Boland verby Pumas ná sege oor Bulle op Loftus

Danwel Demas - sout in die wonde. (Foto: Facebook)

Danwel Demas – sout in die wonde. (Foto: Facebook)

`n Sege van 35-26 Vrydag oor die Blou Bulle op hul eie Loftus Versveld het Boland in staat gestel om die Pumas verby te steek in die opstelronde vir die reeks om die Curriebeker.

Om sout in die tuisspan se wonde te vryf, het die gewese Bulls- en Blou Bul-vleuel Danwel Demas die drie gedruk wat Boland kort voor rustyd die eerste keer laat voorloop het (rustyd 13-7).

Die Pumas was weliswaar nie die naweek in aksie nie, maar het nes die Boland 11 wedstryde agter die blad, waarvan die Wynboere nege en die Laevelders agt gewen het.

Die voorloper, Griekwas, het die OP Kings Saterdag 29-12 (22-0) op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth geklop; die Westelike Provinsie het sy tweede plek behou deur die Suidwestelike Distrikte 45-17 (21-7) op Stadspark in Athlone te klop; die Goue Leeus-vyftiental het tien drieë gedruk vir `n klinkende oorwinning van 66-19 (33-5) oor die Griffons op Ellispark; die Vrystaat-vyftiental het die Valke in `n opwindende kragmeting in Bloemfontein 33-27 geklop nadat die besoekers rustyd 10-5 voor was; dit was die Grens se beurt om `n wegholsege van 76-18 (19-13) oor die Welwitschias in Windhoek te behaal; en die Sharks-vyftiental moes klou vir wat hy werd is om die Luiperds-vyftiental 26-23 (14-13) by Northwood Crusaders in Durban te klop.

Die Griffons-heelagter, Selvyn Davids, se tweekuns teen die Leeus laat hom sy plek as die voorste driedrukker (13) in die reeks herwin, maar die Grens-vleuel Makazole Mapimpi se vier teen die Welwitschias plaas hom nou met 12 tweede saam met die Bolandse senter en kaptein, Ryan Nell.

Logan Basson - 19 punte. (Foto: Varsity Cup)

Logan Basson – 19 punte. (Foto: Varsity Cup)

Logan Basson, die broer van die Springbok Bjorn, het 19 van die Grens se punte met `n drie en sewe doelskoppe behaal.

Die puntemakers –

Boland 35 (13) – Drieë: Danwel Demas, Sergio Torrens (2), Basil Short. Doelskoppe: Nico Scheepers (3). Strafdoele: Scheepers (3).

Blou Bulle 26 (7) – Drieë: Hanro Liebenberg (2), Divan Rossouw, André Warner. Doelskoppe: Tony Jantjies, Joshua Stander (2).

OP Kings 12 (0) – Drieë: Lusanda Badiyana, JP Jamieson. Doelskop: Garrick Mattheus.

Griekwas 29 (22) – Drieë: Ntabeni Dukisa (2), Alshaun Bock, André Swarts. Doelskoppe: Swarts (3). Strafdoel: Swarts.

Westelike Provinsie 45 (21) – Drieë: Johnny Kotzé, Chad Solomon, Sibahle Maxwane, Tim Whitehead, Luke Stringer, Chris van Zyl. Doelskoppe: Robert du Preez (6); Strafdoel: Du Preez.

SWD 17 (7) – Drieë: Daniel Roberts, Kurt Haupt. Doelskoppe: Jacquin Jansen (2). Strafdoel: Jansen.

Goue Leeus 66 (33) – Drieë: Jaques Nel, Stokkies Hanekom (2), Clinton Theron, Ruaan Lerm (2); Stephan de Wet, Koch Marx, Jarryd Sage, JW Bell. Doelskoppe: Marnitz Boshoff (3), Ashlon Davids (4).

Griffons: 19 (5) Drieë: Vuyo Mbotho, Selvyn Davids (2). Doelskoppe: Colin Herbert (2).

Vrystaat 33 (5) – Drieë: Tertius Kruger, Jean-Pierre Coetzee, Reinhardt Erwee, Ntokozo Vidima, Ali Mgijima. Doelskoppe: Sias Ebersohn (4).

Valke 27 (10) – Drieë: Grant Janke, Adri-Dwight Pansegrouw, Etienne Taljaard. Doelskoppe: Warren Potgieter (3). Strafdoele: Potgieter (2).

Welwitchias 18 (13) – Drieë: Mahco Prinsloo, Phillip Nashikaku. Doelskoppe: Riaan van Zyl. Strafdoele: Van Zyl (2).

Grens 76 (19) – Drieë: Makazole Mapimpi (4), Sonwabiso Mqalo (2), Athenkosi Khethani (2), Johannes Jonker, Logan Basson, Michael Makase, Nkululeko Ndlovu. Doelskoppe: Basson (7), Masixole Banda.

Sharks 26 (14) Drieë: David McDuling, Innocent Radebe, Neil Maritz, Nkululeko Marwana. Doelskoppe: Radebe (3).

Luiperds – Drieë: Benhard Janse van Rensburg, Jaco Jordaan, Rowayne Beukman. Doelskop: Janse van Rensburg. Strafdoele: Janse van Rensburg (2).

Opgesomde punteleer –

Griekwas 51, WP 47, Boland 45, Goue Leeus 35, Vrystaat 35, Griffons 30, Blou Bulle 28, SWD 26, Grens 25, Luiperds 25, Sharks 23, Valke 20, OP Kings 12, Welwitschias 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.