Boland verander vier in opdrafspan vir Pumas

Sergio Torrens - terug na besering. (Foto: Luiperds Rugby)

Sergio Torrens – terug na besering. (Foto: Luiperds Rugby)

Die onoorwonne Boland Kavaliers het vier veranderinge, een posisioneel, aangebring in die opdrafspan wat die OP Kings geklop het vir Vrydag se wedstryd in Nelspruit teen die Pumas.

Die beseerde Sergio Torrens is fiks en terug op regtervleuel, met Danwell Demas wat ten koste van Craig Pheiffer terugskuif linkervleuel toe. Theuns Kotzé, Namibië se Wêreldbeker-losskakel, vervang Adriaan Carelse (nou op die bank). SP Wessels vervang Francois Hanekom (ook bank toe) op loskopstut.

JC Genade en Juvelian de Koker is weggelaat uit die 22-tal, terwyl Gerhard Jordaan, `n gewese o.21-speler van die Pumas, van buite ingebring is.

Die wedstryd in die Mbombelastadion begin 19:00.

Die span –

15. Nico Scheepers, 14. Sergio Torrens, 13. Ryan Nell (kaptein), 12. Christopher Bosch, 11. Danwell Demas, 10. Theuns Kotzé, 9. Marnus Hugo, 8. Zandré Jordaan (onderkaptein), 7. Shaun McDonald, 6. Shaun Adendorff, 5. Okkie van Zyl, 4. Hanno Kitshoff, 3. Basil Short, 2. Chadley Wenn, 1. SP Wessels. Bank: 16. Francois Esterhuizen, 17. Francois Hanekom, 18. Keenan Cronjé, 19. Wayne Wilschut, 20. Gerhard Jordaan, 21. Adriaan Carelse, 22. Edwin Sass.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.