Boland verander drie in opdrafspan vir SWD

Boland het drie veranderings aangebring aan die span wat teen die Valke verloor het vir sy kragmeting Saterdag in die Curriebeker- Eerste Liga teen die Suidwestelike Distrikte op Wellington.

Op heelagter maak Divan Nel vir Adriaan Carelse plek en Sergio Torrens ruil op die linkervleuel plekke met Gerrit van Wyk wat bank toe skuif.

In die voorhoede draf Yves Bashiya pleks van Marlyn Williams as slot op.

Gareth Cilliers en Valentino Wellman is nuut op die bank.

Die span –

15. Adriaan Carelse, 14. Charlie Mayeza, 13. Alcino Izaacs, 12. Edwin Sass, 11. Sergio Torrens, 10. Elgar Watts, 9. Jovelian de Koker, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Ludio Williams, 6. Wayne Wilschut, 5. Yves Bashiya, 4. Rinus Bothma, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Francois Esterhuyzen, 17. Kyle Kruger, 18. Kenan Cronjé, 19. Gareth Cilliers, 20. Vian van der Watt, 21. Gerrit van Wyk, 22. Valentino Wellman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.