Boland wysig twee aan agttal vir Luiperds

Twee wysigings is aan die Bolandse agttal vir Saterdag se wedstryd op Montagu in die Curriebeker- Eerste Liga teen die Luiperds aangebring ná die Kavaliers se afgelope sege van 40-27 oor die Oostelike Provinsie.

Die flank Chris Massyn draf in die plek van Chaney Williams op, terwyl laasgenoemde Massyn se plek op die bank vul.

Clemen Lewis is die nuwe haker in die opdrafspan in die plek van Chadley Wenn.
In die agterlyn ruil Gerrit van Wyk en Sergio Torrens plekke om. Van Wyk speel buitesenter, en Torrens is die linkervleuel.

Freddie Muller en Valentino Wellman vervang onderskeidelik vir Gareth Cilliers en Jovelian de Koker op die bank.

Die span –

15. Adriaan Carelse, 14. Charlie Mayeza, 13. Gerrit van Wyk, 12. Edwin Sass, 11. Sergio Torrens, 10. Divan Nel, 9. Vian van der Watt, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Ludio Williams, 6. Chris Massyn, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Francois Esterhuyzen, 17. Linda Thwala, 18. Yves Bashiya, 19. Chaney Willemse, 20. Freddie Muller, 21. Alcino Izaacs, 22. Valentino Wellman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.