Bokspelers maar flou teen Pretoria se Blou

Die Springbokafrigter, Jacques Nienaber. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Springbok-afrigter Jacques Nienaber is dankbaar dat die spelers in sy nasionale groep speelkans voor die toetse teen die Britse en Ierse Leeus gekry het, maar hy is terselfdertyd teleurgesteld met die uitslag van gister se wedstryd.

’n Bloubulspan – met ’n skitterende Johan Goosen voor in die koor – het ’n SA A-span (gelaai met Springbokke) met 17 – 14 getroef.

“Ons het hierdie wedstryd nodig gehad om alles voor die toetse agtermekaar te kry en ek is bly dat ons die geleentheid gekry het,” het Nienaber gesê.

Volgens die afrigter het die kragmeting inderdaad vir ’n paar antwoorde op sy vrae gesorg – veral wat die gereedheid van individuele spelers betref.

Die Bulle het dus die kaf van die koring geskei en daar is ’n duidelike streep in die sand getrek tussen die spelers wat teen die Leeus sal uitdraf en dié wat die aksie vanuit hul pawiljoensitplekke sal moet dophou.

“Ek wou gehad het die ouens moes hul kleim vir ’n plek in die toetsspan afsteek, maar ongelukkig het nie almal dit gedoen nie.  As ’n span was ons beslis nie op dreef nie en ek blameer myself ook vir die toedrag van sake.”

Daar is eers op die nippertjie bevestig dat die wedstryd sal plaasvind, maar volgens Nienaber moet dit geen verskoning vir die span se swak vertoning wees nie en hy het veral meer van die pak voorspelers verwag.

“Die Bulle was goed en die hartseerste ding is dat hulle meer desperaat was om die wedstryd te wen.”

Dan het die voormalige Springbok-vleuel, Bryan Habana, ook meer van die Bok-spelers verwag.

“Gegewe al die ontwrigtings sou ek die groep eerder as Suid-Afrika se C-span bestempel, maar hulle het verloor. ’n Paar van die ouens het hulself ongelukkig uit die toetsspan gespeel,” het die vleuel op Sky Sport gesê.

  • Intussen het die manne van Die Losgemaal met die Bloubulheld Casper Steyn gesels.

Foto: Verskaf.

Die 47-jarige oudspeler deel onder meer sy herinneringe oor die Bulle se geskiedkundige oorwinning teen die Britse en Ierse Leeus in 1997 (’n wedstryd waarin hy 20 punte aangeteken het), terwyl hy ook oor die plaaslike spanne se ingesteldheid vir die huidige toerwedstryde praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

Dit bewys nou maar net weer die feit dat ons geen diepte in kwaliteit het nie. Ons het ‘n wereldklas top-span van se 25 spelers, die res is baie ver van daai gehalte af. Kommerwekkend. Die Leeus sou hierdie SA “A” span gerieflik geklop het.

MakersMark ·

Ja op die dag. Woensdag toe klop hulle die Leeus. En die bulle SA A wys jou die inconsistency van SA rugby.

Chris dupreez ·

Hier kon jy sien Elton Jantjies hoort nie in Springbok kleure

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.