik ook n kandidaat vir n wereldspan . Kyk maar na die NZ spelers soos reserwe losskakels Sopoaga , Mckenzie , Mo’unga. As ons n reserwe speler opstuur , verswak die Bokspan sommer onmiddellik. Dit is dus die hoofrede vir die Bok nederlaag gister toe ou Bongi , Notshe en Papier opgedraf het en die Allblacks dadelik bloed geruik het. F. Louw was darem ook maar vrot gewees en het min beteken. Ai, waar is Thor Vermeulen ?

wolla ·

Ek dink nie die plaasvervangers kan blameer word nie, geeneen van hulle het drooggemaak nie. Die wit ou wat egter die laaste strafskop afgestaan het (toe ons op die aanval vas), het ons ongelukkig die wedstryd gekos.

Rinkhals ·

100% waar en korrek opgesom Niklaas. AB’s het kwotas opgevreet en uitgespoeg in 15 min. Dis was nie nodig om al die subs op te bring nie. Dis gedoen om kwota targets te bereik.

Sakkie Allas ·

Ou Wolla, jy is reg, die kwota vervangers het niks verkeerd gedoen nie.. want hulle het NIKS gedoen nie. Kyk watse lyn het Papier verdedig toe die AB op die aanval was, hy het AGTER die losgemaal gestaan, nie op die onkant lyn om te verdedig nie. Nee wat, jy kan maar jou liberale rugby praatjies hou vir jou binnekringe asb.

John ·

Nee, die All Blacks wys die Bokke se swak plekke uit. Om as dit goed gaan sommer lekker te ontspan, wysigings aan te bring en lui-lekker so te gryp-pryp na die ‘dom’ vyand se swart truitjies is nogal nie slim nie… dom-dom…

Albert ·

Wat die mense nie verstaan nie datdie AB in twee weke amper rondom die wereld gevlieg het deur baie tyd sones en hulle en die laaste twintig minute was hulle baas en ons was uit op ons voete. Dit is die verskil tusse ons en hulle hul bestuur hulle spelers beter om altyd wanneer dit saak maak die beste kan gee. Hul kwaliteit spelers wat op die bank is stap op en maak n verskil want die gehalte is dieselfe of nog beter. Al wat ek sien is dat ons darm verbeter het vanaf verlede jaar, ons sal net nog moet soek vir beter plaasvervangers veral senters, losvoorspelers en skrumskakel. Ons kort n binne senter wat nie stamp kar rugby speel nie maar die verdediger aan die raai hou om n geleentheid vir die buite spelers te gee.

Anoniem ·

Baie praat, baie bespiegel maar wat verseker waar is, is dat die All Blacks se ‘Wittebrood’ van oorheersing in Wêreldrugby einde se kant toe staan ! Kieran Reed het vir 77 minute ‘n ‘worry’ op SY gesig gehad !En Hy was vrek verlig dat Hulle gewen het ! Hulle sê dit nie, hulle wys dit nie maar Hulle vlieg ‘worry-worry terug huistoe ! Hulle is uitgevang want ONS is besig om hulle in te haal ! Dankie Rassie en Afrigtingspan en Bokke ! Wen of Verloor TROTS op JULLE ! Sal aanhou BID ?? en bly vertrou dat die Webb Ellis trofee terugkom BOKLAND toe ! Hie komi BOKKE ??????

Gollie ·

Stem saam ,hulle het gedink dit gaan groot verskil in telling wees,maar ek dink hulle het hul les geleer,die bokke kan hulle maklik wen en volgende keer dink ek gaan hulle respek het vir die bokke,hulle sien dis nie maklik en weet dis nie maklik teen SA nie

Hanna ·

Ai tog, kla gaan ons volkie kla, wen ons word Rassie en sy spelers geprys. Verloor die bokke het almal iets te sê. Welgedaan bokke, doen so voort ons is trots op julle !!!!

Ekke ·

As jy in Saudi Arabia sit en op wapp wag vir scores (dis wat ek kan bekostig) en boonop die vorige 2 wedstryde in SA gekyk het op tv, dan wonder ek of die freaking Loftus stadium nie iets te doen gehad het met die puntetelling nie. Net om dit duidelik te stel ek hou van * bloubul”springbokke , maar bly n ” leeubok” Bokke bo !!!! Lief julle en Rassie jy is ‘yster’ Wen of verloor ek bly ‘n Springbok. Selfs my Saudi skoolseuns weet wie is die Springbokke ! Stuur bietjie van daai sagte rugbyballetjies met springbokke op… bokse vol dat ek hulle kan leer van torries! Go bokke !

