Boklose Cheetahs reg vir Vrydag se eerste Pro14-wedstryd

Francois Venter – nie in die toergroep nie (Foto: fscheetahs)

Twee Springbokke, die kaptein en senter Francois Venter en die flank Oupa Mohoje, sal nie saam met die Cheetahsgroep vertrek wat Vrydag in Belfast teen Ulster hul buiging in die Pro14-reeks maak nie.

Die groep van 28 spelers sluit wel twee huidige Blitsbokke, Cecil Afrika en Rosco Specman, in en ook vir Ryno Benjamin, wat die Blitsbokke ook oor 11  jaar (2005 tot 2016) in 37 toernooie verteenwoordig het. Die ander huidige Blitsbok by die Cheetahs, Chris Dry, is nie gekies nie.

Venter is soos Mohoje lid van die Springbokgroep. Mohoje is boonop beseer.

Sergeal Petersen het wel verlede jaar saam met die Springbokke getoer maar word nie as ʼn Springbok beskou alvorens hy in ʼn toets gespeel het nie.

Daar is geen verrassings in die toergroep wat sy tweede oorsese wedstryd op 9 September teen verlede seisoen se verloor-finalis, Munster, speel nie. Munster word tans nog afgerig deur Rassie Erasmus wat eersdaags na Suid-Afrika terugkeer.

Die Cheetahs se eerste tuiswedstryd is die week daarna, op 17 September teen die Italiaanse span Zebre.

Cheetahs-toergroep –

Charles Marais, Ox Nche, Joseph Dweba, Jacques du Toit, Torsten van Jaarsveld, Erich de Jager, Aranos Coetzee, Tom Botha, Justin Basson, Armandt Koster, Reniel Hugo, Rynier Bernardo, Paul Schoeman, Henco Venter, Gerhard Olivier, Niell Jordaan, Shaun Venter, Tian Meyer, Zee Mkhabela, Cecil Afrika, Robbie Petzer, Makazole Mapimpi, Ali Mgijima, William Small-Smith, Rayno Benjamin, Rosko Specman, Sergeal Petersen, Clayton Blommetjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico K ·

Willie, ek aanvaar jy werk vir die liefde van die saak en kry nie geld daarvoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.