Bolandliga: dissipline, toewyding suksesresep

riebeeck unitedDissipline en toewyding is waaraan van die voorloperklubs in die Bolandse ligas hul sukses in die eerste ronde vanjaar toeskryf.

Vir Riebeek United, die voorloper in die Streekuitdaagreeks in Sentraal, is dissipline hoog op die lys; vir Riviersonderend besorg toewyding hom sy beste vertoning in 30 jaar.

Heinrich Heynse, Riebeek se woordvoerder, sê dissipline is een van die kernvereistes wat die hoofafrigter, Anthony Adams, aan die span stel.

Verlede jaar dié tyd was die span van Riebeek-Kasteel agtste op die punteleer. Deur harde werk en met `n spanpoging het hy uiteindelik vierde gekom.

Heynse sê Adams, wat sedert 2013 in die pos dien, het elke seisoen doelwitte gestel en reeds die volgende jaar die span tot die Streekuitdaagreeks bevorder gekry.

“Met elke oefening en by elke wedstryd word bepaalde patrone ingeoefen en toegepas.

“Wedstrydgewys speel Riebeek tans skitterrugby. Die span is bekend vir sy vlugvoetigheid en vermoë om die bal doeltreffend te versprei.

“Ons het `n baie goeie groep van 30 spelers in die eerste span. Dit, en die feit dat hulle puik as span kombineer, vorm die kern van ons sukses. Die spelers vul mekaar aan en ondersteun mekaar waar nodig.”

Hy sê die vaste spelers Victor Wilskut en Anwell Daniels in tussen die groot uitblinkers in die voorry vanjaar. Die losvoorspelers, Lorenzo Lameyer, Reinhardt Lameyer, Jacquin Kriel (flanke), Jerome Booysen en Nathan Macbean (agstemanne) wissel mekaar goed af.

Agterlangs is Marlon Kriel (linkervleuel), Cheldon Daffnee (buitesenter) en Brendon Scholtz (heelagter) van die blinkste sterre.

“Hierdie agterlyn is vlymskerp en bogenoemde klop hulle hul teenstanders soos klokslag.”

Heynse sê die spelers pluk die vrug van die harde werk wat voorseisoens ingesit is.

“Ons doelwit vir die tweede ronde is om ons dissipline te handhaaf en goeie rugby te speel.

“Dit sal steeds harde werk verg, maar die groep is positief ingestel, goed voorberei en sien na elke wedstryd uit.”

Hy wys ook op die geweldige dryfkrag wat die gemeenskap se besondere goeie ondersteuning agter die span is.

riviersonderendCharne Lottering, die sekretaresse van Riviersonderend, sê vanjaar se sukses is die beste wat die klub in die 30 jaar van sy bestaan bereik het.

“Toewyding en spanwerk, gepaard met goeie afrigting, harde werk en puik motivering het die span gebring waar hy is.

“Elke speler doen sy deel.”

Opgesomde punteleer –

Grootuitdaagbeker

BreëLangeberg

Villagers Worcester 45, Robertson 40, Young Hamiltons 38, Ashton 32, Proteas 38, Rangers Robertson 28, Villagers Montagu 21, Blue Birds 17, Worcester 15, Bonnievale United 15, Touwpark 5.

Overberg

Hawston (onoorwonne) 47, Caledon 45, Botrivier 3, Safcol 29, Atlantics 24, Grabouw 23, Black Leaves 23, Rangers Bredasdorp 21, Standards 19, Genadendal 14, Kleinmond 14.

SwartWeskus

Saldanha (onoorwonne) 50, Darling 37, Wesbak 35, Vredenburg 34, St Helenabaai 32, Abbotdale 29, Never Despair 28, Mamre 26, Moorreesburg 20, Velddrif 19, Hopefield 16, Piketberg 12.

WitSentraal

Roses United 43, Newtons 40, Hillcrest United 38, Delicious 33, Hamlets 29, Ceres 28, Bella Vista 24, Tulbagh 17, Wolseley 16, Wellington 7, Evergreen Paarl 2.

Streekuitdaagbeker

BreëLangeberg

Montagu 45, Rawsonville United 45, McGregor 44, Mountain Stars 32, Young Good Hopes 25, Orchards 23, De Doorns 21, Klipdrift 18, Overhex 16, Young Stars 16, Growing Stars 1.

Overberg

Riviersonderend 38, Napier 37, Villiersdorp 36, Sea Hawks 35, Universals 35, Young Eagles 22, Spring Roses 20, Struisbaai 20, Cheetahs 9, Elandskloof 7, Oak Valley 7.

Sentraal

Riebeeck United 36, Good Hopes 35, Saron 35, Porterville 33, Villagers Newton, Malmesbury 23, Young Blues 16, Dennegeur 10, Die Dorings 8.

SwartWeskus

Young Hearts (onoorwonne) 42, Langebaan 37, Coronations 29, Goedverwacht 28, Paternoster 23, Villagers Wittewater 14, Young Eagles 13, Red Stars 12, Universals 9, Zebras 9.

Witzenberg

Porseleinberg (onoorwonne) 32, Young Westleyans 25, Miracles 24, Red Roses 19, Paardekloof 14, Rosendal 9, Villagers 8, Môrester 8.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.