Frans C ·

Die Bokke het die All Blacks teen die toue gehad en moes net die uitklophou plant.
Hulle kon nie en toe wen die All Blacks/

Olli ·

Waarneer gaan ? sy ereplek in die sport arena kry. Wen die bokke kla niemand oor gekleurde spelers nie, maar verloor die bokke, dan word die gekleurde spelers die sondebokke en verloor hulle hul status as Springbokke. Kom ons haal die rassistiese ondertone uit sport en vergeet van die apartheids verlede, ons almal is SA’s

What a joke! ·

Rassistiese ondertone is BEE.,positive discrimination,affirmitive action. Om te se die klomp bokke reserwes wat ingestuur is op die einde vir die bokke het die wedstryd verloor wat hulle wel het is niks te doene met rassisme nie dit is feite! Hoeveel blanke spelers in bafana hoekom nie meer nie hul kan sweerlik slegter vaar so ek vra weer hoekom nie meer blankes daar nie….miskien rassisme wat hul uit hou????Hoekom is kwotas dan n vereiste? Of is dubbel standaarde net op een kant van toepassing???

wolla ·

What a joke – die wit outjie met sy foutjie het die game gekos. Ek het die wedstryd weer gekyk en ek kon geen flaters sien wat die gekleurde plaasvervangers gemaak het nie. Snaaks genoeg was die enigste sigbare flater deur ‘n wit plaasvervanger, Koch gemaak. Laasgenoemde is gestraf in sy eerste skrum, ‘n oortreding wat ook onmiddelik daarna punte gekos het. Die wit outjies het drooggemaak, ouboet.

Frank ·

Wolla, miskien moet jy net weer gaan kyk, veral na die laaste 10 minute. Na spesifiek Cheslyn en Willemse se posisionele spel, waar hulle veronderstel was om te wees en nie was nie. Mens het ook in elke geval heel tyd in die wegstryd die idee gekry dat Willie vir Cheslyn geskerm het.

Frank ·

Maar ja, dit was nie Francois Louw se beste wedstryd nie. Nie dat Notshe een van my gunsteling spelers is nie, het ek op ‘n stadium gehoop Rassie wil hom eerder opstuur.

wolla ·

Feit is dat PSDT se strafskop reg teen die einde die game gekos het. Willemse was uitstekend toe hy opgekom het.

Peta ·

Die wedstryd laat my dink aan die atleet wat los voor is en dan net voor wenstreep ontspan.Dis dan n groot skok as hy agterkom hy is in die 2de plek.Die Bokke en baie van ons ondersteuners voel seker ook so na gister se wedstryd.Hulle het uitstekend gespeel en nog steeds verloor.Ons soek nou net dieselfde intensiteit op Twickenham vroeg in November.

Hennie ·

Dit is nie so sleg dat ons verloor het nie ons kan hulle wen as ons gewen het sou ons groot kop kry nou gaan ons reg wees vir die wereldbeker

Boeta ·

Ek as ‘n leek kon al 5 jaar gelede gese het hoe om All Blacks te klop. Sit hulle onder druk (opskiet verdediging). Moenie als wegskop nie. En praat konstant met die ref. All Blacks is meesters. Hulle manipuleer die ref, hulle verdediging is opskiet en plaas ander spanne konstant onder druk. Wat het van die skepskop geword. Kan enige SA speler nog skepskop. Ironie is dat ALMAL dit al vir jare se. Nou ewe skielik skrik ons kamstige kenners en rugby skrywers wakker.

Anoniem ·

Stem saam Hennie ! Ons is nou op die regte plek in TYD ! ??

Pieter h ·

Afrigter het met sy reserwes wedstryd weggegee punt. Beter om met 20 punte te verloor as om so verneder te word in 10 minute.

Ook 'n Rugbykenner ·

Vir die AB is dit voorwaar ook die regte tyd. Al ooit die fliek ‘Wild Hogs’ gesien? Die eerste ou kon die Bul op sy boud klap en betyds wegkom. Die tweede ou, nie so maklik nie, want die Bul was ‘alert’. Ek het ‘n vermoede die AB gaan baie meer verbete wees in die Wêreldbeker, noudat hulle meer ‘alert’ is.

