Boland verander vier vir OP-botsing

Die Bolandse hoofafrigter, Randall Modiba, het vier veranderings aan die opdrafspan wat die Suidwestelike Distrikte geklop het, aangebring vir sy kragmeting Saterdag in die Supersportreeks teen die Oostelike Provinsie in Port Elizabeth.

Voorlangs vervang die stut Arnout Malherbe vir Linda Thwala, wat ʼn skouerbesering opgedoen het; en die slot Dylan Pieterse vir Marlyn Williams, wat ʼn stamp teen die kop gekry het.

In die agterlyn het Charles Mayeza eweneens ʼn skouer beseer, en word hy deur Logan Basson vervang, wat kante met Sergio Torrens ruil.

Die skrumskakel Vian van der Watt trou Saterdag en word deur Jovelan de Koker vervang.

Daar is ʼn hele paar nuwe gesigte op die bank.

Die span –

15. Divan Nel, 14. Sergio Torrens, 13. Alcino Izaacs, 12. Christopher Bosch, 11. Logan Basson, 10. Adriaan Carelse, 9. Jovelian de Koker, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Wayne Wilschut (onderkaptein), 6. Kenan Cronjé, 5. Rinus Bothma, 4. Dylan Pieterse, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Chadley Wenn, 17. Mzuvukile Sofisa, 18. Yves Bashiya, 19. Gareth Cilliers, 20. Frederick Muller, 21. Gerrit van Wyk, 22. Edwin Sass.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.