Bolandliga: promosie in Tandfontein se visier

tandfonteinDie Bolandse Gemeenskapskild-finalis Tandfontein Barbarians stel hom ten doel om einde vanjaar tot die Streekuitdaagliga in die streek Witzenberg bevorder te word.

Só laat weet die klub se afrigter, Kallie Jantjies.

Hy het aan Pale Toe! gesê die klub mik daarna om weer die Gemeenskapskild in die streek te wen, en dan `n kans in hoër geledere te kry.

Tandfontein het verlede seisoen die eindstryd om die Bolandse Gemeenskapskild gehaal, maar is in net-net 38-34 deur die Noordweste se kampioen, Majestics van Citrusdal, geklop. In die halfeindstryd het die Baabas `n rustydagterstand van 0-8 teen Rangers De Hoop omgekeer om 29-24 te wen.

Jantjies se die klub het reeds met die oog op `n vriendskaplike wedstryd teen Red Rose van Die Eike begin voorberei. Die kragmeting is vir 18 Februarie bepaal.

Tandfontein beplan ook 11 Februarie `n sportdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.