Bokvrae oor moeë Kolisi

Siya Kolisi – hy lyk moeg. Foto GB Jordaan)

Dit sal een van Rassie Erasmus se moeilikste besluite wees, maar sy Springbokkaptein, Siya Kolisi, kort ʼn ruskans.

Kolisi was Saterdagaand in Parys sonder fut. Dit het byna gelyk of hy lyf weggesteek het.

Die lang seisoen het klaarblyklik sy tol geëis en die bykomende verantwoordelikhede van kaptein wees, speel ook ʼn rol.

Volgens die wedstrydstatistiek het Kolisi slegs nege duikslae uitgevoer, een daarvan gemis en ook twee keer besit afgestaan.

Dít nadat hy die derde meeste suksesvolle duikslae (67) in vanjaar se Rugbykampioenskap uitgevoer het en een van die voorste baldraers was.

Die meeste ontleders het hom Saterdag ʼn punt van tussen drie en vyf uit 10 vir sy vertoning in die wedstryd gegee.

Hy is in die 57ste minuut deur Francois Louw vervang, wat dadelik ʼn groot impak gemaak het.

Ja, dit is ʼn nuwe neiging van afrigters om hul kapteins in die tweede helfte te vervang. Die Engelse het Saterdag vir Dylan Hartley (weer) vervang, só ook die Franse vir Guilhem Guirado.

Maar hoekom?

Ook geoordeel aan Saterdag se vertonings en uitslae, is dit duidelik dat die bestuur van die spelers, en nie meer die ranglysposisie nie, aanstaande jaar in Japan die sleutel tot welslae in die Wêreldbekertoernooi sal wees.

Die Bokke het met 29–26 teen Frankryk deurgeskraap, die All Blacks kon Engeland net met 16-15 klop en daar was oorwinnings vir Wallis (9-6 oor Australië), Ierland (28–17) oor Argentinië,  Skotland (54–17) oor Fidji en Italië (28–17) oor Georgië.

Wat kan ʼn mens van die Springbokke se vertoning sê nadat Bongi Mbonambi die wendrie in die 84ste minuut teen die Franse gedruk het ná ʼn rolmaalbeweging wat op vier agtereenvolgende wen-lynstane gevolg het?

As dit die dag reën, wag daar probleme, soos die soveelste keer vanjaar.

Maar soos die All Blacks dit al jare lank doen, het die Bokke ook bewys dat ʼn wedstryd nie verby is voordat die eindfluitjie geblaas het nie.

Die Bokke het aanhou veg, die Franse gewurg en gewurg en toe toegeslaan.

Erasmus se bloudruk word al hoe duideliker, maar daar is steeds vrae oor sy diepte, oor ʼn tweede heelagter en ʼn tweede senter- en skakelpaar asook die regte losvoorspelerkombinasie.

En sy kaptein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Andre ·

Rassie hoef nie verder te kyk as Whiteley nie. Die beste kaptein, selfs beter as Kolisi.

Schoemie ·

Die grootste vraag is: Waarvan is hy moeg? Sekerlik nie van speel nie…

Peet ·

Kolisi is nie ‘n goeie kaptein nie. Punt. En hy is ook nie onder die tien beste losvoorspelers in die land nie…

Tik Tok... ·

Kolisi se kapteinskap herinner aan die uitdrukking, “A dwarf dressed in a giant’s robe ” uiteindelik gaan die bykomende druk as kaptein te veel wees en sy spelpeil negatief beinvloed; waarskynlik wat reeds gebeur. Leierskap is nie almal beskore nie.

