Boland se wen nie genoeg vir uitspeelplek

luiperds logoDie Boland Kavaliers het weliswaar die naweek 27-6 teen die Border Bulldogs gewen, maar dit was nie genoeg om vir die uitspeelrondes in die Curriebeker se Eersteliga te kwalifiseer nie.

Die SWD Arende en die Valke het albei genoeg gedoen om die laaste twee plekke te bespreek, ondanks die 50-29 neerlaag van die Valke teen die Luiperds. En die Arende se 42-27 sege oor die Griffons het nie `n effek op die tweede plek van  die Welkomspan gehad nie.

Ironies genoeg sal die halfeindstryde `n herhaling van die naweek se wedstryde wees, met die Griffons wat tuis teen die SWD speel en die Luiperds wat weer in Potchefstroom teen die Valke uitdraf.

Die halfeindstryde vind eerskomende naweek plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.