Boland durf SWD met nuwe skakelpaar aan

Die Boland Kavaliers durf die SWD Arende Vrydag in hul wedstryd in die Supersportreeks op Outeniekwapark in George met ʼn nuwe nuwe skakelpaar aan.

Adriaan Carelse (losskakel) en Vian van der Watt (skrumskakel) vervang onderskeidelik vir Elgar Watts (armbesering) en Fred Muller (rotasie).

Sergio Torrens vervang Danwel Demas (kniebesering) op linkerleuel in die opdrafspan.

Jovelian de Koker, JP Coetzee en Edwin Sass vervang onderskeidelik vir Van der Watt, Logan Basson en Torrens op die bank.

Afskop: 19:00.

Die span –

15. Divan Nel, 14. Charlie Mayeza, 13. Alcino Izaacs, 12. Christopher Bosch, 11. Sergio Torrens, 10. Adriaan Carelse, 9. Vian van der Watt, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Wayne Wilschut (onderkaptein), 6. Kenan Cronjé, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Linda Thwala. Bank: 16. Chadley Wenn, 17. Arnout Malherbe, 18. Dylan Pieterse, 19. Ludio Williams, 20. Jovelian de Koker, 21. JP Coetzee, 22. Edwin Sass.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.