Boland: sowat van mededinging nie aldag te sien

hawstonSowat van mededinging as wat die Boland se klubligas bied, sien `n mens nie aldag nie en Saterdag se eindronde het dit ten beste uitgelig.

Die twee vernaamste bekers is in die Overberg staangemaak, met die nuwe Grootuitdaagkampioen, Hawston, wat 32-27 teen Saldanhabaai (Swartland-Weskus) gewen het; en Napier het Rawsonville (Breëvallei-Langeberg) 32-17 om die Streekuitdaagbeker geklop.

In die reeks om die Gemeenskapskild was Majestics 38-34 oor Tandfontein (Witzenberg) baas; en in die Eerste Liga se bittereinderstryd het Excelcior (Witzenberg) vir Spartans (Sentraal) 8-7 geklop.

tIn die kragmeting om die Grootuitdaagbeker was die Overbergers rustyd reeds 17-10 voor, maar Saldanha het effens ingehaal.

Chad Kleinsmidt het twee drieë vir Hawston gedruk, wat dié beker die eerste keer in die klub se bestaan gewen het.

Charlton Vraagom het 12 punte vir Saldanha met drie doelskoppe en twee strafdoele aangeteken.

♦ Aamir Visser het 14 punte vir die nuwe Streekuitdaagkampioen, Napier, op die telbord geplaas. Hy het `n drie gedruk, drie verdoel en met `n strafdoel geslaag. Immanuel Pietersen het `n tweekuns drieë behaal.

Cameron van der Wygen se vier strafdoele en twee doelskoppe was 16 punte vir Rawsonville werd.

Napier was rustyd 17-13 voor.

majesticslogo♦ Majestics van Citrusdal in die Noordweste het sy oorheersing in die reeks om die Gemeenskapskild voortgesit en dit die vyfde opeenvolgende jaar ingepalm.

Tyronne Fortuin het vier drieë vir die wenspan gedruk.

♦ Dit was bloedsweet in die Eerste Liga waar die tweede helfte punteloos verloop het, en sy rustydvoorsprong van 8-7 uiteindelik ook die wentelling vir Excelsior was.

Die puntemakers –

Grootuitdaagbeker

Hawston 32 (17) – Drieë: Chad Kleinsmidt (2), Cameron Plaatjies, Neil Coetzee, Marvin Benjamin
Doelskoppe: Bradley Brown, Roland Swartz. Strafdoel: Swartz

Saldanha 27 (10) – Drieë: Weslie Adams, Winston Albrecht, Daniel Temm. Doelskoppe: Charlton Vraagom (3). Strafdoele: Vraagom (2)

Streekuitdaagbeker

Napier 34 (17) – Drieë: Immanuel Pietersen (2), Titus van der Heyde, Monzain Adendorf, Aamir Visser. Doelskoppe: Visser (3). Strafdoel: Visser.

Rawsonville 29 (13) – Drieë: Nathan Sylvester, Adrian Andrews. Doelskoppe: Cameron van der Wygen (2). Strafdoele: Van der Wygen (4). Skepdoel: Maxwell Sehoole.

Gemeenskapskild

Majestics 38 (21) – Drieë: Tyronne Fortuin (4), Koos Syster, Lundy Draghoender. Doelskoppe: Brandin Tities (4).

Tandfontein 34 (14) – Drieë: Zandrico Bezuidenhout, Goliath Joslyn, Andre Kupido, Jaco Titus, Pieter Goliath. Doelskoppe: Vernon Mouton (3). Strafdoel: Mouton.

Eerste Liga

Excelsior 8 (8) – Drie: Francois Persens. Strafdoel: Klaas Lakay.

Spartans 7 (7) – Drie: Albertus Lewis. Doelskop: Regan Hendricks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.