Boland skok 14-man Pumas

boland-logo-cropDieKavaliers is wel vanjaar ʼn verrassing in die Premierliga maar nog ver van die volmaakte produk af. En die Pumas was eintlik grootliks vir hulle neerlaag verantwoordelik – en nou noem ʼn mens nie eers die rooi kaart van hulle senter Tyler Fisher in die 27de minuut nie.

Volpunte vir probeer, soos die drie van Kevin Luiters kort voor die einde bewys het, en ook omdat die Pumas twee bonuspunte na hierdie drie gekry en verdien het.

Die Kavaliers het as eenheid beïndruk, selfs na hulle kaptein Ryan Nell in die 12de minuut met ʼn beseerde enkel van die veld af is. Hulle het aan fases gebou met geduld as wagwoord en hulle geleenthede gebruik wanneer dit daar was.

Die Pumas daarenteen, selfs voor die verliese van Fisher, het eenvoudig  te veel foute gemaak. Dit die beter struktuur van die Boland, hulle groter geduld by die afbreekpunte en beter gebruik van hul besit wat uiteindelik die deurslag gegee het.

Hulle is nou vierdie laaste op die puntelys – en die Pumas soek steeds na hulle eerste oorwinning met net die OP Kings onder hulle.

En die rooikaart? Absoluut korrek, want Fisher het met sy voorarm ʼn teenstander in die gesig probeer afstamp.

Maar: watter span doen dit nie?

Puntemakers –

Boland (13) 25: Drieë: Adriaan Carelse, Robert Louw, Shaun Adendorff.  Doelskoppe: Theuns Kotze 2. Strafdoele: Kotze. Skepdoel: Kotze.

Pumas: (5) 22 : Drieë: Renaldo Bothma, Leighton-Ray van Wyk, Kevin Luiters. Doelskoppe. Francois Brummer..

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.