Chris Ws ·

Rugby het in ‘n gekkespul ontaard.Daar is te veel geld op die spel so wedstryde se uitslag kan vooraf gekoop word.Dis wat hier gebeur.Die All Blacks is die sterkste span in die wereld en SKIELIK wen die Bokke hulle na ‘n neerlaag van 57 – 0 ‘n skaars ‘n jaar gelede?Ag nee wat dis ‘n gekonkel want daars eenvoudig te veel geweddery op wedstryde .Skielik is die Bokke weer goed.? HA – HA !

What a joke! ·

Nee nee nee daar is jy verkeerd!
Hul die AB’s se plaasvervangers is goed genoeg om elke wedstryd te begin vir die All Blacks! Dit is een kant waar die all blacks die werfbokke veeeeer voor is. Hul reserwes is van top gehalte anders as die lot bokke wat opgestuur is met die hef in die hand en toe reguit na die rotse toe af stuur..
Met die All blacks vervang een puik spelers n ander en dit is hoekom jy jou allie so vinning sien die tweede helfde veral as jy n klomp middelmatiges wil opstuur met die denke jy is ver voor!!! En dit is die feite van die situasie of jul nou daarvan hou of nie! As jy voor is moet jy die uitklop hou plant en nie voet van die versneller afhaal nie want hul die All Blacks met al hul reserwe krag sal jou inhaal met n stink spoed en dan verby vat en jou neus daarin vryf daarna… Rassie het n helse fout gemaak om soveel onder gehalte spelers so vinning een na die ander op te stuur,en toe wys dit die ouens kom nie die mas op nie .Hul ry maar net saam soos n vyfde wiel….
Moet darem se om hul die All Blacks twee keer na mekaar so te laat skrik is veblywende nuus vir die bokke wens net hul wil beter reserwes kies…miskien.combrink.kwagga en Rohan betrek kan span versterk!

jakes ·

Die ABs het doodeenvoudig ons foute in die laaste 10 min uitgebuit en die game gewen. Swak dissipline het die Bokke gekos. Dit het begin toe Steph du Toit n AB speler in die lug gehou het en die ref ons daarvoor gestraf het. Die laaste lynskop van die AB losskakel moes deur Willemse gekeer gewees het voordat die bal uitgerol het maar hy was nerens in sig nie. Die Bokke kan net hulself blameer vir die nederlaag al het hulle verdien om te wen.

Joe ·

Was n uitstekende game, great atmosfeer gehad. Jammer oor die verloor, bly n goeie game. Hier kruip die Anti-Bokke weer uit, tot ons wen, dan is julle weer die grootste bok ondersteuners. Well done Lads!

Genieve ·

Dit wys net die bokke kan die AB wen as hulle 80 min speel..always n Bok

Johan ·

Ai Wolla – jy wil altyd graag kleur inbring – eish man?

My kort opsomming – ongelukkig het die plaasvervangers die keer nie die ding gedoen nie. Soms gaan dit werk soms nie – Saterdag het dit nie gewerk nie. In die eerste helfte en so 15 minute na rustyd het die Bokke omtrent al die regte besluite geneem en daai besluite ook reg uitgevoer. Daarna het foute ingesluip in die vorm van verkeerde besluite en swak uitvoering. Teen die All Blacks moet jou besluitneming in die kol wees en uitvoering amper foutloos.

Swak ondersteuning het twee kanse laat verlore gaan.

Maar ‘n goeie wedstryd met weliswaar teleurstellende einde. Kan steeds ons koppe omhoog hou en daar is ten minste hoop vir die WB. Ek se nie ons gaan dit wen nie.

All Black ·

Die Bokke moet oppas—Japan speel ook in die wereld beker. Lyk my die ou Bokkie het vergeet.

cr ·

Wolla, rugby word nie net gewen deur nie foute te maak nie, maar wat jy doen as jy die bal kry, die outjies wat opgestuur is het nie naby die skills gewys van die wat af is nie. Papier is dieselfde gehalte as “Bladsy (page)” Rassie moes beslis nie vir Faf afgehaal het nie en so ook van die ander.

wolla ·

Faf het 5 minute voor die einde krampies gekry. So ‘n fikse speler is opgestuur om die lendelamme te vervang, het in elk geval geen verskil gemaak nie. Willemse het meer skills as die hele agterlyn tesame. Laaste strafskop kos ons die game.

wolla ·

Faf was lendelam, krampies, moes vervang word. 5 minute voor die einde, geen verskil gemaak nie.

