Bokpaadjie vol dorings

Springboks logoHoe weeg jy Francois Louw teen Jaco Kriel op? Hoe kies jy Duane Vermeulen bo Warren Whiteley? Op grond waarvan verdien Steven Kitshoff `n plek in die Springbokspan? Wat nou gedoen met die aansprake van Bryan Habana, Johan Goosen en Francois Hougaard?

Dis maar `n paar van die probleme waarmee die Bokafrigter, Allister Coetzee, opgesaal sit, want daar is verskeie oorsese spelers wat in sy visier is. Boonop raak spelers plaaslik beseer (soos Siya Kolisi, Frans Malherbe en Jan Serfontein) en word die spens al hoe leër.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie se beleid is om net spelers wat in Nieu-Seeland speel, vir die All Blacks te kies.

Dis hoekom die afrigter, Steve Hansen, reeds sy groep vir die komende Rugbykampioenskap Maandag aanwys. Hy het die afgelope ses maande genoeg gesien, in die Superreeks en ook in die toetsreeks in Junie teen Wallis.

Daar speel `n rits Nieu-Seelanders in Engeland en Frankryk, maar as jy vir die All Blacks wil speel, sê jy totsiens aan toetsrugby.

Hansen kan kies en keur, want drie Nieu-Seelandse spanne, die Hurricanes, Chiefs en Highlanders (al skop hulle die meeste van die Nieu-Seelandse spanne) speel in die halfeindronde van die Superreeks en speel soos Hansen dit wil hê. Só ook die Crusaders, wat verlede week teen die Lions verloor het.

Maklik, nê!

Maar wat van die Bokke?

Kon `n mens ook al agterkom watter spelpatroon Coetzee omarm het? Die reeks teen die Iere moes Coetzee se paadjie uitgestippel het, maar toe raak dit vol dorings. Namate die reeks gevorder het, het Coetzee al hoe meer Lions ingespan, maar kan hulle na drie-vier jaar onder Johan Ackermann en Swys de Bruin by Coetzee se patroon inval?

Coetzee het aan die einde van Mei sy eerste groep van 31 spelers aangewys vir die reeks teen die Iere, maar sy nuwe groep kan heel anders daar uitsien.

Daar is kommer oor die peil van Willie le Roux; die tekortkomeninge van Garth April en Lwazi Mvovu is uitgewys; die kombinasie van Lionel Mapoe en Damian de Allende is nie veel om oor huis toe te skryf nie; en verdien JP Pietersen nog sy plek?

Boonop het Courtnall Skosan, Rohan Janse van Rensburg en Malcolm Marx die afgelope paar weke al hoe sterker na vore getree.

Maar sal Coetzee die moed van oortuiging hê om hulle te kies?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Herman Goosen ·

Pieter de Villiers en Heyneke Meyer het albei vergeefs probeer om ou ballies met ‘n groen trui na iets te laat lyk. Die probleem is ervaring maak dat jy weet hoe om te speel, maar nie noodwendig om dit fisies reg te kry nie. In ;n land waar jy om elke tweede bos ‘n fantastiese speler uitskop behoort daar min plek vir ervaring te wees sedert dit onnodig is. Hoevvel keer het ons al gesien hoe briljante spelers slegs weens ander se beserings Springbokke geword het briljant presteer het. Ek dink maar aan iemand soos Heinrich Brussow wat in sy eerste Springbok wedstryd die man van die wedstryd was. En om te dink Meyer het hom slegs ingesluit want sy nepotistiese keuse was beseer gewees. Ons almal weet dat swak bestuur en nie ‘n gebrwk aan talent die Springbokke se ondergang is. MOENIE BEKOMMER OOR WIE OP DIE VELD DRAF NIE – WEES EERDER BESORGD OOR WIE IN BEHEER EN IN SPRINGBOK BESTUUR STAAN. – Dit is waar die probleem sit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.