Boland span Nel op losskakel in

Boland span sy gereelde heelagter in die Supersportreeks op losskakel in vir sy eerste Curriebeker-kragmeting vanjaar.

Die Varsitybeker-puntemasjien Divan Nel – hy het vir die Universiteit van Johannesburg losskakel gespeel – is in dié spilposisie gekies vir die Kavaliers se wedstryd Saterdag teen die Oostelike Provinsie in die Wolfsonstadion in Port Elizabeth.

Die agsteman, Zandré Jordaan, neem weer die kapteinsmantel op, en die regtervleuel, Charlie Mayeza, is die onderkaptein.

Nog ʼn Varsitybeker-ster kry op die bank plek. Chris Massyn, wat die seëvierende Tukkies in die universiteitereeks aangevoer het, dek die losvoorspeler-posisies.

Die span –

15. Adriaan Carelse; 14. Charles Mayeza (onderkaptein); 13. Sergio Torrens; 12. Edwin Sass; 11. Gerrit van Wyk; 10. Divan Nel; 9. Vian van der Watt; 8. Zandré Jordaan (kaptein); 7. Ludio Williams; 6. Chaney Willemse; 5. Rinus Bothma; 4. Marlyn Williams; 3. Clinton Theron; 2. Chadley Wenn; 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Francois Esterhuyzen; 17. Linda Thwala; 18. Yves Bashiya; 19. Chris Massyn; 20. Gareth Cilliers; 21. Jovelian de Koker; 22. Alcino Izaacs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.