Swartwolf ·

Goeie insiggewende artikel dankie Pieter. Bok kaptein het maar ‘n paar powere vertonings agter die rug. Dit kan moegheid wees of selfs die las van kapteinskap. Vraag is waarom kan ander spelers soos Pieter Steph du Toit wat speel tot hy huil maar hy hou aan, Vermeulen, Kitshoff vir die bokke, Retallic, Sevea, Whitelock, vir die AB’s en Kruis vir die Engelse, en ek noem net voorspelers hier, toets in en toets uit klipharde rugby speel en dit na ‘n “domestic season” waar hulle ook gespeel het ? Is die las van kapteinskap so groot vir Kolisi? Of is dit ‘n “bridge too far” vir sy spelvermoe en leierskap ? My mening is hy is ‘n goeie provinsiale speler en kaptein dalk….en dis waar dit eindig.

rollie ·

Hy is nie die enigste een wat moeg lyk nie. Marx, Whiteley en Mostert is ook maar effentjies. Etsebeth se kragspel is gemis. Groot sondaar was “ek skop alles weg” De Klerk. Mbonambi het mooi afgerond teen die einde. Ek twyfel ook of Le Roux se aangee vir Dyanti se drie vorentoe was. Dinge het beter gelyk die paar keer wat De Klerk die bal gepass het. Nie juis een uitstaande speler nie, miskien Vermeulen.

bollie ·

Mbonambi behoort Marx te vervang in die beginspan. Marx lyk moeg, so ook Whiteley en Mostert. Papier in vir “ek skop alles weg” De Klerk.

Swartwolf ·

O hemel nee vir Papier frommel hulle op hy is papierdun. Faf het geskop op instruksie. Dis nie sy normale game nie. Kyk na sy great performances laaste paar toetse? Is daar nie ‘n Joost erens nie ? Almal na amateurs laat lyk.

bollie ·

Vermeulen en Etsebeth is die enigste ander alternatiewe as kaptein. Ouens soos Whiteley is nie eerste keuse spelers nie.

Pietman ·

Watse bloudruk? Weet die spelers daarvan? Slaankrag en planmakers ontbreek in agterlyn – manne kannie of weet nie hoe om bal effektief te versprei nie – twee blitse op vleuel kry nie balbesit nie! Voorspelers bring hulle kant – agterlyn, veral senters doellose spel.

bollie ·

Help nie as die skrumskakel driekwart van die bal doelloos wegskop nie.

Anoniem ·

Vervang die Kaptein dadelik asb, want nou gaan dit oor besluitneming en punte op die telbord ????

wolla ·

Weet nie hoekom Kolisi uitgesonder word nie. De Klerk en Whiteley was swakker op die dag.

Swartwolf ·

Dis seker rassisme dat almal sien hoe power speler en leier hy is. Niks met kwotas uit te waai nie.

wolla ·

Whiteley is a “wannabe” kaptein. Dis nodig om te noem hoe swak hy gespeel het.

Wesley ·

Eerlik dink ek n paar spelers kan doen met n ruskans. Waar was die groot impak wat die oorsee se spelers moes bring gister? Waar was die grote Thor en Whiteley wat moes impak maak as die atletiese 8ste man? Van Zyl was eintlik baie baie goed laas week, le ons dalk nie te veel op sekere spelers wanneer ons moet diepte bou nie? Daar nog net 9 toetse oor voor WB. Kolisi kort ook n rus, sy peil is besig om weer erg te daal en die leierskap kern ondersteun maar baie sleg op die oomblik. Speel dalk Notshe, van Zyl, RG, Bongi, Esterhuizen en Willemse teen Skotland. Hul is glad nie n span om nie ernstig te neem nie maar dit dalk tyd nou om sekondere spelers in n kookwater toets te gooi.

waarheid ·

Nou hoekom is die ander nie ‘moeg’ nie?
Lyk nie of hy die ‘job’ kan doen nie.

Derick ·

Nee mense los vir Kolisi daar. Hy moet in die span bly, en veral as kaptein.
Dis al hoe my span die AB die Bokke kan wen en moontlik die WC.

All Black ·

Derick jy is ‘n regte grapkas so op ‘n Maandag oggend. Mooi man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.