Bolandliga: hittegolf keer nie dat vonke spat

moorreesburg

Die vonke spat gewoonlik as Moorreesburg en sy buurdorp Piketberg mekaar in die Bolandse Grootuitdaagliga pak en Saterdag se hittegolf het g`n demper op die kragmeting geplaas nie.

Karel Willemse, die woordvoerder van Moorreesburg, sê albei spanne kan hulself `n klop op die skouer gee vir die rugby wat hulle in die kragmeting op Moorreesburg opgedis het.

Die tuisspan 25-21 in die streek SwartWeskus koning gekraai, nadat Piketberg se Rhinos rustyd 14-13 voorgeloop het.

“Op die telbord het sake heeltyd wipplank gery,” berig Willemse.

“Die Rhinos het eerste agter die doellyn gaan kuier toe hul vleuel oor is ná `n skitterende agterlynbeweging wat deur hul losskakel aangevoor is.

“Moorreesburg het kort hierna geantwoord met `n drie deur Ruan van Rooy wat deur Tiaan Lesch verdoel is.

“Lesch het vroeër met twee strafskoppe geslaag.

“Kort voor rustyd het die besoekers se skrumskakel oorgegaan vir `n drie wat verdoel is om die telling op 14-13 in hul guns te staan te bring.”

Willemse sê in die tweede helfte het Willehelm Oktober en Carlo Mentoor agter die pale gaan kuier en die besoekers se een stut kon kort voor die eindfluitjie oor die doellyn wurm.

“Mentoor, die agsteman van die tuisspan, lewer week ná week kookwaterspel en Saterdag was dit weer só.

“Dit was verblydend om te sien hoe die tuisspan se voor- en agterspelers met kort aangeë kombineer en die voordeellyn oorsteek.”

Die telling kon groter gewees het as Samoa meer klinies in die afronding van sy bewegings was, sê Willemse.

t Die linkervleuel, Gavin Adendorff, en die skrumskakel, Clement Hamilton, het Saterdag elk drie drieë vir McGregor gedruk in `n skouspelagtige wedstryd waarin Rawsonville die Bolandse Streekuitdaagkampioen 55-50 geklop het.

Hamilton het vier doelskoppe bygevoeg vir `n persoonlike totaal van 17 punte.

Die twee spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd in die streek BreëLangeberg ook voor die bors gevat. Toe het McGregor gewen en later ook die bond se Streekuitdaagbeker verower.

Saterdag se kragmeting het nie minder nie as 17 drieë opgelewer.

Rawsonville het eerste die krane oopgedraai en twee vinninge drieë gedruk wat die telling op 14-0 te staan gebring het, maar McGregor het nie op hom laat wag nie en teruggeveg met `n puik kraglopie van Adendorff wat die bal onder die pale neergesit het vir Hamilton om te verdoel.

Kort daarna het McGregor in die linkerhoek gaan kuier ná netjiese hardloopwerk van die slot Heinie (Tous) de Koker, wat die bal vir Hamilton gegee het om te druk en self te verdoel.

Die goeie handewerk van die voorspelers Jenville Page, Renaldo Tiger, Henry Filander, Allistair Theunissen, De Koker en Wendoll Williams het talle drieë besorg aan die agterspelers wat die bewegings afgerond het: Elando Fortuin, Salmon Matthys, Clarence Kraukamp, Keenin Abrahams en Granville Davids.

Benewens Adendorff en Hamilton het Fortuin en Shalfrino Pieters vir McGregor gedruk.

Hamilton, die klub se woordvoerder, sê die span het `n sterk karakter getoon deur as eenheid op `n snikhete dag tot die bitter einde te veg.

“Die seisoen is nog jonk, en McGregor kan met hierdie groep spelers bloot van krag tot krag gaan,” het hy aan Pale Toe! gesê.

Karel Willemse, die woordvoerder van Moorreesburg, sê albei spanne kan hulself `n klop op die skouer gee vir die rugby wat hulle in die kragmeting op Moorreesburg opgedis het.

Die tuisspan 25-21 in die streek SwartWeskus koning gekraai, nadat Piketberg se Rhinos rustyd 14-13 voorgeloop het.

“Op die telbord het sake heeltyd wipplank gery,” berig Willemse.

“Die Rhinos het eerste agter die doellyn gaan kuier toe hul vleuel oor is ná `n skitterende agterlynbeweging wat deur hul losskakel aangevoor is.

“Moorreesburg het kort hierna geantwoord met `n drie deur Ruan van Rooy wat deur Tiaan Lesch verdoel is.

“Lesch het vroeër met twee strafskoppe geslaag.

“Kort voor rustyd het die besoekers se skrumskakel oorgegaan vir `n drie wat verdoel is om die telling op 14-13 in hul guns te staan te bring.”

Willemse sê in die tweede helfte het Willehelm Oktober en Carlo Mentoor agter die pale gaan kuier en die besoekers se een stut kon kort voor die eindfluitjie oor die doellyn wurm.

“Mentoor, die agsteman van die tuisspan, lewer week ná week kookwaterspel en Saterdag was dit weer só.

“Dit was verblydend om te sien hoe die tuisspan se voor- en agterspelers met kort aangeë kombineer en die voordeellyn oorsteek.”

Die telling kon groter gewees het as Samoa meer klinies in die afronding van sy bewegings was, sê Willemse.

McGreggor-logo♦ Die linkervleuel, Gavin Adendorff, en die skrumskakel, Clement Hamilton, het Saterdag elk drie drieë vir McGregor gedruk in `n skouspelagtige wedstryd waarin Rawsonville die Bolandse Streekuitdaagkampioen 55-50 geklop het.

Hamilton het vier doelskoppe bygevoeg vir `n persoonlike totaal van 17 punte.

Die twee spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd in die streek BreëLangeberg ook voor die bors gevat. Toe het McGregor gewen en later ook die bond se Streekuitdaagbeker verower.

Saterdag se kragmeting het nie minder nie as 17 drieë opgelewer.

Rawsonville het eerste die krane oopgedraai en twee vinninge drieë gedruk wat die telling op 14-0 te staan gebring het, maar McGregor het nie op hom laat wag nie en teruggeveg met `n puik kraglopie van Adendorff wat die bal onder die pale neergesit het vir Hamilton om te verdoel.

Kort daarna het McGregor in die linkerhoek gaan kuier ná netjiese hardloopwerk van die slot Heinie (Tous) de Koker, wat die bal vir Hamilton gegee het om te druk en self te verdoel.

Die goeie handewerk van die voorspelers Jenville Page, Renaldo Tiger, Henry Filander, Allistair Theunissen, De Koker en Wendoll Williams het talle drieë besorg aan die agterspelers wat die bewegings afgerond het: Elando Fortuin, Salmon Matthys, Clarence Kraukamp, Keenin Abrahams en Granville Davids.

Benewens Adendorff en Hamilton het Fortuin en Shalfrino Pieters vir McGregor gedruk.

Hamilton, die klub se woordvoerder, sê die span het `n sterk karakter getoon deur as eenheid op `n snikhete dag tot die bitter einde te veg.

“Die seisoen is nog jonk, en McGregor kan met hierdie groep spelers bloot van krag tot krag gaan,” het hy aan Pale Toe! gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.