Bokke wys senuwees van staal

Franco Mostert en Boni Mbonami ná die wendrie. Mostert het sy puik lynstaanwerk in die laaste lynstaan voortgesit en Mbonambi het die goeie rolmaal met die wendrie afgesluit. (Foto: Twitter @Springboks)

Só gaan die Springbokke nie die Wêreldbeker-toernooi wen nie, maar aan die ander kant is dit ook die kenmerke van ʼn goeie span om wedstryde te wen wanneer hy nie goed speel nie.

Dít het die Springbokke laat Saterdagaand in Parys gewys toe hulle die Franse met 29-26 geklop het nadat hulle rustyd met 9-16 agter was.

Die Franse het gebiedsvoordeel geniet, het die meeste besit verower en het veel minder duikslae uitgevoer en gemis (6 teenoor 22), maar hulle kon steeds nie wen nie.

Die Bokke het tam en lusteloos voorgekom, veral in die eerste helfte. Hulle het gans te veel besit weggeskop en ʼn magdom foute begaan, maar steeds die nodige veggees getoon om in die laaste vier minute vier lynstane af te dwing en toe met ʼn rolmaalbeweging die wendrie in die 85ste minuut gedruk.

Was dit dalk die onsinnige besluit om die Bokke in wit truie te laat speel?

En hoekom is dit gedoen, want van wanneer af bestaan daar by die Springbokke iets soos om in wegtruie te speel? Dis tog immers nie dat die Franse blou en die Bokke se groen sou bots nie? Dit het dan nog nooit nie.

Ja, dalk het tye verander, want die Bokke het mos verlede jaar in Argentinië met rooi truie gespeel.

Uitblinkers aan Springbokkant?

Die plaasvervangers, Francois Louw en Bongi Mbonambi (wat die wendrie gedruk het). So ook Cheslin Kolbe.

Dan het Franco Mostert ook sy waarde gewys, Duane Vermeulen was rotsvas en RG Snyman het in die tweede helfte reuse werk gedoen.

Agterlangs het die skrumskakel Faf de Klerk te veel geskop. Was dit ʼn spanopdrag?

Of was dit omdat dit vroeër gereën het en die Franse nie met die beste lynstaanmanne spog nie?

Die oorwinning red die toer, want ná verlede week se nederlaag teen Engeland kon die Bokke dit nie bekostig om weer te verloor nie.

Maar ai, daar wag harde werk.

Puntemakers ‒

Suid-Afrika  (9) 29: Drieë: S’bu Nkosi, Bongi Mbonambi. Doelskoppe: Handré Pollard (2). Strafdoele: Pollard (5).
Frankryk (16) 26: Drieë: Guilhem Guirado, Mathieu Bastereaud. Doelskoppe: Baptiste Serin (2). Strafdoele: Serin (3). Skepdoel; Camille Lopez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

ChrisE ·

Ek vat enige dag ‘n lelike oorwinning voor ek ‘n mooi loesing vat. Kyk na die telbord. Die magtige All Blacks se breëborsdae en gepronkery gaan ook op ‘n dag einde kry. Daar is altyd iemand op die speelgrond wat die boelie gaan pak gee.

Tiekie ·

WAAROM TOG.. Verduidelik tog waarom jy enigsins die aanhoudende skrumskakel skoppues wil doen. Jy het die bal. Dn skom jy hom 15m vorentoe en hoop jy kry hom weer, nie eers n 50/50 kans nie. Ek verstaan nie….

JJ ·

Ek het nooit groot rugby gespeel nie, kon slegs 2es op skool as reserwe haal. So, iemand wat rugby ken; verduidelik asb vir my om watse rede skop Faf aanhoudend die balle in die hande van die opponente? Ook, verbeel ek my of hy is die nr9 wat die langste vat om balle op te tel en te pass? Gee hy nie so kans vir die opponente se verdediging om “in plek” te kom nie? Help my asb. Ek wil graag verstaan

Tik Tok... ·

Baie kleinlik om te sinpeel dat die baie professionele uitblinker span van die All Blacks boelie mentaliteit het. Hulle is uiters suksesvol want hulle het ‘n wenmentaliteit, en ten spyte van ‘n slegte vertoning wen hulle steeds die Engelse, dit het niks te make met boelie nie, dit is waarskynlik die presiese punt wat Pieter Kruger maak wanneer hy sê goeie spanne wen steeds wedstryd al speel hulle swak……of dit waar is van die Springbokke, weet ek nie so mooi nie, hulle wen laat my meer dink aan ‘n stukkende horlosie wat darem twee maal in 24 uur die regte tyd wys….

