Boland se voorstes stamp koppe in kwarteind

BOLAND-ama-logoDie voorste Bolandse klubs stamp Saterdag in die Bolandstadion op Wellington koppe in die kwarteindronde van die bond se reeks om die Grootuitdaagbeker.

In die eerste wedstryd 11:30 spring Saldanabaai (Swartland-Weskus) en Caledon (Overberg) aanmekaar. Robertson (Breërivier-Langeberg) en Hillcrest United (Witzenberg-Sentraal) pak mekaar 13:00. Hawston (Overberg) en Wesbank (Swartland-Weskus) kom 14:30 aan die beurt.

Die hoofwedstryd 16:00 is tussen die verdedigende kampioen, Worcester Villagers (Breërivier-Langeberg), wat sy verpligtinge in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker afgehandel het, en Roses United (Witzenberg-Sentraal).

Die halfeindronde word 15 Oktober en die eindstryd 22 Oktober beslis.

Die hekke open 10:00 en toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir leerlinge.

Die Bolandse Rugbyunie (BRU) wys daarop dat verskeie strate in die woonbuurt rondom die Bolandstadion van 09:00 uur Saterdag gesluit sal wees om die verkeersvloei te beheer.

Openbare parkering sal by Huis Andrew Murray (oorkant die stadion se B-veld) teen R20 per voertuig beskikbaar wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.