Boland kroon víér nuwe kampioene

Die Boland-rugbyunie (BRU) het Saterdag op Esselenpark, Worcester, ʼn nuwe kampioen in elk van sy vier ligas gekroon.

Worcester Villagers het die Grootuitdaagbeker by die verdedigende kampioen, Roses United (Wellington) afgeneem deur die eindstryd met 36-29 te wen.

Roses was rustyd nog met 19-17 voor, maar die tuisspan het in die tweede helfte die beheer oorgeneem.

Nie een van die ander titelhouers het vanjaar die uitspeelstryd gehaal nie.

Nóg ʼn Worcesterse span, Perseverance, het die Streekuitdaagbeker gewen deur Touwpark met 37-19 te verslaan (rustyd 12-0).

Klipdrift het ʼn rustyd-agterstand van 7-10 teen Evergreens Nuy in ʼn sege van 19-15 omskep om die Gemeenskapskild in sy bekerkas staan te maak.

Die nuwe Eerste Liga-kampioen is Young Warriors (Montagu) wat Helderstroom met 60-18 afgemaai het (rustyd 22-6).

Danro Kock het 26 punte tot die slagting bygedra deur twee drieë te druk, ses te verdoel en met ʼn strafdoel te slaag.

Die puntemakers –

Worcester Villagers 36 (19) – Drieë: Granville Jansen (2), Gurswin Africa, Yrin Belielie, Elton Valla. Doelskoppe: Yaseed Johnson (4). Strafdoele: Yaseed Johnson.
Roses United 29 (19) – Drieë: Kenan Abrahams, Maxwill van Louw, Kennedy Borman, Tyrone Abelse. Doelskoppe: Jacquin Jansen (3).
Strafdoele: Jacquin Jansen.

Worcester Perseverance 37 (12) – Drieë: Regan Brown, Garth Jacobs (3), Hubert Human. Doelskoppe: Elrich Johnson (2), Ethan Setera. Strafdoele: Elrich Johnson, Ethan Setera.
Touwpark 19 (0) – Drieë: Jermaine Cloete, Jerome Petro, Christopher le Grange. Doelskoppe: Clayton Isaacs (2).

Klipdrift 19 (7) – Drieë: Faizel Fielies, Jerome Arendse, Alvino Louis. Doelskoppe: Faizel Fielies, Johannes Claasens.
Evergreens Nuy 15 (10) – Drieë: Llewellyn Segelaar, Bernard Anthony. Doelskop: Carlo Wildschut. Strafdoel: Carlo Wildschut.

Young Warriors 60 (22) – Drieë: Dullen Lakay, Danro Kock (2), Daviron Davids, Brandon Opperman, Marchall Stallenberg, Rogan Williams (2), Zebunathi Twezi. Doelskoppe: Danro Kock (6). Strafdoele: Danro Kock.
Helderstroom 18 (6) – Drieë: Ryno Strauss, Sergio Cupido. Doelskoppe: Josua Martinus. Strafdoele: Josua Martinus (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.