Swartwolf ·

Stem saam. Die All Blacks het die afgelope klomp jare gewys wat professioneel beteken. Hoeveel wedstryde gewen na amptelike tyd verstreke is. Laas Sa verloor bokke met een punt nadat hulle baie beter as AB’s gespeel het teen Engelse. AB’s haak hom deur. Twee wereld bekers in ‘n ry. Hulle “A span” spelers waarskynlik die beste in hul posisies op die planeet, Richie McCaw ‘n leier op en van die veld af en word erken as die grootste AB ooit. Reed vinnig om in sy voetspore te volg en hy verdien sy plek in die span en sy leierskap staan duidelik vir almal te sien. Spelers dra die trui net op meriete en respekteer die geskiedenis en waarvoor dit staan. SA het die spelers, solank hulle op meriete gekies word on enige span te kan klop. Ons kaptein is ‘n “dwarf in ‘n kings robe” en sukkel met sy spelpeil om in die span te bly praat nie van sy kapteinskap nie. Die bok pak speel beter sonder die kaptein as met hom op die veld. Die kwota sisteem het die waarde en respek vir die bok trui laat verval aangesien spelers wat sukkel op provinsiale vlak nou bokke word. Geen wonder ons voel geboelie nie…..

Stephen Namibia ·

Een van die swakste wedstryde wat SA hierdie jaar gehad het. Faf De Klerk het sy bes probeer om die wedstryd te verloor.

Spike ·

Geluk bokke, maar ons het nie ñ kaptein nie en waar is Kwagga ( fetcher)

Swartwolf ·

Stem saam Spike. Bly hulle kon darem die een deur die drif trek. Kaptein raak verlore as speler en kaptein en kom onbevoeg voor op die veld. Nadat Kolisi af is en Louw opgedraf het dit baie beter gegaan. Louw het ook die turnover gemaak wat uiteindelik gelei het tot die wendrie. Kwagga kon in die tipe wedstryd ‘n groot verskil gemaak het.

bollie ·

Kwagga is ‘n dwergie. Word rondgeruk soos ‘n lappop, useless. Ook maar goed ons het harde manne soos Kolisi, Louw en Vermeulen. Whiteley is ook ‘n vlinder, te lig in die broek.

pb ·

Ai..so lekker om die Bok weer te sien wen…maar, o wee…die up&unders van Fav dryf my tot waansin.!!! In die 1e 20 minute was daar seker 10 lugskoppe…ek kan nie onthou dat ons 1 kon wen nie? Iemand…praat tog met Rassie asb!!!! Polkard kan baie meer met daardie bal doen. Dam adverteer Fav ook sooo duidelik waneer hy gaan skop???

Frans C ·

Weereens doen Bollie sy naam gestand.Whiteley 1.93 meter 110 kg.Kolisi 1,88 meter 105 kg.Kwagga Smith 1.82 meter 93kg. Adrie Savea 1.88 en 95 kg. Smith pak dus meer gewig oor sy 1.88 as Savea oor sy 1.88 en dit maak hom meer gevaarlik want hy het as 7 speler bewys dat hy oor baie spoed beskik.

Ons soek ten minste een speler wat intelligent met sy agter spelers kan kombineer en vinnig by die afbreekpunt kan kom.

Hendrik ·

Baie geluk met die wen Bokke. Nigel Owens het bewys hy is die beste skeidsregter in die wêreld en regverdigheid was aan die orde van die dag.

Ouboet 2 ·

Frans C ou bollie is n wp man . Geen leeu speler sal ooit goed genoeg vir hom wees nie.

