Bokke wys senuwees van staal

Franco Mostert en Boni Mbonami ná die wendrie. Mostert het sy puik lynstaanwerk in die laaste lynstaan voortgesit en Mbonambi het die goeie rolmaal met die wendrie afgesluit. (Foto: Twitter @Springboks)

Só gaan die Springbokke nie die Wêreldbeker-toernooi wen nie, maar aan die ander kant is dit ook die kenmerke van ʼn goeie span om wedstryde te wen wanneer hy nie goed speel nie.

Dít het die Springbokke laat Saterdagaand in Parys gewys toe hulle die Franse met 29-26 geklop het nadat hulle rustyd met 9-16 agter was.

Die Franse het gebiedsvoordeel geniet, het die meeste besit verower en het veel minder duikslae uitgevoer en gemis (6 teenoor 22), maar hulle kon steeds nie wen nie.

Die Bokke het tam en lusteloos voorgekom, veral in die eerste helfte. Hulle het gans te veel besit weggeskop en ʼn magdom foute begaan, maar steeds die nodige veggees getoon om in die laaste vier minute vier lynstane af te dwing en toe met ʼn rolmaalbeweging die wendrie in die 85ste minuut gedruk.

Was dit dalk die onsinnige besluit om die Bokke in wit truie te laat speel?

En hoekom is dit gedoen, want van wanneer af bestaan daar by die Springbokke iets soos om in wegtruie te speel? Dis tog immers nie dat die Franse blou en die Bokke se groen sou bots nie? Dit het dan nog nooit nie.

Ja, dalk het tye verander, want die Bokke het mos verlede jaar in Argentinië met rooi truie gespeel.

Uitblinkers aan Springbokkant?

Die plaasvervangers, Francois Louw en Bongi Mbonambi (wat die wendrie gedruk het). So ook Cheslin Kolbe.

Dan het Franco Mostert ook sy waarde gewys, Duane Vermeulen was rotsvas en RG Snyman het in die tweede helfte reuse werk gedoen.

Agterlangs het die skrumskakel Faf de Klerk te veel geskop. Was dit ʼn spanopdrag?

Of was dit omdat dit vroeër gereën het en die Franse nie met die beste lynstaanmanne spog nie?

Die oorwinning red die toer, want ná verlede week se nederlaag teen Engeland kon die Bokke dit nie bekostig om weer te verloor nie.

Maar ai, daar wag harde werk.

Puntemakers ‒

Suid-Afrika  (9) 29: Drieë: S’bu Nkosi, Bongi Mbonambi. Doelskoppe: Handré Pollard (2). Strafdoele: Pollard (5).
Frankryk (16) 26: Drieë: Guilhem Guirado, Mathieu Bastereaud. Doelskoppe: Baptiste Serin (2). Strafdoele: Serin (3). Skepdoel; Camille Lopez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Niklaas

Mooi Bokke ! Naelskraap , maar ‘n wen is ‘n wen .

ChrisE

Ek vat enige dag ‘n lelike oorwinning voor ek ‘n mooi loesing vat. Kyk na die telbord. Die magtige All Blacks se breëborsdae en gepronkery gaan ook op ‘n dag einde kry. Daar is altyd iemand op die speelgrond wat die boelie gaan pak gee.

Tiekie

WAAROM TOG.. Verduidelik tog waarom jy enigsins die aanhoudende skrumskakel skoppues wil doen. Jy het die bal. Dn skom jy hom 15m vorentoe en hoop jy kry hom weer, nie eers n 50/50 kans nie. Ek verstaan nie….

JJ

Ek het nooit groot rugby gespeel nie, kon slegs 2es op skool as reserwe haal. So, iemand wat rugby ken; verduidelik asb vir my om watse rede skop Faf aanhoudend die balle in die hande van die opponente? Ook, verbeel ek my of hy is die nr9 wat die langste vat om balle op te tel en te pass? Gee hy nie so kans vir die opponente se verdediging om “in plek” te kom nie? Help my asb. Ek wil graag verstaan

Tik Tok...

Baie kleinlik om te sinpeel dat die baie professionele uitblinker span van die All Blacks boelie mentaliteit het. Hulle is uiters suksesvol want hulle het ‘n wenmentaliteit, en ten spyte van ‘n slegte vertoning wen hulle steeds die Engelse, dit het niks te make met boelie nie, dit is waarskynlik die presiese punt wat Pieter Kruger maak wanneer hy sê goeie spanne wen steeds wedstryd al speel hulle swak……of dit waar is van die Springbokke, weet ek nie so mooi nie, hulle wen laat my meer dink aan ‘n stukkende horlosie wat darem twee maal in 24 uur die regte… Lees meer »