Boland verander ses aan verloorspan

Boland het ses veranderings aan sy opdrafspan aangebring wat teen die Luiperds verloor het vir Saterdag se wedstryd in Oos-Londen teen die Grens.

Twee daarvan, albei in die middelveld, is posisioneel.

Divan Nel skuif van losskakel af terug heelagter toe, en Adriaan Carelse trek weer die no. 10-trui oor die kop.

Gerrit van Wyk skuif in Edwin Sass se plek binnesenter toe om plek vir Alcino Izaacs aan sy buitekant in te ruim.

Logan Basson is die nuwe linkervleuel in Sergio Torrens se plek.

Daar is slegs een verandering in die agttal. Chaney Willemse vervang Chris Massyn op flank.

Kyle Kruger, Wayne Wilschut, Jovelian de Koker, JP Coetee en Danwel Demas is nuut op die bank.

Die span –

15. Divan Nel, 14. Charlie Mayeza, 13. Alcino Izaacs, 12. Gerrit van Wyk, 11. Logan Basson, 10. Adriaan Carelse, 9. Vian van der Watt, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Ludio Williams, 6. Chaney Willemse, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Francois Esterhuyzen, 17. Kyle Kruger, 18. Yves Bashiya, 19. Wayne Wilschut, 20. Jovelian de Koker, 21. JP Coetzee, 22. Danwel Demas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.