All Black ·

Die opskrif moet eerder ” All Black’s wys die Bokke se swakplekke uit” wees.
Ek kan nie glo die media is nou so stil nie. Omtrent al die Bok ondersteuners kruip weg en maak of hulle hard werk op n Maandag. Sies tog seker skaam. Die All Black’s sal vir altyd die Bokkies se baas wees totdat die regte span gekies word vir die regte redes. My raad aan die bokke—Gaan eerder wereld beker toe met 20 spelers wat daar hoort as wat daar 40 saamgaan om speeltyd te kry op die wereld beker toenooi. Maw los die kwotas by die huis.

Poot ·

@All Black
Wat ‘n “ware” voorbeeld is jy nie net vir ‘n patriot nie. Wil jy nie maar burgerskap gaan soek daai kant nie? Hier in Suid Afrika skree ons vir die bokke…… wen of verloor, want jy sien “all black” dis in ons bloed.

Nag ou grote….. sien jou in die wêreld beker. ( ONEEEE, as die bokke hom wen dan het jy seker jou “backup boktrui” byderhand)

Ruan ·

@Allblacks

Sodra die bokke begin wen verander jou naam seker weer terug bokkies toe.

All Black ·

@Poot—My ou groen Bok trui is nou swart want ek het my bakkie gediens met hom. Ek kan nie vir die bokke skreeu nie agv. Kwotas, BEE en rasisme teen wit. Ek is gelukkig om vir die ALL Black te skreeu al woon ek in SA want dis my REG.
@Ruan. As die bokke weer wen. Jy laat my lag want jy lewe in n droom wereld. Die bokke het een glips gehad en nou is jy weer vol moed.

robert naude ·

As die wedstryd nie die afrigter , keurders , toeskouers en deesdae die politikuste se oë laat oopgaan nie, sal NIKS dit doen nie.
Doen weg met kwotas, kwota moet ń vloekwoord word, en kies ń speler op sy prestasie, maak nie saak of hy geel groen of pienk is nie.
Die begin span was reg gekies , dit is vir ons bewys, ons het die wedstryd verloor met al die veranderinge op die einde. Rugby puriste sal die detail weet en hoef nie te spekuleer nie. Rassie is op die regte pad en is klaar besig om ń verskil te maak.

alwyn burger ·

Dit lyk my daar is tog lig voor in die tonnel! Is die beroemde AB aura besig om te taan?

Skyn ·

Kan iemand sê wat die strafskoptelling in die wedstryd was. Speel die AB nie gewoonlik so bietjie buite die reels en is die heeltyd in die skeidsregter se oor nie. Toe hulle gestraf word vir van die kant af skoonmaak by los, oor die bal val, onkant lê het die bokke hulle ore aangesit.
Rassie wys daarop dat die reserwes nie voldoende wedstryd tyd gehad het nie. Hoekom kies hy dan ‘n splinternuwe vaskop?

Smirre ·

@Frank: goeie observasie – eerstens hardloop Ioane so makik soos deur ‘n waenhuisdeur en druk in die hoek. Kolbe en Willemse missing in action. Toe die strafskop in die hoek dejavue. Posisionele spel groot vraagteken.

wolla ·

Strafskop op kritieke tyd afstaan, groot vraagteken. Wit ou kos ons die game.

Smirre ·

Wolla is jy ‘n papegaai want jy se dieselfde ding oor en oor….??

Buffel ·

@wolla – rassekaarte dra geen water. Jy wys jou ware kleure vir almal om te sien.

Waarheid maak seer ·

Jy weet mos hoe werk dit Buffel, as die feite te oorweldigend raak en die argumente droog op gryp hulle na die rassekaart of raak persoonlik. Dis ‘n ou laai, want dan moet almal bes gee en so word hierdie gedrag net versterk vir ‘n volgende keer. Mens raak hartlik dik vir dit.

Swartwolf ·

Ou Wolla hoeveel kommentare hier het jou nou al uitgeroep as subjektief mbt ras en kleur. Wat wil jy jou eintlik bereik deur aan te hou om spelers as individue uitmekaar te trek ?

Smirre ·

Korrek, begin span reg gekies. Dis die beste span beskikbaar behalwe Vermeulen of Whiteley op 8, en ‘n beter opsie in die breakdown in Kholisi se plek asook Marx/Whiteley of Vermeulen as kaptein. O en natuurlik ‘n regtervleuel wat kan verdediging. Maar die politici sal nie leer nie. Kwotas belangriker as resultate.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.