Boland moet lig trap vir Grens

Boland-logo-swartBoland moet lig trap vir Grens as dié twee spanne mekaar Donderdag in die Buffalostad-stadion in Oos-Londen in die opstelronde van die reeks om die Curriebeker aandurf.

Grens draf voor sy tuisskare op met die wete dat `n nederlaag sy kans om vir die Curriebekerreeks in aanmerking te kom `n ernstige knou sal toedien. Hy het dusver vanjaar bra wisselvallig vertoon, maar het die skietgoed om die besoekers te klop.

Boland is op sy beurt nie net die gunsteling om die wedstryd te wen nie, maar ook om uiteindelik een van die drie nie-franchise-bonde in Suid-Afrika se topreeks te wees.

`n Taai stryd wag egter in die pylvak van die opstelronde en daar is geen ruimte vir oorgerustheid nie.

Die Bolanders het min verander aan die span wat twee weke gelede die Suidwestelike Distrikte 32-16 geklop het.

Adriaan Carelse vervang Theuns Kotzé, die Namibiese Wêreldbeker-speler, op losskakel; en die stutte Francois Hanekom en Basil Short ruil om. Hanekom sak dié keer aan die vaskopkant en Short op loskop.

Daar is vier nuwe gesigte op die bank: die Zaïre-gebore Yves Bashiya, Okkie van Zyl, William van Wyk en Gerrit van Wyk.

Die span –

15. Nico Scheepers, 14. Sergio Torrens, 13. Ryan Nell (kaptein), 12. Christopher Bosch, 11. Danwell Demas, 10. Adriaan Carelse, 9. Murnus Hugo, 8. Zandré Jordaan (onderkaptein), 7. Shaun McDonald, 6. Shaun Adendorff, 5. Ferdi Horn, 4. Hanno Kitshoff, 3. Francois Hanekom, 2. Chadley Wenn, 1. Basil Short. Bank: 16. JC Genade, 17. Yves Bashiya, 18. Okkie van Zyl, 19. Wayne Wilschut, 20. Gerhard Jordaan, 21. William van Wyk, 22. Gerrit van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.