LHS ·

Mbonambi druk n drie wat deur die ander voorspelers gemaak is en dan is hy n uitblinker, Kolbe hardloop een keer met die bal en verbrou n drie dan is hy n uitblinker, Louw kry een keer sy hande op die bal en dan is hy n uitblinker. Ag asb. Bokke oor die algemeen was weereens in spelpatrone ingedruk wat nie werk nie.

Smirre ·

LHS ten minste het Mbonambi die drie gekry. Kolbe het weereens gewys hoekom hy nie toetsmateriaal is nie. Fransman tackle hom met een arm dat die bal doer trek. Combrink sou daai drie maklik gekry het. Louw het een van sy beter games gehad. Bly die bokke het gewen maar dit was maar ‘n powere poging.

Nico ·

Pieter Faf moet baie skop want hulle is robotte wat geprogrameer word. Bly om te sien dat Pollard geprogrameer was om strafskoppe pale toe te skop. Ja Siya is baie groot probleem want hy behoort nie in die span nie maar ANC kies deel van die span en Siya is een.

Hendrik UAE ·

Eish lyk vir my in die stupid wit truie staan Faf se voetjie nog meer regop!Hy adverteer daai skop darem vreeslik en gee verdomp net besit weg.Volg nie oorsese rugby nie maar waar is Reinach en het ons regtig nie n ander no 6 nie?

bollie ·

Orders van ons bewustelose afrigter. Met sy spelpatroon sal ons definitief nie vordering maak nie. As dit nie vir natuurlike spelbrekers soos Kolbe is nie, sal daar niks aangaan nie.

kolla ·

Dankie tog vir spelbrekers soos Kolbe anders sal daar wragtig niks aangaan nie. Kolisi die manne mooi laat fokus teen die einde. As dit nie vir die gekleurde kwotas is wat driee druk nie, weet ek nie. Miskien meer van die gekleurde manne in die beginspan kry, die wit kwotas ken net van stormram. Kort ‘n ander afrigter wat nie skoprugby speel nie.

Swartwolf ·

Rassie se replacements het die bokke die kans gegee om te wen. Eerstens Kolisi was nie aan die einde op die veld nie hy is gesub middel 2 de helfte na ‘n powere speler en leierskap vertoning in die eerste helfte. Sien sy rating is maar 4.5 uit 10. Du Toit, Louw en Vermeulen was die lostrio vanaf mid 2 de helfte. Hulle saam met RG Snyman en Pollard in die Ellende se plek het ‘n baie beter 2 de helfte bewerkstellig. Kolbe het weer gewys een tackle van ‘n Fransman en daar gaat die bal die kant toe en drie is verlore. Al wat hy gebreek het was 5 punte. Dwergery werk nie op toetsvlak nie. Moet se Mbonambi het great gespeel springers gevind in kritiese lynstane en bal gedra agter die pak se dryfwerk vir wendrie.

Anoniem ·

Ek bly ‘n Bok – ondersteuner ! BAIE GELUK ! Voorspoed en sterkte ??

Posduif ·

Pos vir nr 9. Faf, vaf paf. Al wat Hy kan doen is skop, skop, skop skop en dan kry hy dit ook nie eers reg nie.

bollie ·

Besig om die wedstryd af te laai, sal dan aandagtig kyk en ‘n ingeligte mening gee.

Smirre ·

Ja bolla/kolla/bollie kyk die recording want jy weet nie eers Kolisi was gesub nie…Dan kan jy sommer sien hoe baie bollie jy hier praat oor kwota driee en spelbrekers…..ha ha ha.

Ria Naude ·

Hi posduif…ons gaan jou stuur om vir Faf te sê…”Faffa, we love you”…

Swartwolf ·

Stem – Faf het baie geskop maar dalk was dit instruksies. Hy het ‘n fantastiese jaar as bok gehad en is een van die leiers in die span. Sonder hom is die opsies op skrumskakel papierdun…..

Rinkhals ·

Ha ha hy het nie die game gekyk nie weet nie Kolisi is gesub op 64 min nie….Dan se hy hy gaan die game kyk en ‘n ingeligte opinie gee. Wat ‘n nar.

Rinkhals ·

Ha ha hy het nie die game gekyk nie weet nie Kolisi is gesub op 64 min nie….Dan se hy hy gaan die game kyk en ‘n ingeligte opinie gee. Wat ‘n nar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.